Publicidade

Êxodo 9

1 And Jehovah said to Moses, Go in unto Pharaoh, and tell him, Thus saith Jehovah the God of the Hebrews: Let my people go, that they may serve me.2 For if thou refuse to let them go, and shalt retain them still,3 behold, the hand of Jehovah shall be on thy cattle which is in the field, on the horses, on the asses, on the camels, on the oxen and on the sheep, with a very grievous plague.4 And Jehovah will distinguish between the cattle of Israel and the cattle of Egypt; and there shall nothing die of all that the children of Israel have.5 And Jehovah appointed a set time, saying, To-morrow will Jehovah do this thing in the land.6 And Jehovah did this thing on the following day, and all the cattle of Egypt died; but of the cattle of the children of Israel died not one.7 And Pharaoh sent, and behold, there was not one of the cattle of the Israelites dead. But the heart of Pharaoh was hardened, and he did not let the people go.8 And Jehovah said to Moses and to Aaron, Take to yourselves handfuls of ashes of the furnace, and let Moses scatter it toward the heavens before the eyes of Pharaoh.9 And it shall become fine dust over all the land of Egypt, and shall become boils on man and on cattle, breaking out {with} blisters, throughout the land of Egypt.10 And they took ashes of the furnace, and stood before Pharaoh; and Moses sprinkled it toward the heavens; and it became boils {with} blisters breaking out on man and on cattle.11 And the scribes could not stand before Moses because of the boils; for the boils were on the scribes, and on all the Egyptians.12 And Jehovah made Pharaoh's heart stubborn, and he did not hearken to them, as Jehovah had told Moses.13 And Jehovah said to Moses, Rise up early in the morning, and set thyself before Pharaoh, and say to him, Thus saith Jehovah, the God of the Hebrews: Let my people go, that they may serve me.14 For I will at this time send all my plagues to thy heart, and on thy bondmen, and on thy people; that thou mayest know that there is none like me in all the earth.15 For now shall I put forth my hand, and I will smite thee and thy people with pestilence; and thou shalt be cut off from the earth.16 And for this very cause have I raised thee up, to shew thee my power; and that my name may be declared in all the earth.17 Dost thou still exalt thyself against my people, that thou wilt not let them go?18 Behold, to-morrow about this time I will cause it to rain a very grievous hail, such as hath not been in Egypt since its foundation until now.19 And now send, {and} secure thy cattle, and all that thou hast in the field: all the men and the cattle that are found in the field, and are not brought home-on them the hail shall come down, and they shall die.20 He that feared the word of Jehovah among the bondmen of Pharaoh made his bondmen and his cattle flee into the houses.21 But he that did not regard the word of Jehovah left his bondmen and his cattle in the field.22 And Jehovah said to Moses, Stretch out thy hand toward the heavens, that there may be hail throughout the land of Egypt, upon men, and upon cattle, and upon every herb of the field in the land of Egypt.23 And Moses stretched out his staff toward the heavens, and Jehovah gave thunder and hail; and the fire ran along the ground; and Jehovah rained hail on the land of Egypt.24 And there was hail, and fire mingled with the hail, very grievous, such as there had been none like it in all the land of Egypt since it became a nation.25 And the hail smote throughout the land of Egypt all that was in the field, both men and cattle; and the hail smote every herb of the field, and broke every tree of the field.26 Only in the land of Goshen, where the children of Israel were, was there no hail.27 And Pharaoh sent, and called Moses and Aaron, and said to them, I have sinned this time: Jehovah is the righteous {one}, but I and my people are the wicked {ones}.28 Intreat Jehovah that it may be enough, that there be no more thunder of God and hail; and I will let you go, and ye shall stay no longer!29 And Moses said to him, When I go out of the city, I will spread out my hands to Jehovah: the thunder will cease, and there will be no more hail; that thou mayest know that the earth is Jehovah's.30 But as to thee and thy bondmen, I know that ye do not yet fear Jehovah Elohim.31 And the flax and the barley were smitten; for the barley was in the ear, and the flax was bolled.32 But the wheat and the spelt were not smitten; for they were not come out into ear.33 And Moses went out of the city from Pharaoh, and spread out his hands to Jehovah; and the thunders and hail ceased, and the rain was not {any more} poured on the earth.34 And Pharaoh saw that the rain and the hail and the thunders had ceased, and he sinned yet more, and hardened his heart, he, and his bondmen.35 And the heart of Pharaoh was stubborn, neither would he let the children of Israel go, as Jehovah had spoken by Moses.

1 Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.2 Want as jy weier om hulle te laat trek en hulle nog langer vashou,3 kyk, dan sal die hand van die HERE wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met 'n baie swaar pes.4 En die HERE sal 'n onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie.5 En die HERE het 'n bepaalde tyd gestel en gesê: M"re sal die HERE dit doen in die land.6 En die HERE het dit die volgende dag gedoen: al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie.7 Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van die Israeliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie.8 Verder het die HERE aan Moses en A„ron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moses dit na die hemel uitstrooi voor die oë van Farao;9 en dit sal fyn stof word oor die hele Egipteland en aan mense en diere swere veroorsaak wat in blare uitbreek, in die hele Egipteland.10 So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor Farao gaan staan, en Moses het dit na die hemel uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan mense en diere.11 En die towenaars kon voor Moses nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars.12 Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos die HERE aan Moses gesê het.13 Verder het die HERE aan Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.14 Want hierdie keer sal Ek al my plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie.15 Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;16 maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.17 Versit jy jou nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie?18 Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd 'n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie.19 Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie -- op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe.20 Hy wat die HERE se woord gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug;21 maar hy wat op die HERE se woord geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.22 Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland.23 En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en die HERE het hael op Egipteland laat reën.24 En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan 'n volk behoort het nie.25 En die hael het in die hele Egipteland geslaan alles wat in die veld was, mense sowel as diere. Ook het die hael al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verbreek.26 Net in die land Gosen, waar die kinders van Israel was, was daar geen hael nie.27 Toe het Farao Moses en A„ron laat roep en vir hulle gesê: Ek het die keer sonde gedoen. Die HERE is reg, maar ek en my volk het ongelyk.28 Bid tot die HERE, want daar is oorgenoeg donder van God en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie.29 Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande tot die HERE uitbrei: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die aarde aan die HERE behoort.30 Maar wat u en u dienaars betref -- ek weet dat julle nog nie ontsag het vir die HERE God nie.31 En die vlas en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop.32 Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, want hulle is later.33 So het Moses dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy hande tot die HERE uitgebrei. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer op die aarde gegiet nie.34 Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donder ophou, het hy nog verder gesondig en sy hart verhard, hy en sy dienaars.35 Ja, Farao se hart was verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie, soos die HERE deur die diens van Moses gespreek het.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-