Publicidade

Êxodo 40

1 And Jehovah spoke to Moses, saying,2 On the day of the first month, on the first of the month, shalt thou set up the tabernacle of the tent of meeting.3 And thou shalt put in it the ark of the testimony, and shalt cover the ark with the veil.4 And thou shalt bring in the table, and set in order the things that are to be set in order upon it. And thou shalt bring in the candlestick and light its lamps.5 And thou shalt set the golden altar for the incense before the ark of the testimony; and hang up the curtain of the entrance to the tabernacle.6 And thou shalt set the altar of burnt-offering before the entrance of the tabernacle of the tent of meeting.7 And thou shalt set the laver between the tent of meeting and the altar, and shalt put water in it.8 And thou shalt fix the court round about, and hang up the curtain at the gate of the court.9 And thou shalt take the anointing oil, and anoint the tabernacle, and all that is in it, and shalt hallow it, and all its utensils; and it shall be holy.10 And thou shalt anoint the altar of burnt-offering, and all its utensils; and thou shalt hallow the altar, and the altar shall be most holy.11 And thou shalt anoint the laver and its stand, and hallow it.12 And thou shalt bring Aaron and his sons near, at the entrance of the tent of meeting, and bathe them with water.13 And thou shalt clothe Aaron with the holy garments, and anoint him, and hallow him, that he may serve me as priest.14 And thou shalt bring his sons near, and clothe them with vests.15 And thou shalt anoint them, as thou didst anoint their father, that they may serve me as priests. And their anointing shall be to them an everlasting priesthood throughout their generations.16 And Moses did so: as Jehovah had commanded him, so did he.17 And it came to pass in the first month in the second year, on the first of the month, that the tabernacle was set up.18 And Moses set up the tabernacle, and put in its bases, and fixed its boards, and put in its bars, and set up its pillars.19 And he spread the tent over the tabernacle, and put the covering of the tent above over it; as Jehovah had commanded Moses.20 And he took and put the testimony into the ark, and put the staves in the ark, and put the mercy-seat above on the ark.21 And he brought the ark into the tabernacle, and hung up the veil of separation, and covered the ark of the testimony; as Jehovah had commanded Moses.22 And he put the table in the tent of meeting, on the side of the tabernacle northward, outside the veil,23 and arranged the bread in order upon it before Jehovah; as Jehovah had commanded Moses.24 And he put the candlestick in the tent of meeting, opposite to the table, on the side of the tabernacle southward.25 And he lighted the lamps before Jehovah; as Jehovah had commanded Moses.26 And he put the golden altar in the tent of meeting before the veil.27 And he burnt on it fragrant incense; as Jehovah had commanded Moses.28 And he hung up the curtain of the entrance to the tabernacle.29 And he put the altar of burnt-offering at the entrance to the tabernacle of the tent of meeting, and offered on it the burnt-offering and the oblation; as Jehovah had commanded Moses.30 And he set the laver between the tent of meeting and the altar, and put water in it for washing.31 And Moses and Aaron and his sons washed their hands and their feet out of it:32 when they went into the tent of meeting, and when they drew near to the altar, they washed; as Jehovah had commanded Moses.33 And he set up the court round about the tabernacle and the altar, and hung up the curtain of the gate of the court. And so Moses finished the work.34 And the cloud covered the tent of meeting, and the glory of Jehovah filled the tabernacle.35 And Moses could not enter into the tent of meeting, for the cloud abode on it, and the glory of Jehovah filled the tabernacle.36 And when the cloud was taken up from over the tabernacle, the children of Israel journeyed in all their journeys.37 And if the cloud were not taken up, then they did not journey until the day that it was taken up.38 For the cloud of Jehovah was on the tabernacle by day, and fire was in it by night, before the eyes of all the house of Israel, throughout all their journeys.

1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:2 Op die dag van die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy die tabernakel van die tent van samekoms oprig.3 En jy moet daarin plaas die ark van die Getuienis en die ark met die voorhangsel bedek.4 Dan moet jy die tafel inbring en daarop regsit wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.5 En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. Dan moet jy die bedekking van die ingang van die tabernakel ophang.6 Jy moet ook die brandofferaltaar voor die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neersit.7 En jy moet die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar neersit en daar water in gooi.8 En maak die voorhof rondom, en hang die bedekking aan die poort van die voorhof op.9 Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die tabernakel salf en alles wat daarin is, en dit heilig met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig wees.10 Jy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar heilig, en die altaar sal hoogheilig wees.11 Salf dan die waskom en sy voetstuk, en heilig dit.12 Jy moet ook A„ron en sy seuns laat nader kom, na die ingang van die tent van samekoms toe, en jy moet hulle met water was.13 Trek A„ron dan die heilige klere aan; en salf hom en heilig hom, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.14 Jy moet ook sy seuns laat nader kom en hulle die rokke aantrek.15 Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle 'n ewige priesterskap in hulle geslagte wees.16 En Moses het gedoen net soos die HERE hom beveel het; so het hy gedoen.17 En in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die tabernakel opgerig.18 En Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.19 En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos die HERE Moses beveel het.20 Verder het hy die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit.21 Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die HERE Moses beveel het.22 Hy het ook die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel.23 En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.24 Hy het ook die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel.25 En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.26 En hy het die goue altaar in die tent van samekoms neergesit, voor die voorhangsel,27 en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos die HERE Moses beveel het.28 Hy het ook die bedekking van die ingang van die tabernakel opgehang.29 En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer en die spysoffer gebring, soos die HERE Moses beveel het.30 Hy het ook die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was.31 En Moses en A„ron en sy seuns het daaruit hulle hande en voete gewas.32 As hulle ingaan in die tent van samekoms of nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos die HERE Moses beveel het.33 Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moses dan die werk voltooi.34 Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul,35 sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.36 En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte;37 maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek.38 Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-