1 And these are the nations that Jehovah left, to prove Israel by them, all that had not known all the wars of Canaan;2 only that the generations of the children of Israel might know war by learning it, at the least those who before had known nothing thereof:3 five lord ships of the Philistines, and all the Canaanites, and the Sidonians, and the Hivites that dwell on mount Lebanon; from mount Baal-Hermon unto the entering into Hamath.4 And they were to prove Israel by them, to know whether they would obey the commandments of Jehovah, which he commanded their fathers by the hand of Moses.5 And the children of Israel dwelt among the Canaanites: Hittites and Amorites and Perizzites and Hivites and Jebusites;6 and they took their daughters as wives, and gave their daughters to their sons, and served their gods.7 And the children of Israel did evil in the sight of Jehovah, and forgot Jehovah their God, and served the Baals and the Asherahs.8 And the anger of Jehovah was hot against Israel, and he sold them into the hand of Chushan-rishathaim king of Mesopotamia; and the children of Israel served Chushan-rishathaim eight years.9 And the children of Israel cried to Jehovah; and Jehovah raised up a saviour to the children of Israel, who saved them, Othniel the son of Kenaz, Caleb's younger brother.10 And the Spirit of Jehovah was upon him, and he judged Israel; and he went out to war, and Jehovah gave Chushan-rishathaim king of Syria into his hand; and his hand prevailed against Chushan-rishathaim.11 And the land had rest forty years; and Othniel the son of Kenaz died.12 And the children of Israel again did evil in the sight of Jehovah; and Jehovah strengthened Eglon the king of Moab against Israel, because they did evil in the sight of Jehovah.13 And he gathered to him the children of Ammon and Amalek and went and smote Israel, and they took possession of the city of palm-trees.14 And the children of Israel served Eglon the king of Moab eighteen years.15 And the children of Israel cried to Jehovah, and Jehovah raised them up a saviour, Ehud the son of Gera, the Benjaminite, a man left-handed. And by him the children of Israel sent a gift to Eglon king of Moab.16 And Ehud made him a sword having two edges, it was of a cubit length; and he girded it under his raiment upon his right hip.17 And he brought the gift to Eglon king of Moab; now Eglon was a very fat man.18 And it came to pass when he had ended offering the gift, he sent away the people that had borne the gift.19 But he turned from the graven images that were by Gilgal, and said, I have a secret word unto thee, O king. And he said, Be silent! And all that stood by him went out from him.20 And Ehud came to him; now he was sitting in the cool upper-chamber, which was for him alone. And Ehud said, I have a word from God unto thee. And he arose from the seat.21 Then Ehud put forth his left hand, and took the sword from his right hip, and thrust it into his belly;22 and the haft also went in after the blade, and the fat closed upon the blade; for he did not draw the sword out of his belly, and it came out between the legs.23 And Ehud went out into the portico, and shut the doors of the upper-chamber upon him, and bolted them.24 And when he was gone out, the servants of the {king} came and saw, and behold, the doors of the upper-chamber were bolted. And they said, Surely he is covering his feet in the summer chamber.25 And they waited till they were ashamed; and behold, he opened not the doors of the upper-chamber, and they took the key, and opened {them}, and behold, their lord lay dead on the earth.26 And Ehud had escaped while they lingered, and passed beyond the graven images, and escaped to Seirah.27 And it came to pass when he was come, that he blew a trumpet in the hill-country of Ephraim, and the children of Israel went down with him from the hill-country, and he before them.28 And he said to them, Follow after me, for Jehovah has delivered your enemies the Moabites into your hand. And they went down after him, and took the fords of the Jordan toward Moab, and suffered no one to pass over.29 And they slew the Moabites at that time, about ten thousand men, all fat, and all men of valour, and not a man escaped.30 And Moab was subdued that day under the hand of Israel. And the land had rest eighty years.31 And after him was Shamgar the son of Anath; and he smote the Philistines, six hundred men, with an ox-goad. And he also delivered Israel.
1 En dit is die nasies wat die HERE laat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kana„n nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel --2 net dat die geslagte van die kinders van Israel dit kan weet -- om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie van geweet het nie:3 vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergte L¡banon gewoon het, van die berg Ba„l-Hermon af tot by die ingang na Hamat.4 Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van die HERE wat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister.5 So het die kinders van Israel dan onder die Kana„niete, Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete gewoon,6 en hul dogters vir hulle as vroue geneem en hulle eie dogters aan hul seuns gegee en hul gode gedien.7 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en die HERE hulle God vergeet en die Baäls en die heilige boomstamme gedien.8 Daarop het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risat im, die koning van Mesopot mië, en die kinders van Israel het Kusan Risat im agt jaar lank gedien.9 Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE 'n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het: Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb.10 En die Gees van die HERE het op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en die HERE het Kusan Risat im, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risat im gekry het.11 Toe kry die land rus veertig jaar lank. En Otniël, die seun van Kenas, het gesterwe.12 En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. Toe maak die HERE Eglon, die koning van Moab, sterk teen Israel, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE;13 en hy versamel by hom die kinders van Ammon en Amalek. Daarop het hy weggetrek en Israel verslaan, en hulle het die Palmstad in besit geneem.14 En die kinders van Israel het Eglon, die koning van Moab, agttien jaar lank gedien.15 Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab.16 En Ehud het vir hom 'n swaard gemaak, aan twee kante skerp, een el lank, en dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord;17 en hy het die belasting aan Eglon, die koning van Moab, gebring; en Eglon was 'n baie vet man.18 En toe hy die belasting volledig afgelewer het, bring hy die mense wat die belasting gedra het, weg;19 maar hy self het omgedraai by die gesnede beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het 'n geheime opdrag aan u, o koning! Di, sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan buitentoe.20 En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het 'n woord van God aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan,21 steek Ehud sy linkerhand uit en gryp die swaard van sy regterheup af en steek dit in sy buik,22 sodat selfs die hef agter die lem ingedring het en die vet, want hy het die swaard nie uit sy buik uitgetrek nie, om die lem toegesluit en by die wond uitgepuil het.23 Toe gaan Ehud uit op die galery, maar hy het die deure van die bo-kamer agter hom gesluit en gegrendel.24 Net toe hy uitgegaan het, kom sy dienaars; en toe hulle sien en kyk: die deure van die bo-kamer was gegrendel, sê hulle: Hy is seker besig om sy voete te bedek in die koel kamer.25 En hulle het gewag totdat hulle verleë was; maar -- hy het die deure van die bo-kamer nie oopgemaak nie! En toe hulle die sleutel gaan haal en oopsluit, lê hulle heer daar dood op die grond!26 Maar terwyl hulle nog talm, het Ehud ontvlug en die gesnede beelde verbygegaan en na Se‹ra ontsnap.27 En toe hy aankom, blaas hy op die ramshoring op die gebergte van Efraim, en die kinders van Israel het saam met hom van die gebergte afgetrek, en hy voor hulle uit.28 Toe sê hy vir hulle: Volg my, want die HERE gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabiete van die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie.29 En hulle het in die tyd van Moab omtrent tien duisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand het vrygekom nie.30 So moes Moab dan die dag buig onder die hand van Israel; en die land het tagtig jaar lank gerus.31 Toe kom n hom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne ses honderd man met 'n osdrywerstok verslaan het; en ook hy het Israel verlos.