1 And the children of Israel again did evil in the sight of Jehovah; and Jehovah gave them into the hand of the Philistines forty years.2 And there was a certain man of Zoreah, of the family of the Danites, and his name was Manoah. And his wife was barren and did not bear.3 And the Angel of Jehovah appeared to the woman, and said to her, Behold now, thou art barren and bearest not; but thou shalt conceive and bear a son.4 And now beware, I pray thee, and drink not wine nor strong drink, and eat nothing unclean.5 For lo, thou shalt conceive, and bear a son, and no razor shall come on his head; for the boy shall be a Nazarite of God from the womb; and he shall begin to save Israel out of the hand of the Philistines.6 And the woman came and told her husband, saying, A man of God came to me, and his appearance was like the appearance of an angel of God, very terrible; but I did not ask him whence he was, neither did he tell me his name.7 And he said to me, Behold, thou shalt conceive and bear a son; and now drink not wine nor strong drink, and eat not anything unclean; for the boy shall be a Nazarite of God from the womb to the day of his death.8 Then Manoah prayed to Jehovah, and said, Ah Lord! let the man of God which thou didst send come again unto us, I pray thee, and teach us what we shall do unto the child that shall be born.9 And God hearkened to the voice of Manoah; and the Angel of God came again to the woman whilst she sat in the field; but Manoah her husband was not with her.10 Then the woman hasted and ran, and informed her husband, and said to him, Behold, the man has appeared to me, that came to me that day.11 And Manoah rose up and went after his wife, and came to the man, and said to him, Art thou the man that didst speak to the woman? And he said, I am.12 And Manoah said, When thy words then come to pass, what shall be the child's manner and his doing?13 And the Angel of Jehovah said to Manoah, Of all that I said unto the woman let her beware:14 she shall not eat of anything that cometh of the vine, neither shall she drink wine or strong drink, nor eat anything unclean: all that I commanded her shall she observe.15 And Manoah said to the Angel of Jehovah, I pray thee, let us detain thee, and we will make ready a kid of the goats for thee.16 And the Angel of Jehovah said to Manoah, Though thou shouldest detain me, I will not eat of thy bread; and if thou wilt offer a burnt-offering, thou shalt offer it up to Jehovah. For Manoah knew not that he was the Angel of Jehovah.17 And Manoah said to the Angel of Jehovah, What is thy name, that when thy word cometh to pass we may do thee honour?18 And the Angel of Jehovah said to him, How is it that thou askest after my name, seeing it is wonderful?19 Then Manoah took the kid and the oblation, and offered it up to Jehovah upon the rock. And he did wondrously, and Manoah and his wife looked on.20 And it came to pass, as the flame went up from off the altar towards the heavens, that the Angel of Jehovah ascended in the flame of the altar; and Manoah and his wife looked on, and fell on their faces to the ground.21 And the Angel of Jehovah appeared no more to Manoah and to his wife. Then Manoah knew that it was the Angel of Jehovah.22 And Manoah said to his wife, We shall surely die, because we have seen God.23 But his wife said to him, If Jehovah were pleased to kill us, he would not have received a burnt-offering and an oblation at our hands, neither would he have shewed us all these things, nor would he at this time have told us {such things} as these.24 And the woman bore a son, and called his name Samson. And the child grew, and Jehovah blessed him.25 And the Spirit of Jehovah began to move him at Mahaneh-Dan, between Zoreah and Eshtaol.
1 En toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.2 En daar was 'n man uit Sorea, uit die geslag van die Daniete, met die naam van Manoag; en sy vrou was onvrugbaar en het geen kinders gehad nie.3 Maar die Engel van die HERE het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en 'n seun baar.4 Neem jou dan nou tog in ag en drink geen wyn of sterk drank nie en eet niks wat onrein is nie.5 Want kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af 'n nasireër van God wees, en hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne.6 Daarop kom die vrou in en spreek met haar man en sê: 'n Man van God het na my gekom, en sy voorkoms was soos die voorkoms van die Engel van God, baie vreeslik; maar ek het Hom nie gevra waar Hy vandaan was nie, en sy naam het hy my nie meegedeel nie.7 Maar Hy het vir my gesê: Kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar; drink dan nou geen wyn of sterk drank nie, en eet niks wat onrein is nie; want die seun sal 'n nasireër van God wees van die moederskoot af tot die dag van sy dood toe.8 En Manoag het tot die HERE gebid en gesê: Ag, Here, laat tog die man van God wat U gestuur het, nog 'n keer na ons toe kom, dat hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word.9 En God het geluister na die stem van Manoag, sodat die Engel van God nog 'n keer na die vrou gekom het terwyl sy in die veld sit en haar man Manoag nie by haar was nie.10 En die vrou het haastig geloop en haar man dit vertel en vir hom gesê: Kyk, die man het aan my verskyn wat die ander dag na my gekom het.11 Toe staan Manoag op en loop agter sy vrou aan, en hy kom by die man en vra hom: Is U die man wat met die vrou gespreek het? Toe sê Hy: Ja.12 Daarop vra Manoag: As u woorde nou uitkom, wat moet die leefwyse en die werk van die seun wees?13 Toe sê die Engel van die HERE aan Manoag: Vir alles wat Ek aan die vrou gesê het, moet sy haar in ag neem.14 Van alles wat van die wingerdstok afkomstig is, mag sy nie eet nie; en geen wyn of sterk drank moet sy drink nie en niks eet wat onrein is nie; alles wat Ek haar beveel het, moet sy onderhou.15 Manoag sê aan die Engel van die HERE: Laat ons U tog ophou, dat ons 'n bokkie vir U kan berei.16 En die Engel van die HERE antwoord Manoag: Al hou jy My op, Ek sal nie van jou brood eet nie; maar as jy 'n brandoffer wil berei, offer dit dan aan die HERE. Want Manoag het nie geweet dat dit die Engel van die HERE was nie.17 Daarop vra Manoag die Engel van die HERE: Wat is u naam, dat ons U kan vereer as u woord uitkom?18 En die Engel van die HERE sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl hy wonderbaar is?19 Toe neem Manoag die bokkie en die spysoffer en offer dit op die rots aan die HERE terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manoag en sy vrou:20 toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar; en Manoag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.21 En die Engel van die HERE het verder nie meer aan Manoag en sy vrou verskyn nie. Daarop bemerk Manoag dat dit die Engel van die HERE was.22 En Manoag sê vir sy vrou: Ons sal sekerlik sterwe, omdat ons God gesien het.23 Maar sy vrou sê vir hom: As die HERE ons wou laat sterwe, sou Hy nie uit ons hand 'n brandoffer en 'n spysoffer aangeneem en ons al hierdie dinge laat sien en ons nou sulke dinge laat hoor het nie.24 En die vrou het 'n seun gebaar en hom Simson genoem; en die kind het groot geword, en die HERE het hom geseën.25 En die Gees van die HERE het hom begin drywe in die laer van Dan tussen Sorea en Est ol.