Publicidade

Êxodo 35

1 And Moses collected all the assembly of the children of Israel, and said to them, These are the things which Jehovah has commanded, to do them.2 Six days shall work be done, but on the seventh day there shall be to you a holy day, a sabbath of rest to Jehovah: whoever does work on it shall be put to death.3 Ye shall kindle no fire throughout your dwellings upon the sabbath day.4 And Moses spoke to all the assembly of the children of Israel, saying, This is the word which Jehovah has commanded, saying,5 Take from among you a heave-offering to Jehovah: every one whose heart {is} willing, let him bring it, Jehovah's heave-offering-gold, and silver, and copper,6 and blue, and purple, and scarlet, and byssus, and goats' {hair},7 and rams' skins dyed red, and badgers' skins, and acacia-wood,8 and oil for the light, and spices for the anointing oil, and for the incense of fragrant drugs;9 and onyx stones, and stones to be set for the ephod, and for the breastplate.10 And all who are wise-hearted among you shall come and make all that Jehovah has commanded:11 the tabernacle, its tent, and its covering, its clasps, and its boards, its bars, its pillars, and its bases;12 the ark, and its staves; the mercy-seat, and the veil of separation;13 the table and its staves, and all its utensils, and the shewbread;14 and the lamp-stand for the light, and its utensils, and its lamps, and the oil for the light;15 and the altar of incense, and its staves; and the anointing-oil, and the incense of fragrant drugs; and the entrance-curtain at the entrance of the tabernacle;16 the altar of burnt-offering, and the copper grating for it, its staves, and all its utensils; the laver and its stand;17 the hangings of the court, its pillars, and its bases, and the curtains of the gate of the court;18 the pegs of the tabernacle, and the pegs of the court, and their cords;19 the garments of service, to do service in the sanctuary, the holy garments for Aaron the priest, and the garments of his sons, to serve as priests.20 And all the assembly of the children of Israel departed from before Moses.21 And they came, every one whose heart moved him, and every one whose spirit prompted him; they brought Jehovah's heave-offering for the work of the tent of meeting, and for all its service, and for the holy garments.22 And they came, both men and women; every one who was of willing heart brought nose-rings, and earrings, and rings, and bracelets, all kinds of utensils of gold: every man that waved a wave-offering of gold to Jehovah.23 And every man with whom was found blue, and purple, and scarlet, and byssus, and goats' {hair}, and rams' skins dyed red, and badgers' skins, brought {them}.24 All they that offered a heave-offering of silver and copper brought Jehovah's heave-offering. And every one with whom was found acacia-wood for all manner of work of the service, brought {it}.25 And every woman that was wise-hearted spun with her hands, and brought what she had spun: the blue, and the purple, and the scarlet, and the byssus.26 And all the women whose heart moved them in wisdom spun goats' {hair}.27 And the principal men brought the onyx stones, and the stones to be set, for the ephod, and for the breastplate;28 and the spice, and the oil for the light, and for the anointing oil, and for the incense of fragrant drugs.29 The children of Israel brought a voluntary offering to Jehovah, every man and woman whose heart prompted them to bring for all manner of work, which Jehovah, by the hand of Moses, had commanded to be done.30 And Moses said to the children of Israel, See, Jehovah has called by name Bezaleel the son of Uri, the son of Hur, of the tribe of Judah,31 and he has filled him with the spirit of God, in wisdom, in understanding, and in knowledge, and in all manner of workmanship,32 and to devise artistic things: to work in gold, and in silver, and in copper,33 and in cutting of stones, for setting, and in carving of wood, to execute all artistic work;34 and he has put in his heart to teach, he and Aholiab, the son of Ahisamach, of the tribe of Dan:35 he has filled them with wisdom of heart, to work all manner of work of the engraver, and of the artificer, and of the embroiderer, in blue, and in purple, in scarlet, and in byssus, and of the weaver, {even} of them that do every kind of work, and of those that devise artistic work

1 Toe het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is die woorde wat die HERE beveel het, om dit te doen:2 Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle 'n heiligheid, 'n dag van volkome rus wees tot eer van die HERE. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.3 Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie.4 Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het:5 Neem van julle besittings 'n offergawe aan die HERE. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van die HERE: goud en silwer en koper;6 en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;7 en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;8 en olie vir die kandelaar en speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;9 en oniksstene en stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas.10 En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die HERE beveel het:11 die tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke;12 die ark en sy draaghoute, die versoendeksel en die voorhangsel tot bedekking;13 die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en die toonbrode;14 en die kandelaar tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, en die olie vir die kandelaar;15 en die reukaltaar met sy draaghoute, en die salfolie en die reukwerk van speserye, en die bedekking vir die ingang van die tabernakel;16 die brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk;17 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof;18 die penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne;19 die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester A„ron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.20 Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan.21 En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van die HERE gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere;22 die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat 'n offer van goud aan die HERE gewy het,23 en elkeen wat in besit was van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.24 Elkeen wat 'n offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van die HERE gebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring.25 En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.26 En al die vroue wie se hart hulle opgewek het deur kunsvaardigheid, het die bokhaar gespin.27 En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas,28 en die speserye en die olie vir die kandelaar en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye.29 Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat die HERE deur die diens van Moses beveel het om te verrig -- as vrywillige offergawe aan die HERE het die kinders van Israel dit gebring.30 Daarop het Moses aan die kinders van Israel gesê: Kyk, die HERE het Bes leël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;31 en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;32 en om kunstige planne uit te dink, om die uit te voer in goud en silwer en koper,33 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk -- om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid.34 Hy het dit ook in sy hart gegee om ander te onderrig, aan hom en aan Oholiab, die seun van Ah¡samag, van die stam van Dan.35 Hy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van 'n ambagsman en 'n kunstenaar en van 'n bewerker van veelkleurige goed in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van 'n wewer hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-