Publicidade

Êxodo 33

1 And Jehovah said to Moses, Depart, go up hence, thou and the people that thou hast brought up out of the land of Egypt, into the land that I swore unto Abraham, to Isaac, and to Jacob, saying, Unto thy seed will I give it,2 (and I will send an angel before thee, and dispossess the Canaanite, the Amorite, and the Hittite, and the Perizzite, the Hivite, and the Jebusite,)3 into a land flowing with milk and honey; for I will not go up in the midst of thee, for thou art a stiff-necked people, -lest I consume thee on the way.4 And when the people heard this evil word, they mourned; and no man put on his ornaments.5 Now Jehovah had said to Moses, Say unto the children of Israel, Ye are a stiff-necked people: in one moment I will come up into the midst of thee and will consume thee. And now put off thine ornaments from thee, and I will know what I will do unto thee.6 And the children of Israel stripped themselves of their ornaments at mount Horeb.7 And Moses took the tent, and pitched it outside the camp, far from the camp, and called it the Tent of meeting. And it came to pass {that} every one who sought Jehovah went out to the tent of meeting which was outside the camp.8 And it came to pass, when Moses went out to the tent, all the people rose up, and stood every man at the entrance of his tent, and they looked after Moses until he entered into the tent.9 And it came to pass when Moses entered into the tent, the pillar of cloud descended, and stood at the entrance of the tent, and {Jehovah} talked with Moses.10 And all the people saw the pillar of cloud standing at the entrance of the tent; and all the people rose and worshipped, every man at the entrance of his tent.11 And Jehovah spoke with Moses face to face, as a man speaks with his friend. And he returned to the camp; but his attendant, Joshua the son of Nun, a young man, departed not from within the tent.12 And Moses said to Jehovah, Behold, thou sayest unto me, Bring up this people; but thou dost not let me know whom thou wilt send with me; and thou hast said, I know thee by name, and thou hast also found grace in mine eyes.13 And now, if indeed I have found grace in thine eyes, make me now to know thy way, that I may know thee, that I may find grace in thine eyes; and consider that this nation is thy people!14 And he said, My presence shall go, and I will give thee rest.15 And he said to him, If thy presence do not go, bring us not up hence.16 And how shall it be known then that I have found grace in thine eyes-I and thy people? {Is it} not by thy going with us? so shall we be distinguished, I and thy people, from every people that is on the face of the earth.17 And Jehovah said to Moses, I will do this thing also that thou hast said; for thou hast found grace in mine eyes, and I know thee by name.18 And he said, Let me, I pray thee, see thy glory.19 And he said, I will make all my goodness pass before thy face, and I will proclaim the name of Jehovah before thee; and I will be gracious to whom I will be gracious, and I will shew mercy on whom I will shew mercy.20 And he said, Thou canst not see my face; for Man shall not see me, and live.21 And Jehovah said, Behold, {there is} a place by me: there shalt thou stand on the rock.22 And it shall come to pass, when my glory passeth by, that I will put thee in a cleft of the rock, and will cover thee with my hand, until I have passed by.23 And I will take away my hand, and thou shalt see me from behind; but my face shall not be seen.

1 Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee;2 en Ek sal 'n engel voor jou uit stuur -- en die Kana„niete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe --3 na 'n land wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy 'n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word.4 Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie.5 Die HERE het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is 'n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen.6 Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af.7 En Moses het elke keer 'n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.8 En as Moses uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het.9 En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses.10 En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent.11 Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.12 Toe het Moses met die HERE gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.13 As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.14 En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?15 Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.16 Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.17 Toe sê die HERE aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam.18 Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien.19 Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.20 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.21 Ook het die HERE gesê: Kyk, hier is 'n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.22 En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het.23 En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-