1 A {good} name is better than precious ointment, and the day of death than the day of one's birth.2 It is better to go to the house of mourning than to go to the house of feasting: in that that is the end of all men, and the living taketh it to heart.3 Vexation is better than laughter; for by the sadness of the countenance the heart is made better.4 The heart of the wise is in the house of mourning, but the heart of fools in the house of mirth.5 It is better for a man to hear the rebuke of the wise, than to hear the song of fools.6 For as the crackling of thorns under a pot, so is the laughter of the fool. This also is vanity.7 Surely oppression maketh a wise man mad, and a gift destroyeth the heart.8 Better is the end of a thing than its beginning; better is a patient spirit than a proud spirit.9 Be not hasty in thy spirit to be vexed; for vexation resteth in the bosom of fools.10 Say not, How is it that the former days were better than these? for thou dost not inquire wisely concerning this.11 Wisdom is as good as an inheritance, and profitable to them that see the sun.12 For wisdom is a defence {as} money is a defence; but the excellency of knowledge is, {that} wisdom maketh them that possess it to live.13 Consider the work of God; for who can make straight what he hath made crooked?14 In the day of prosperity enjoy good, and in the day of adversity consider: God hath also set the one beside the other, to the end that man should find out nothing {of what shall be} after him.15 All {this} have I seen in the days of my vanity: there is a righteous {man} that perisheth by his righteousness, and there is a wicked {man} that prolongeth {his days} by his wickedness.16 Be not righteous overmuch; neither make thyself overwise: why shouldest thou destroy thyself?17 Be not overmuch wicked, neither be thou foolish: why shouldest thou die before thy time?18 It is good that thou shouldest take hold of this; yea, also from that withdraw not thy hand: for he that feareth God cometh forth from them all.19 Wisdom strengtheneth the wise more than ten mighty {men} that are in a city.20 Surely there is not a righteous man upon earth, that doeth good and sinneth not.21 Also give not heed unto all words that are spoken, lest thou hear thy servant curse thee.22 For also thine own heart knoweth that oftentimes thou thyself likewise hast cursed others.23 All this have I tried by wisdom: I said, I will be wise; but it was far from me.24 Whatever hath been, is far off, and exceeding deep: who will find it out?25 I turned, I and my heart, to know, and to search, and to seek out wisdom and reason, and to know wickedness to be folly, and foolishness to be madness;26 and I found more bitter than death the woman whose heart is nets and snares, {and} whose hands are bands: whoso pleaseth God shall escape from her; but the sinner shall be caught by her.27 See this which I have found, saith the Preacher, {searching} one by one to find out the reason;28 which my soul yet seeketh, and I have not found: one man among a thousand have I found, but a woman among all those have I not found.29 Only see this which I have found: that God made man upright, but they have sought out many devices.
1 'n Goeie naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag.2 Dit is beter om te gaan na 'n klaaghuis as om te gaan na 'n huis van maaltyd; want die eerste is die einde van al die mense, en die lewende kan dit ter harte neem.3 Om verdrietig te wees, is beter as om te lag; want as die gesig droewig is, gaan dit goed met die hart.4 Die hart van die wyse manne is in die klaaghuis, maar die hart van die dwase in die huis van vreugde.5 Dit is beter om te luister na die bestraffing van 'n wyse as dat 'n mens luister na die lied van die dwase.6 Want soos die geknetter van doringtakke onder 'n pot, so is die gelag van 'n dwaas. Dit is dan ook tevergeefs.7 Sekerlik, afpersing maak 'n wyse dwaas, en 'n geskenk bederwe die hart.8 Die einde van 'n saak is beter as sy begin; 'n lankmoedige is beter as 'n hoogmoedige.9 Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase.10 Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.11 Wysheid is net so goed as 'n erfdeel en 'n voordeel vir die wat die son sien.12 Want wysheid is 'n beskutting, geld is 'n beskutting; maar die voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe.13 Aanskou die werk van God, want wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het?14 Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens n sy dood niks meer sal ontdek nie.15 Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid: daar is 'n regverdige wat ondanks sy regverdigheid omkom, en daar is 'n goddelose wat ondanks sy goddeloosheid lank lewe.16 Wees nie alte regverdig en hou jou nie buitengewoon wys nie: waarom sou jy jouself te gronde rig?17 Wees nie alte goddeloos, en wees nie dwaas nie: waarom sou jy sterwe voor jou tyd?18 Dit is goed dat jy aan die een vashou en ook van die ander jou hand nie aftrek nie; want die wat God vrees, ontkom aan dit alles.19 Die wysheid versterk die wyse meer as tien maghebbers wat in die stad is;20 want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie.21 Jy moet ook nie let op al die woorde wat die mense spreek nie, sodat jy nie hoor dat jou dienaar jou vloek nie.22 Want jou eie hart weet ook van baie gevalle dat jy self ook ander gevloek het.23 Dit alles het ek met wysheid op die proef gestel; ek het gesê: Ek wil wys word, maar dit het ver van my gebly.24 Wat bestaan, is ver en baie diep; wie kan dit begryp?25 Ek het my daartoe gewend en my hart gerig om te weet en na te speur, en wysheid en 'n slotsom te soek, en om so die goddeloosheid as dwaasheid en die dwaasheid as onverstandigheid te leer ken.26 En ek het iets uitgevind bitterder as die dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat goed is voor die aangesig van God, sal van haar vryraak, maar die sondaar word deur haar gevang.27 Kyk, dit het ek uitgevind, sê die Prediker, deur die een by die ander te voeg, om 'n slotsom te vind --28 wat my siel lank gesoek het, maar wat ek nie gevind het nie: een mens uit duisend het ek gevind, maar 'n vrou het ek onder soveel nie gevind nie.29 Kyk, net dit het ek uitgevind: dat God die mens reg gemaak het, maar hulle het baie slim planne gesoek.