1 And Jehovah said to Moses, Hew for thyself two tables of stone like the first; and I will write upon the tables the words that were upon the first tables, which thou hast broken.2 And be ready for the morning, and go up in the morning to mount Sinai, and stand there before me on the top of the mountain.3 And let no man go up with thee, neither shall any man be seen on all the mountain; neither shall sheep and oxen feed in front of that mountain.4 And he hewed two tables of stone like the first; and Moses rose up early in the morning and went up to mount Sinai, as Jehovah had commanded him, and took in his hand the two tables of stone.5 And Jehovah came down in the cloud, and stood beside him there, and proclaimed the name of Jehovah.6 And Jehovah passed by before his face, and proclaimed, Jehovah, Jehovah *God merciful and gracious, slow to anger, and abundant in goodness and truth,7 keeping mercy unto thousands, forgiving iniquity and transgression and sin, but by no means clearing {the guilty}; visiting the iniquity of the fathers upon the children, and upon the children's children, upon the third and upon the fourth {generation}.8 And Moses made haste, and bowed his head to the earth and worshipped,9 and said, If indeed I have found grace in thine eyes, Lord, let the Lord, I pray thee, go in our midst; for it is a stiff-necked people; and pardon our iniquity and our sin, and take us for an inheritance!10 And he said, Behold, I make a covenant: before all thy people I will do marvels that have not been done in all the earth, nor in any nation; and all the people in the midst of which thou {art} shall see the work of Jehovah; for a terrible thing it shall be that I will do with thee.11 Observe what I command thee this day: behold, I will drive out before thee the Amorite, and the Canaanite, and the Hittite, and the Perizzite, and the Hivite, and the Jebusite.12 Take heed to thyself, that thou make no covenant with the inhabitants of the land to which thou shalt come, lest it be a snare in the midst of thee;13 but ye shall demolish their altars, shatter their statues, and hew down their Asherahs.14 For thou shalt worship no other *God; for Jehovah-Jealous is his name-is a jealous *God;15 lest thou make a covenant with the inhabitants of the land, and then, when they go a whoring after their gods, and sacrifice unto their gods, thou be invited, and eat of their sacrifice,16 and thou take of their daughters unto thy sons, and their daughters go a whoring after their gods, and make thy sons go a whoring after their gods.17 -Thou shalt make thyself no molten gods.18 -The feast of the unleavened bread shalt thou keep: seven days shalt thou eat unleavened bread, as I have commanded thee, at the appointed time of the month Abib; for in the month Abib thou camest out from Egypt.19 -All that openeth the womb {is} mine; and all the cattle that is born a male, the firstling of ox and sheep.20 But the firstling of an ass thou shalt ransom with a lamb; and if thou ransom {it} not, then shalt thou break its neck. All the first-born of thy sons thou shalt ransom; and none shall appear before me empty.21 -Six days shalt thou work, but on the seventh day thou shalt rest; in ploughing time and in harvest thou shalt rest.22 -And thou shalt observe the feast of weeks, of the first-fruits of wheat-harvest, and the feast of ingathering at the turn of the year.23 Thrice in the year shall all thy males appear before the Lord Jehovah, the God of Israel.24 For I will dispossess the nations before thee, and enlarge thy border, and no man shall desire thy land, when thou goest up to appear before the face of Jehovah thy God thrice in the year.25 -Thou shalt not offer the blood of my sacrifice with leaven; neither shall the sacrifice of the feast of the passover be left over night until the morning.26 -The first of the first-fruits of thy land shalt thou bring into the house of Jehovah thy God. Thou shalt not boil a kid in its mother's milk.27 And Jehovah said to Moses, Write thee these words; for after the tenor of these words have I made a covenant with thee and with Israel.28 -And he was there with Jehovah forty days and forty nights; he ate no bread, and drank no water. -And he wrote on the tables the words of the covenant, the ten words.29 And it came to pass, when Moses came down from mount Sinai-and the two tables of testimony were in Moses' hand, when he came down from the mountain-that Moses knew not that the skin of his face shone through his talking with him.30 And Aaron and all the children of Israel saw Moses, and behold, the skin of his face shone; and they were afraid to come near him.31 And Moses called to them; and they turned to him, -Aaron and all the principal men of the assembly; and Moses talked with them.32 And afterwards, all the children of Israel came near; and he gave them in commandment all that Jehovah had spoken with him on mount Sinai.33 And Moses ended speaking with them; and he had put on his face a veil.34 And when Moses went in before Jehovah to speak with him, he took the veil off, until he came out; and he came out, and spoke to the children of Israel what he was commanded.35 And the children of Israel saw the face of Moses, that the skin of Moses' face shone; and Moses put the veil on his face again, until he went in to speak with him.
1 Toe het die HERE aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.2 En hou jou gereed teen die môre , en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staan by My op die top van die berg.3 Maar niemand mag saam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.4 Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.5 En die HERE het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van die HERE uitgeroep.6 En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;7 wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.8 Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval9 en gesê: Here, as ek genade in u oë gevind het, laat dan tog die Here in ons midde trek; want dit is 'n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as 'n erfdeel.10 Toe antwoord Hy: Kyk, Ek sluit 'n verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die HERE kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen.11 Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.12 Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien 'n strik by jou word nie.13 Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap.14 Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers -- 'n jaloerse God is Hy.15 Sluit tog nie 'n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet;16 en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.17 Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.18 Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek.19 Alles wat die moederskoot open, is myne; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van beeste en kleinvee.20 Maar die eersteling van 'n esel moet jy met 'n lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, en niemand mag met leë hande voor my aangesig verskyn nie.21 Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.22 Die fees van die weke moet jy ook hou, die fees van die eerstelinge van die koring-oes; en die fees van die insameling by die wisseling van die jaar.23 Al jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die aangesig van die Here HERE, die God van Israel, verskyn.24 Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, drie maal in die jaar.25 Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood slag nie, en die offer van die paasfees mag nie tot die môre toe oorbly nie.26 Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.27 Verder het die HERE vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, want volgens hierdie woorde het Ek 'n verbond gesluit met jou en met Israel.28 En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.29 En toe Moses van die berg Sinai afdaal -- die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie.30 En toe A„ron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom.31 Maar Moses het hulle geroep, en A„ron en al die owerstes in die vergadering het na hom teruggekom; en Moses het met hulle gespreek.32 En daarna het al die kinders van Israel nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE met hom gespreek het op die berg Sinai.33 Toe Moses klaar met hulle gespreek het, het hy 'n sluier oor sy gesig getrek.34 Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is,35 sien die kinders van Israel die gesig van Moses, dat die vel van Moses se gesig blink; daarop trek Moses dan weer die sluier oor sy gesig, totdat hy ingaan om met Hom te spreek.