1 And Jehovah spoke to Moses, saying,2 See, I have called by name Bezaleel the son of Uri, the son of Hur, of the tribe of Judah,3 and have filled him with the spirit of God, in wisdom, and in understanding, and in knowledge, and in every work,4 to devise artistic work-to work in gold, and in silver, and in copper,5 and in cutting of stones, for setting, and for carving of timber-to work in all manner of work.6 And I, behold, I have given with him Aholiab the son of Ahisamach, of the tribe of Dan; and in the heart of every one that is wise-hearted have I given wisdom, that they may make all that I have commanded thee-7 the tent of meeting and the ark of the testimony, and the mercy-seat that is thereupon, and all the utensils of the tent,8 and the table and its utensils, and the pure lamp-stand and all its utensils, and the altar of incense;9 and the altar of burnt-offering and all its utensils, and the laver and its stand;10 and the garments of service, both the holy garments of Aaron the priest, and the garments of his sons, to serve as priests;11 and the anointing oil, and the incense of fragrant drugs for the sanctuary: according to all that I have commanded thee shall they do.12 And Jehovah spoke to Moses, saying,13 And thou, speak thou unto the children of Israel, saying, Surely my sabbaths shall ye keep; for this is a sign between me and you throughout your generations, that ye may know that it is I, Jehovah, who do hallow you.14 Keep the sabbath, therefore; for it is holy unto you; every one that profaneth it shall certainly be put to death: yea, whoever doeth work on it, that soul shall be cut off from among his peoples.15 Six days shall work be done; but on the seventh day is the sabbath of rest, holy to Jehovah: whoever doeth work on the sabbath day shall certainly be put to death.16 And the children of Israel shall keep the sabbath, to observe the sabbath throughout their generations-{it is} an everlasting covenant.17 It shall be a sign between me and the children of Israel for ever; for {in} six days Jehovah made the heavens and the earth, and on the seventh day he rested, and was refreshed.18 And he gave to Moses, when he had ended speaking with him on mount Sinai, the two tables of testimony, tables of stone, written with the finger of God.
1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:2 Kyk, Ek het Bes leël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;3 en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,4 om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,5 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.6 En kyk, Ek het hom Oholiab bygegee, die seun van Ah¡samag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:7 die tent van samekoms en die ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent,8 en die tafel met sy gereedskap en die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar;9 ook die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk10 en die kunstige klere en die heilige klere van die priester A„ron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien;11 ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom -- net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.12 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:13 Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is 'n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.14 Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, die siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.15 Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees 'n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.16 En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as 'n ewige verbond.17 Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig 'n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.18 En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.