1 Then wrought Bezaleel and Aholiab, and every man that was wise-hearted, in whom Jehovah had put wisdom and understanding to know how to work all manner of work of the service of the sanctuary-according to all that Jehovah had commanded.2 And Moses called Bezaleel and Aholiab, and every man that was wise-hearted, in whose heart God had put wisdom, every one whose heart moved him to come to the work to do it.3 And they took from Moses every heave-offering that the children of Israel had brought for the work of the service of the sanctuary, to make it. And they still brought him voluntary offerings morning by morning.4 And all the wise men that wrought all the work of the sanctuary came, every man from his work which they wrought,5 and spoke to Moses, saying, The people bring much more than enough for the service of the work that Jehovah commanded to be done.6 Then Moses gave commandment, and they caused it to be proclaimed through the camp, saying, Let neither man nor woman make any more work for the heave-offering of the sanctuary! So the people were restrained from bringing;7 for the work they had was sufficient for all the work to do it, and it was too much.8 And every wise-hearted man among those that wrought the work of the tabernacle made ten curtains of twined byssus, and blue, and purple, and scarlet: {with} cherubim of artistic work did he make them.9 The length of one curtain was twenty-eight cubits, and the breadth of one curtain four cubits-one measure for all the curtains.10 And he coupled five of the curtains one to another, and {the other} five curtains coupled he one to another.11 And he made loops of blue on the edge of one curtain at the edge of the coupling; he did likewise in the edge of the outermost curtain in the other coupling.12 He made fifty loops in one curtain, and he made fifty loops at the end of the curtain that was in the other coupling: the loops were opposite to one another.13 And he made fifty clasps of gold, and coupled the curtains together with the clasps, so that the tabernacle became one.14 And he made curtains of goats' {hair} for the tent over the tabernacle: eleven curtains did he make them.15 The length of one curtain was thirty cubits, and four cubits the breadth of one curtain-one measure for the eleven curtains.16 And he coupled five of the curtains by themselves, and six of the curtains by themselves.17 And he made fifty loops on the edge of the outermost curtain in the coupling, and fifty loops made he on the edge of the curtain in the other coupling.18 And he made fifty clasps of copper to couple the tent, that it might be one.19 And he made a covering for the tent {of} rams' skins dyed red, and a covering of badgers' skins above {that}.20 And he made the boards for the tabernacle of acacia-wood, standing up;21 ten cubits the length of the boards, and one cubit and a half the breadth of one board;22 two tenons in one board, connected one with the other: thus did he make for all the boards of the tabernacle.23 And he made the boards for the tabernacle: twenty boards for the south side southward;24 and he made forty bases of silver under the twenty boards, two bases under one board, for its two tenons, and two bases under another board for its two tenons.25 And for the other side of the tabernacle, on the side toward the north, he made twenty boards,26 and their forty bases of silver, two bases under one board, and two bases under another board.27 And at the rear of the tabernacle, westward, he made six boards;28 and he made two boards for the corners of the tabernacle at the rear;29 and they were joined beneath, and were coupled together at the top thereof into one ring: thus he did to both of them in both the corners;30 and there were eight boards, and their silver bases: sixteen bases, under every board two bases.31 -And he made bars of acacia-wood: five for the boards of the one side of the tabernacle,32 and five bars for the boards of the other side of the tabernacle, and five bars for the boards of the tabernacle at the rear, westward.33 And he made the middle bar in the midst of the boards reach from one end to the other.34 And he overlaid the boards with gold; and made their rings of gold {as} receptacles for the bars; and overlaid the bars with gold.35 And he made the veil of blue, and purple, and scarlet, and twined byssus: of artistic work he made it {with} cherubim.36 And he made four pillars of acacia{-wood} for it, and overlaid them with gold; their hooks were of gold; and he cast for them four bases of silver.37 And he made a curtain for the entrance of the tent of blue, and purple, and scarlet, and twined byssus, of embroidery;38 and its five pillars with their hooks; and he overlaid their capitals and their connecting-rods with gold; and their five bases were of copper.
1 So moet dan Bes leël en Oholiab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie die HERE wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos die HERE beveel het.2 En Moses het Bes leël en Oholiab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart die HERE wysheid gegee het; elkeen wie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om dit klaar te maak.3 En hulle het voor die oë van Moses ontvang al die offergawes wat die kinders van Israel vir die verrigting van die werk by die vervaardiging van die heiligdom gebring het. Maar hulle het vir hom nog elke môre vrywillige offergawes gebring.4 Toe het al die kunsvaardige manne wat met al die werk by die heiligdom besig was, man vir man, van die werk af gekom waar hulle mee besig was,5 en hulle het met Moses gespreek en gesê: Die volk bring meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk waarvan die HERE die vervaardiging beveel het.6 Daarop het Moses bevel gegee, en hulle het 'n oproep deur die laer laat gaan en gesê: Laat geen man of vrou verder enige werksaamheid verrig in verband met die offergawe vir die heiligdom nie. Toe het die volk opgehou om te bring;7 want die boustof was vir hulle genoeg om die hele werk tot stand te bring; ja, daar het oorgebly.8 So het dan almal wat kunsvaardig was onder die werksmense die tabernakel uit tien tentdoeke vervaardig; uit fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met g,rubs; as kunstige werk het hy dit gemaak.9 Die lengte van elke tentdoek was agt en twintig el en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke het een maat gehad.10 En hy het vyf van die tentdoeke aanmekaargewerk, die een aan die ander; en weer vyf tentdoeke het hy aanmekaargewerk, die een aan die ander.11 En hy het lissies van pers stof gemaak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel; so het hy dit gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.12 Vyftig lissies het hy gemaak aan die een tentdoek, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort het. Die lissies was die een teenoor die ander.13 Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die tentdoeke saamgevoeg, die een aan die ander, met die hakies, sodat die tabernakel een geheel was.14 Verder het hy doeke van bokhaar gemaak as 'n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke het hy dit gemaak.15 Die lengte van elke tentdoek was dertig el, en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke het een maat gehad.16 En hy het vyf van die tentdoeke besonders aanmekaargewerk en ses van die tentdoeke besonders.17 En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.18 Hy het ook vyftig koperhakies gemaak om die tent saam te voeg, sodat dit een geheel was.19 Ook het hy vir die tent 'n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle gemaak en daar bo-oor 'n dekkleed van robbevelle.20 Hy het ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout gemaak.21 Die lengte van die styl was tien el, en anderhalf el die breedte van elke styl.22 Elke styl het twee tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy dit gemaak vir al die style van die tabernakel.23 En hy het die style vir die tabernakel gemaak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.24 En hy het veertig silwervoetstukke onder die twintig style gemaak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.25 Hy het ook vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style gemaak26 met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.27 En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, het hy ses style gemaak.28 Ook het hy twee style vir die hoeke van die tabernakel aan die agterkant gemaak.29 En hulle was dubbel van onder, en net so was hulle bo dubbel tot by die eerste ring. So het hy dit gemaak vir altwee, vir die twee hoeke.30 So was daar dan agt style met hulle silwervoetstukke: sestien voetstukke; twee voetstukke onder elke styl.31 Hy het ook dwarshoute van akasiahout gemaak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel32 en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.33 En hy het die middelste dwarshout gemaak om oordwars te loop, in die middel van die style, van die een ent na die ander.34 En hy het die style met goud oorgetrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, het hy van goud gemaak. Die dwarshoute het hy ook met goud oorgetrek.35 Verder het hy die voorhangsel gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as kunstige werk het hy dit gemaak, met g,rubs.36 En hy het vier pilare van akasiahout daarvoor gemaak en dit met goud oorgetrek; hulle kramme was ook van goud; en hy het daarvoor vier silwervoetstukke gegiet.37 Hy het ook vir die ingang van die tent 'n bedekking gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk;38 en die vyf pilare wat daarby behoort, met hulle kramme; en hy het hulle toppe en ringe met goud oorgetrek; en hulle vyf voetstukke was van koper.