Publicidade

Eclesiastes 6

1 There is an evil that I have seen under the sun, and it is frequent among men:2 one to whom God giveth riches, wealth, and honour, and he wanteth nothing for his soul of all that he desireth, yet God giveth him not power to eat thereof, but a stranger eateth it: this is vanity, and a sore evil.3 If a man beget a hundred {sons}, and live many years, so that the days of his years be many, but his soul be not filled with good, and also he have no burial, I say an untimely birth is better than he.4 For it cometh in vanity, and departeth in darkness, and its name is covered with darkness;5 moreover it hath not seen nor known the sun: this hath rest rather than the other.6 Yea, though he live twice a thousand years, yet hath he seen no good: do not all go to one place?7 All the labour of man is for his mouth, and yet the appetite is not filled.8 For what advantage hath the wise above the fool? what hath the poor, that knoweth to walk before the living?9 Better is the seeing of the eyes than the wandering of the desire: this also is vanity and pursuit of the wind.10 That which is hath already been named; and what man is, is known, and that he cannot contend with him that is mightier than he.11 For there are many things that increase vanity: what is man advantaged?12 For who knoweth what is good for man in life, all the days of his vain life which he spendeth as a shadow? for who can tell man what shall be after him under the sun?

1 Daar is 'n onheil wat ek gesien het onder die son, en wat swaar druk op die mensdom:2 'n Man aan wie God rykdom en skatte en eer gee, sodat hom niks ontbreek van alles wat hy kan begeer nie, maar God stel hom nie in staat om daarvan te geniet nie, want 'n vreemde geniet dit; dit is vergeefse moeite en 'n bitter lyding.3 As 'n man honderd kinders verwek en baie jare lewe en die dae van sy jare baie is en sy siel nie genoeg kry van die goeie en hy ook nie 'n begrafnis het nie, dan sê ek: 'n Misgeboorte is beter as hy,4 want in nietigheid kom dit, en in duisternis gaan dit heen, en met duisternis word die naam daarvan bedek;5 ook het dit die son nie gesien of geken nie. Dit het meer rus as hy.6 Ja, al lewe hy ook twee maal duisend jaar en geniet nie die goeie nie -- gaan nie alles na een en dieselfde plek nie?7 Al die moeitevolle arbeid van 'n mens is vir sy mond, en tog word die begeerte nie bevredig nie.8 Want watter voorkeur het die wyse bo die dwaas, watter voorkeur die arme wat weet om hom te beweeg onder die lewendes?9 Die aanskouing met die oë is beter as die geswerf van die begeerte. Ook dit is tevergeefs en 'n gejaag na wind.10 Wat hy ook is, lankal is sy naam genoem, en dit is bekend dat hy mens is: hy kan nie in die gereg gaan met Hom wat sterker is as hy nie.11 Want hoe meer woorde, des te meer vermeerder hulle die nietigheid; watter voordeel het die mens daarvan?12 Want wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende die getal dae van sy nietige lewe wat hy soos 'n skaduwee deurbring? Want wie kan aan die mens bekend maak wat n hom sal wees onder die son?

Veja também

Publicidade
Eclesiastes
Ver todos os capítulos de Eclesiastes
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-