Publicidade

Gálatas 3

1 O senseless Galatians, who has bewitched you; to whom, as before your very eyes, Jesus Christ has been portrayed, crucified {among you}?2 This only I wish to learn of you, Have ye received the Spirit on the principle of works of law, or of {the} report of faith?3 Are ye so senseless? having begun in Spirit, are ye going to be made perfect in flesh?4 Have ye suffered so many things in vain, if indeed also in vain?5 He therefore who ministers to you the Spirit, and works miracles among you, {is it} on the principle of works of law, or of {the} report of faith?6 Even as Abraham believed God, and it was reckoned to him as righteousness.7 Know then that they that are on the principle of faith, these are Abraham's sons;8 and the scripture, foreseeing that God would justify the nations on the principle of faith, announced beforehand the glad tidings to Abraham: In thee all the nations shall be blessed.9 So that they who are on the principle of faith are blessed with believing Abraham.10 For as many as are on the principle of works of law are under curse. For it is written, Cursed is every one who does not continue in all things which {are} written in the book of the law to do them;11 but that by law no one is justified with God {is} evident, because The just shall live on the principle of faith;12 but the law is not on the principle of faith; but, He that shall have done these things shall live by them.13 Christ has redeemed us out of the curse of the law, having become a curse for us, (for it is written, Cursed {is} every one hanged upon a tree,)14 that the blessing of Abraham might come to the nations in Christ Jesus, that we might receive the promise of the Spirit through faith.15 Brethren, (I speak according to man,) even man's confirmed covenant no one sets aside, or adds other dispositions to.16 But to Abraham were the promises addressed, and to his seed: he does not say, And to seeds, as of many; but as of one, And to thy seed; which is Christ.17 Now I say this, A covenant confirmed beforehand by God, the law, which took place four hundred and thirty years after, does not annul, so as to make the promise of no effect.18 For if the inheritance {be} on the principle of law, {it is} no longer on the principle of promise; but God gave it in grace to Abraham by promise.19 Why then the law? It was added for the sake of transgressions, until the seed came to whom the promise was made, ordained through angels in {the} hand of a mediator.20 But a mediator is not of one, but God is one.21 {Is} then the law against the promises of God? Far be the thought. For if a law had been given able to quicken, then indeed righteousness were on the principle of law;22 but the scripture has shut up all things under sin, that the promise, on the principle of faith of Jesus Christ, should be given to those that believe.23 But before faith came, we were guarded under law, shut up to faith {which was} about to be revealed.24 So that the law has been our tutor up to Christ, that we might be justified on the principle of faith.25 But, faith having come, we are no longer under a tutor;26 for ye are all God's sons by faith in Christ Jesus.27 For ye, as many as have been baptised unto Christ, have put on Christ.28 There is no Jew nor Greek; there is no bondman nor freeman; there is no male and female; for ye are all one in Christ Jesus:29 but if *ye* {are} of Christ, then ye are Abraham's seed, heirs according to promise.

1 o, Onverstandige Gal siërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?2 Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?3 Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?4 Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was!5 Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?6 Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.7 Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseënword.9 Sodat die wat uit die geloof is, geseënword saam met die gelowige Abraham.10 Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.11 En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.12 Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word -- want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang --14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.15 Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs 'n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie.16 Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.17 Maar ek sê d¡t: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie.18 Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur 'n belofte genadiglik geskenk.19 Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van 'n middelaar.20 En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een.21 Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar 'n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees.22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder 'n tugmeester nie.26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

Veja também

Publicidade
Gálatas
Ver todos os capítulos de Gálatas
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-