Publicidade

Êxodo 5

1 And afterwards Moses and Aaron went in, and said to Pharaoh, Thus saith Jehovah, the God of Israel, Let my people go that they may celebrate a feast to me in the wilderness.2 And Pharaoh said, Who is Jehovah, to whose voice I am to hearken to let Israel go? I do not know Jehovah, neither will I let Israel go.3 And they said, The God of the Hebrews has met with us: let us go, we pray thee, three days' journey into the wilderness, and sacrifice to Jehovah our God; lest he fall upon us with pestilence or with sword.4 And the king of Egypt said to them, Why do ye, Moses and Aaron, wish to have the people go off from their works? Away, to your burdens!5 And Pharaoh said, Behold the people of the land are now many, and ye wish to make them rest from their burdens.6 And Pharaoh commanded the same day the taskmasters of the people, and their officers, saying,7 Ye shall no more give the people straw to make brick, as heretofore: let them go and gather straw for themselves.8 And the number of the bricks they have made heretofore shall ye lay upon them: ye shall not diminish any of it, for they are idle; therefore they cry, saying, Let us go {and} sacrifice to our God.9 Let them put heavier labour on the men, that they may be taken up with it, and not regard vain words.10 And the taskmasters of the people and their officers went out and spoke to the people, saying, Thus says Pharaoh: I will not give you straw:11 go ye, get yourselves straw where ye may find it; but none of your work shall be diminished.12 And the people were scattered abroad throughout the land of Egypt to gather stubble for straw.13 And the taskmasters urged {them}, saying, Fulfil your labours, the daily work, as when there was straw.14 And the officers of the children of Israel, whom Pharaoh's taskmasters had set over them, were beaten, {and} it was said, Why have ye not fulfilled your task in making brick, both yesterday and to-day, as heretofore?15 Then the officers of the children of Israel came and cried to Pharaoh, saying, Why dost thou deal thus with thy bondmen?16 There is no straw given to thy bondmen, and they say to us, Make brick; and behold, thy bondmen are beaten, but it is the fault of thy people.17 And he said, Ye are idle, idle! therefore ye say, Let us go and sacrifice to Jehovah.18 And now go-work! and straw shall not be given you, and ye shall deliver the measure of bricks.19 And the officers of the children of Israel saw {that} it stood ill with them, because it was said, Ye shall not diminish anything from your bricks, the daily work.20 And they met Moses and Aaron, who stood there to meet them, as they came out from Pharaoh.21 And they said to them, Jehovah look upon you and judge, that ye have made our odour to stink in the eyes of Pharaoh, and in the eyes of his bondmen, putting a sword into their hand to kill us!22 And Moses returned to Jehovah, and said, Lord, why hast thou done evil to this people? why now hast thou sent me?23 For ever since I came to Pharaoh to speak in thy name, he hath done evil to this people; neither hast thou delivered thy people at all!

1 En daarna gaan Moses en A„ron en sê vir Farao: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My 'n fees kan hou in die woestyn.2 Maar Farao antwoord: Wie is die HERE na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken die HERE nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.3 Toe sê hulle: Die God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE onse God offer, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.4 Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moses en A„ron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop na julle werk toe.5 Verder het Farao gesê: Kyk, die volk van die land is alreeds baie; en julle wil hulle laat ophou met hulle werk?6 Daarom het Farao dieselfde dag aan die drywers onder die volk en die opsigters bevel gegee en gesê:7 Julle moet die volk geen strooi meer gee om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir hulle strooi versamel.8 Maar die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons offer aan onse God!9 Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op leuenagtige woorde let nie.10 Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie.11 Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word niks verminder nie.12 Toe het die volk in die hele Egipteland rondgegaan om stoppels te versamel vir strooi.13 En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was.14 En die opsigters van die kinders van Israel wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, met die woorde: Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle bepaalde werk, om stene te maak, volbring nie?15 Daarom het die opsigters van die kinders van Israel gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met u dienaars?16 Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by u volk.17 Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan die HERE offer.18 Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer.19 Toe sien die opsigters van die kinders van Israel dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul bakstene, volgens die eis van elke dag, nie verminder nie.20 En hulle het Moses en A„ron teëgekom, wat daar gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan,21 en het vir hulle gesê: Mag die HERE op julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle 'n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.22 Toe gaan Moses weer na die HERE en sê: Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur?23 Want vandat ek na Farao gegaan het om in u Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het u volk glad nie verlos nie. [ (Exodus 5:24) Daarop het die HERE Moses geantwoord: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. Want deur 'n sterke hand sal hy hulle laat trek, ja, deur 'n sterke hand gedwing, sal hy hulle uit sy land uitdrywe. ]

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-