Publicidade

Romanos 13

1 Let every soul be subject to the authorities that are above {him}. For there is no authority except from God; and those that exist are set up by God.2 So that he that sets himself in opposition to the authority resists the ordinance of God; and they who {thus} resist shall bring sentence of guilt on themselves.3 For rulers are not a terror to a good work, but to an evil {one}. Dost thou desire then not to be afraid of the authority? practise {what is} good, and thou shalt have praise from it;4 for it is God's minister to thee for good. But if thou practisest evil, fear; for it bears not the sword in vain; for it is God's minister, an avenger for wrath to him that does evil.5 Wherefore it is necessary to be subject, not only on account of wrath, but also on account of conscience.6 For on this account ye pay tribute also; for they are God's officers, attending continually on this very thing.7 Render to all their dues: to whom tribute {is due}, tribute; to whom custom, custom; to whom fear, fear; to whom honour, honour.8 Owe no one anything, unless to love one another: for he that loves another has fulfilled the law.9 For, Thou shalt not commit adultery, Thou shalt not kill, Thou shalt not steal, Thou shalt not lust; and if there be any other commandment, it is summed up in this word, namely, Thou shalt love thy neighbour as thyself.10 Love works no ill to its neighbour; love therefore {is the} whole law.11 This also, knowing the time, that it is already time that *we* should be aroused out of sleep; for now {is} our salvation nearer than when we believed.12 The night is far spent, and the day is near; let us cast away therefore the works of darkness, and let us put on the armour of light.13 As in the day, let us walk becomingly; not in rioting and drunkenness, not in chambering and lasciviousness, not in strife and emulation.14 But put on the Lord Jesus Christ, and do not take forethought for the flesh to {fulfil its} lusts.

1 Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,2 sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.3 Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang;4 want hy is 'n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is 'n dienaar van God, 'n wreker om die een wat kwaad doen, te straf.5 Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.6 Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.7 Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.8 Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.9 Want d¡t: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.10 Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.11 En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.12 Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.13 Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.14 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

Veja também

Publicidade
Romanos
Ver todos os capítulos de Romanos
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-