1 And thou shalt take thee Aaron thy brother, and his sons with him, from among the children of Israel, that he may serve me as priest-Aaron, Nadab and Abihu, Eleazar and Ithamar, Aaron's sons.2 And thou shalt make holy garments for Aaron thy brother, for glory and for ornament.3 And thou shalt speak with all {that are} wise-hearted, whom I have filled with the spirit of wisdom, that they may make Aaron's garments to hallow him, that he may serve me as priest.4 And these are the garments which they shall make: a breastplate, and an ephod, and a cloak, and a checkered vest, a turban, and a girdle; and they shall make holy garments for Aaron thy brother, and his sons, that he may serve me as priest.5 And they shall take gold, and blue, and purple, and scarlet, and twined byssus,6 and shall make the ephod of gold, blue, and purple, scarlet and twined byssus, of artistic work.7 It shall have two shoulder-pieces joined at the two ends thereof, where it is joined together.8 And the girdle of the ephod, which is upon it, shall be of the same, according to its work of gold, blue, and purple, and scarlet and twined byssus.9 And thou shalt take two onyx stones, and engrave on them the names of the children of Israel:10 six of their names on the one stone, and the six names of the rest on the other stone, according to their birth.11 According to the work of an engraver in stone, as the engravings of a seal, shalt thou engrave the two stones with the names of the sons of Israel; surrounded by enclosures of gold shalt thou make them.12 And thou shalt put the two stones upon the shoulder-pieces of the ephod {as} stones of memorial for the children of Israel; and Aaron shall bear their names before Jehovah upon his two shoulders for a memorial.13 And thou shalt make enclosures of gold;14 and two chains of pure gold; of laced work shalt thou make them, of wreathen work, and fasten the wreathen chains to the enclosures.15 And thou shalt make the breastplate of judgment of artistic work, like the work of the ephod thou shalt make it; of gold, blue, and purple, and scarlet, and twined byssus shalt thou make it.16 Square shall it be, doubled; a span the length thereof, and a span the breadth thereof.17 And thou shalt set in it settings of stones-four rows of stones: {one} row, a sardoin, a topaz, and an emerald-the first row;18 and the second row, a carbuncle, a sapphire, and a diamond;19 and the third row, an opal, an agate, and an amethyst;20 and the fourth row, a chrysolite, and an onyx, and a jasper; enclosed in gold shall they be in their settings.21 And the stones shall be according to the names of the children of Israel, twelve, according to their names, engraved as a seal: every one according to his name shall they be for the twelve tribes.22 And thou shalt make on the breastplate chains of laced work, of wreathen work, of pure gold.23 And thou shalt make on the breastplate two rings of gold, and shalt put the two rings on the two ends of the breastplate.24 And thou shalt put the two wreathen {cords} of gold in the two rings on the ends of the breastplate;25 and the two ends of the two wreathen {cords} thou shalt fasten to the two enclosures, and shalt put {them} on the shoulder-pieces of the ephod, on the front thereof.26 And thou shalt make two rings of gold, and shalt put them on the two ends of the breastplate, on the border thereof, which faceth the ephod inwards.27 And two rings of gold shalt thou make, and shalt put them upon the two shoulder-pieces of the ephod underneath, to the front thereof just by the coupling thereof, above the girdle of the ephod.28 And they shall bind the breastplate with its rings to the rings of the ephod with a lace of blue, that it may be above the girdle of the ephod, and that the breastplate be not loosed from the ephod.29 And Aaron shall bear the names of the children of Israel in the breastplate of judgment on his heart, when he goes in to the sanctuary, for a memorial before Jehovah continually.30 And thou shalt put into the breastplate of judgment the Urim and the Thummim, that they may be upon Aaron's heart when he goeth in before Jehovah; and Aaron shall bear the judgment of the children of Israel upon his heart before Jehovah continually.31 And thou shalt make the cloak of the ephod all of blue.32 And its opening for the head shall be in the midst thereof; there shall be a binding of woven work at its opening round about; as the opening of a coat of mail, it shall be in it-it shall not rend.33 And on the skirts thereof thou shalt make pomegranates of blue, and purple, and scarlet, round about the skirts thereof; and bells of gold between them round about:34 a golden bell and a pomegranate, a golden bell and a pomegranate, in the skirts of the cloak round about.35 And it shall be on Aaron for service; that his sound may be heard when he goeth into the sanctuary before Jehovah, and when he cometh out, that he may not die.36 And thou shalt make a thin plate of pure gold, and engrave on it, as the engravings of a seal, Holiness to Jehovah!37 And thou shalt put it on a lace of blue, and it shall be upon the turban-upon the front of the turban shall it be.38 And it shall be upon Aaron's forehead, and Aaron shall bear the iniquity of the holy things, which the children of Israel shall hallow in all gifts of their holy things; and it shall be continually on his forehead, that they may be accepted before Jehovah.39 And thou shalt weave the vest of byssus; and thou shalt make a turban of byssus; and thou shalt make a girdle of embroidery.40 And for Aaron's sons thou shalt make vests; and thou shalt make for them girdles; and high caps shalt thou make for them, for glory and for ornament.41 And thou shalt clothe with them Aaron thy brother, and his sons with him; and shalt anoint them, and consecrate them, and hallow them, that they may serve me as priests.42 And thou shalt make them linen trousers to cover the flesh of nakedness; from the loins even to the hips shall they reach.43 And they shall be upon Aaron and his sons when they enter into the tent of meeting, or when they come near to the altar to serve in the sanctuary; that they may not bear iniquity and die-an everlasting statute for him and his seed after him.
1 Dan moet jy jou broer A„ron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: A„ron, Nadab en Ab¡hu, Ele sar en Itamar, die seuns van A„ron.2 En jy moet vir jou broer A„ron heilige klere maak, tot eer en tot sieraad.3 Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir A„ron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.4 En dit is die klere wat hulle moet maak: 'n borstas en 'n skouerkleed en 'n mantel en 'n kunstig bewerkte rok, 'n tulband en 'n gordel; so moet hulle dan vir A„ron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.5 En hulle moet die goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.6 En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk.7 Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit saamgevoeg word.8 En die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.9 En jy moet twee oniksstene neem en die name van die kinders van Israel daarop graveer:10 ses van die name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle geboortes.11 Met graveerwerk, soos op 'n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van Israel. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in kassies van goud.12 En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene vir die kinders van Israel -- A„ron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die aangesig van die HERE om hulle in gedagtenis te bring.13 Jy moet dan kassies van goud maak14 en twee kettings van suiwer goud; gedraai soos toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan die kassies vas.15 Jy moet ook die borstas van beslissing maak van kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy dit maak; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy dit maak.16 Vierkantig moet dit wees en dubbel gevou; 'n span sy lengte en 'n span sy breedte.17 En voorsien dit van 'n steeninvulling van vier rye stene: 'n ry met 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag moet die eerste ry wees.18 En die tweede ry: 'n karbonkel, 'n saffier en 'n jaspis.19 En die derde ry: 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis.20 En die vierde ry: 'n chrisoliet en 'n oniks en 'n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees by hulle invulling.21 En die stene moet volgens die name van die kinders van Israel twaalf wees, volgens hulle name. Soos op 'n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam.22 Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak.23 En maak by die borstas twee goue ringe; en bevestig die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas,24 en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van die borstas;25 en maak die twee ander ente van die twee toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig die dan aan die skouerstukke van die skouerkleed, aan die voorkant daarvan.26 Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig die aan die twee onder-ente van die borstas, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.27 En maak twee goue ringe, en bevestig die aan die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.28 En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met 'n pers toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.29 So moet A„ron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die HERE gedurigdeur.30 Jy moet ook in die borstas van beslissing die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van A„ron kan wees as hy voor die aangesig van die HERE ingaan. So moet A„ron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die HERE.31 En jy moet die mantel van die skouerkleed heeltemal van pers stof maak.32 En die opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet 'n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van 'n pantser moet dit daaraan wees, dat dit nie kan skeur nie.33 En maak aan die soom daarvan granaatjies van pers en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom daarvan rondom, en daar tussenin goue klokkies rondom:34 'n goue klokkie en 'n granaatjie, 'n goue klokkie en 'n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.35 En A„ron moet dit aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van die HERE, ingaan en as hy daar uitgaan, dat hy nie sterwe nie.36 Verder moet jy 'n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.37 En maak dit vas aan 'n pers toutjie, sodat dit aan die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees.38 So moet dit dan op die voorhoof van A„ron wees, sodat A„ron die skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig -- al hulle heilige gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die HERE welgevalle mag vind.39 Jy moet ook die rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook 'n tulband van fyn linne maak, en 'n gordel moet jy van veelkleurige werk maak.40 En maak rokke vir die seuns van A„ron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak, tot eer en tot sieraad.41 En trek dit jou broer A„ron en sy seuns saam met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.42 Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van die skaamte te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees.43 En A„ron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle geen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is 'n ewige insetting vir hom en vir sy nageslag n hom.