1 And a man of the house of Levi went and took a daughter of Levi.2 And the woman conceived, and bore a son. And she saw him that he was fair, and hid him three months.3 And when she could no longer hide him, she took for him an ark of reeds, and plastered it with resin and with pitch, and put the child in it, and laid {it} in the sedge on the bank of the river.4 And his sister stood afar off to see what would happen to him.5 And the daughter of Pharaoh went down to bathe in the river; and her maids went along by the river's side. And she saw the ark in the midst of the sedge, and sent her handmaid and fetched it.6 And she opened {it}, and saw the child, and behold, the boy wept. And she had compassion on him, and said, This is {one} of the Hebrews' children.7 And his sister said to Pharaoh's daughter, Shall I go and call thee a wet-nurse of the Hebrew women, that she may nurse the child for thee?8 And Pharaoh's daughter said to her, Go. And the damsel went and called the child's mother.9 And Pharaoh's daughter said to her, Take this child away and nurse it for me, and I will give {thee} thy wages. And the woman took the child and nursed it.10 And when the child was grown, she brought him to Pharaoh's daughter, and he became her son. And she called his name Moses, and said, Because I drew him out of the water.11 And it came to pass in those days, when Moses was grown, that he went out to his brethren and looked on their burdens; and he saw an Egyptian smiting a Hebrew, one of his brethren.12 And he turned this way and that way, and when he saw that there was no man, he smote the Egyptian, and hid him in the sand.13 And he went out on the second day, and behold, two Hebrew men were quarrelling; and he said to him that was in the wrong, Why art thou smiting thy neighbour?14 And he said, Who made thee ruler and judge over us? dost thou intend to kill me, as thou killedst the Egyptian? Then Moses feared, and said, Surely the matter is known.15 And Pharaoh heard of this matter, and sought to slay Moses. But Moses fled from before Pharaoh, and dwelt in the land of Midian. And he sat by the well.16 And the priest of Midian had seven daughters; and they came and drew {water}, and filled the troughs, to water their father's flock.17 And the shepherds came and drove them away; but Moses rose and helped them, and watered their flock.18 And when they came to Reuel their father, he said, Why are ye come so soon to-day?19 And they said, An Egyptian delivered us out of the hand of the shepherds, and also drew {water} abundantly for us, and watered the flock.20 And he said to his daughters, And where is he? why then have ye left the man behind? Call him, that he may eat bread.21 And Moses consented to remain with the man; and he gave Moses Zipporah his daughter.22 And she bore a son, and he called his name Gershom; for he said, I have been a sojourner in a foreign land.23 And it came to pass during those many days, that the king of Egypt died. And the children of Israel sighed because of the bondage, and cried; and their cry came up to God because of the bondage;24 and God heard their groaning, and God remembered his covenant with Abraham, with Isaac, and with Jacob;25 and God looked upon the children of Israel, and God acknowledged {them}.
1 En 'n man uit die huis van Levi het gegaan en 'n dogter van Levi geneem.2 En die vrou het swanger geword en 'n seun gebaar. En toe sy sien dat hy mooi was, het sy hom drie maande lank weggesteek.3 Maar toe sy hom nie langer verborge kon hou nie, het sy vir hom 'n mandjie van biesies geneem en dit met lymgrond en pik bestryk; en sy het die seuntjie daarin neergelê en dit in die riete aan die kant van die Nyl gesit.4 En sy suster het op 'n afstand gaan staan om te wete te kom wat met hom sou gebeur.5 En Farao se dogter het na die Nyl afgegaan om 'n bad te neem, terwyl haar diensmeisies aan die kant van die Nyl heen en weer geloop het. Toe sien sy die mandjie tussen die riete en stuur haar slavin en laat dit haal.6 Nadat sy dit oopgemaak het, sien sy die kind, en kyk, dit was 'n seuntjie wat huil! En sy het hom jammer gekry en gesê: Dit is een van die kinders van die Hebreërs.7 Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: Sal ek vir u 'n pleegmoeder uit die Hebreeuse vroue gaan roep, dat sy vir u die seuntjie kan soog?8 En Farao se dogter antwoord haar: Ja. En die jongmeisie het geloop en die seuntjie se moeder geroep.9 Daarop sê Farao se dogter vir haar: Neem hierdie seuntjie en soog hom vir my, en ek sal jou loon gee. En die vrou het die seuntjie geneem en hom gesoog.10 En toe die seuntjie groot geword het, bring sy hom na Farao se dogter; en hy het haar seun geword. En sy het hom Moses genoem en gesê: Ek het hom mos uit die water getrek.11 En in die dae toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe 'n Egiptiese man 'n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan.12 En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe.13 Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste?14 En hy antwoord: Wie het jou as owerste en regter oor ons aangestel? Dink jy om my dood te slaan soos jy die Egiptenaar omgebring het? En Moses het gevrees en gesê: Waarlik, die saak het bekend geword!15 En toe Farao van die saak hoor, het hy probeer om Moses dood te maak. Maar Moses het van Farao af weggevlug en in die land M¡dian gaan woon. En hy het by 'n put gesit.16 En die priester van M¡dian het sewe dogters gehad: die het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink.17 Maar die veewagters het gekom en hulle weggedrywe. Toe staan Moses op en help hulle en laat hulle vee drink.18 En toe hulle by hul vader R,huel kom, sê hy: Waarom kom julle vandag so gou?19 En hulle antwoord: 'n Egiptiese man het ons uit die hand van die veewagters verlos; en hy het ook volop vir ons geput en die vee laat drink.20 Daarop sê hy vir sy dogters: En waar is hy? Waarom het julle die man dan daar laat staan? Roep hom, dat hy brood kan eet.21 En Moses het ingewillig om by die man te bly, en hy het aan Moses sy dogter Sippora gegee.22 En toe sy 'n seun baar, het hy hom Gersom genoem. Want hy het gesê: Ek het 'n vreemdeling in 'n vreemde land geword.23 En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God.24 En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob.25 En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.