Publicidade

Êxodo 13

1 And Jehovah spoke to Moses, saying,2 Hallow unto me every firstborn, whatever breaketh open the womb among the children of Israel, of man and of cattle: it is mine.3 And Moses said to the people, Remember this day, in which ye came out from Egypt, out of the house of bondage; for with a powerful hand hath Jehovah brought you out from this; and nothing leavened shall be eaten.4 Ye come out to-day, in the month Abib.5 And it shall be when Jehovah hath brought thee into the land of the Canaanite and the Hittite and the Amorite and the Hivite and the Jebusite, which he swore to thy fathers to give thee, a land flowing with milk and honey, that thou shalt keep this service in this month.6 Seven days shalt thou eat unleavened bread; and in the seventh day is a feast to Jehovah.7 Unleavened bread shall be eaten the seven days; and leavened bread shall not be seen with thee, neither shall there be leaven seen with thee in all thy borders.8 And thou shalt inform thy son in that day, saying, It is because of what Jehovah did to me when I came out of Egypt.9 And it shall be for a sign to thee on thy hand, and for a memorial between thine eyes, that the law of Jehovah may be in thy mouth; for with a powerful hand hath Jehovah brought thee out of Egypt.10 And thou shalt keep this ordinance at its set time from year to year.11 And it shall be when Jehovah hath brought thee into the land of the Canaanites, as he hath sworn to thee and to thy fathers, and hath given it thee,12 that thou shalt offer unto Jehovah all that breaketh open the womb, and every firstling that cometh of cattle which is thine: the males {shall be} Jehovah's.13 And every firstling of an ass shalt thou ransom with a lamb; and if thou do not ransom it, thou shalt break its neck; and every firstborn of a man among thy sons shalt thou ransom.14 And it shall be when thy son asketh thee in time to come, saying, What is this? that thou shalt say to him, With a powerful hand Jehovah brought us out from Egypt, out of the house of bondage.15 And it came to pass, when Pharaoh stubbornly refused to let us go, that Jehovah slew all the firstborn in the land of Egypt, both the firstborn of men and the firstborn of cattle: therefore I sacrifice to Jehovah all that breaketh open the womb-being males; and every firstborn of my children I ransom.16 And it shall be for a sign on thy hand, and for frontlets between thine eyes, for with a powerful hand Jehovah brought us forth out of Egypt.17 And it came to pass, when Pharaoh let the people go, that God did not lead them the way of the land of the Philistines, although that was near; for God said, That the people may not repent when they see conflict, and return to Egypt.18 And God led the people about, the way of the wilderness of the Red Sea; and the children of Israel went arrayed out of the land of Egypt.19 And Moses took the bones of Joseph with him; for he had made the children of Israel swear an oath, saying, God will be sure to visit you; then ye shall carry my bones with you hence.20 And they took their journey from Succoth, and encamped in Etham, at the end of the wilderness.21 And Jehovah went before their face by day in a pillar of a cloud, to lead them {in} the way; and by night in a pillar of fire, to give them light; so that they could go day and night.22 The pillar of the cloud did not remove {from} before the people by day, nor the pillar of fire by night.

1 Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:2 Heilig vir My al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is myne.3 Verder het Moses aan die volk gesê: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want die HERE het julle deur 'n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarom mag geen gesuurde brood geëet word nie.4 Vandag trek julle uit, in die maand Abib.5 En as die HERE jou bring in die land van die Kana„niete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, dan moet jy hierdie diens in hierdie maand onderhou.6 Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar fees tot eer van die HERE.7 Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag geen gesuurde brood gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie.8 En jy moet jou seun op die dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat die HERE aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.9 En dit moet vir jou as 'n teken wees op jou hand en 'n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van die HERE in jou mond mag wees; want deur 'n sterke hand het die HERE jou uit Egipte uitgelei.10 Daarom moet jy hierdie insetting onderhou op die daarvoor bepaalde tyd, van jaar tot jaar.11 En as die HERE jou in die land van die Kana„niete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met 'n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee,12 dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die HERE afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê -- wat manlik is, behoort aan die HERE.13 Maar elke eersteling van 'n esel moet jy met 'n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop.14 En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur 'n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.15 Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan die HERE alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.16 En dit sal as 'n teken wees op jou hand en 'n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur 'n sterke hand uit Egipte uitgelei.17 Toe Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.18 Daarom het God die volk laat wegdraai in die rigting na die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het goed gewapend uit Egipteland opgetrek.19 En Moses het die gebeente van Josef met hom saamgeneem; want hy het die kinders van Israel plegtig laat sweer en gesê: God sal eindelik op julle ag gee; bring dan my gebeente saam met julle hiervandaan op.20 So het hulle dan van Sukkot af weggetrek en laer opgeslaan in Etam, aan die kant van die woestyn.21 En die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in 'n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in 'n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.22 Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-