Publicidade

Êxodo 1

1 And these are the names of the sons of Israel who had come into Egypt; with Jacob had they come, each with his household:2 Reuben, Simeon, Levi, and Judah;3 Issachar, Zebulun, and Benjamin;4 Dan and Naphtali; Gad and Asher.5 And all the souls that had come out of the loins of Jacob were seventy souls; and Joseph was in Egypt.6 And Joseph died, and all his brethren, and all that generation.7 And the children of Israel were fruitful, and swarmed and multiplied, and became exceeding strong; and the land was full of them.8 And there arose a new king over Egypt, who did not know Joseph.9 And he said to his people, Behold, the people of the children of Israel are more numerous and stronger than we.10 Come on, let us deal wisely with them, lest they multiply, and it come to pass that, if war occur, they take side with our enemies and fight against us, and go up out of the land.11 And they set over them service-masters to oppress them with their burdens. And they built store-cities for Pharaoh, Pithom and Rameses.12 But the more they afflicted them, the more they multiplied and spread; and they were distressed because of the children of Israel.13 And the Egyptians made the children of Israel serve with harshness;14 and they embittered their life with hard labour in clay and bricks, and in all manner of labour in the field: all their labour with which they made them serve was with harshness.15 And the king of Egypt spoke to the Hebrew midwives-of whom the name of the one was Shiphrah, and the name of the other was Puah-16 and he said, When ye help the Hebrew women in bearing, and see {them} on the stool, if it be a son, then ye shall kill him, but if a daughter, then she shall live.17 But the midwives feared God, and did not as the king of Egypt had said to them, but saved the male children alive.18 And the king of Egypt called the midwives and said to them, Why have ye done this, and saved the male children alive?19 And the midwives said to Pharaoh, Because the Hebrew women are not as the Egyptian; for they are strong, and they have borne before the midwife comes to them.20 And God dealt well with the midwives; and the people multiplied and became very strong.21 And it came to pass, because the midwives feared God, that he made them houses.22 Then Pharaoh charged all his people, saying, Every son that is born ye shall cast into the river, but every daughter ye shall save alive.

1 En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin:2 Ruben, S¡meon, Levi en Juda;3 Issaskar, S,bulon en Benjamin;4 Dan en N ftali, Gad en Aser.5 En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was sewentig siele. Maar Josef was in Egipte.6 En Josef het gesterwe, en al sy broers en daardie hele geslag.7 Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.8 Toe staan daar 'n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie.9 Di, het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons.10 Kom, laat ons 'n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie.11 Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou.12 Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel.13 Daarom het die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien14 en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye -- al die werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.15 En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue -- die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua -- gespreek16 en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by 'n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit 'n seun is, maak hom dood; maar is dit 'n dogter, laat haar lewe.17 Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe.18 Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe?19 En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk -- voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar.20 Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword.21 En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.22 Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-