1 And there was a man of mount Ephraim, whose name was Micah.2 And he said to his mother, The eleven hundred silver-pieces that were taken from thee, and about which thou didst curse and speak of in mine ears, behold, the silver is with me; I took it. And his mother said, Blessed be my son of Jehovah!3 And he restored the eleven hundred silver-pieces to his mother; and his mother said, I had dedicated the silver to Jehovah from my hand for my son, to make a graven image and a molten image; and now I will restore it to thee.4 Now he restored the silver to his mother; and his mother took two hundred silver-pieces and gave them to the founder, and he made of them a graven image and a molten image; and they were in the house of Micah.5 And the man Micah had a house of gods, and made an ephod and teraphim, and consecrated one of his sons, who became his priest.6 In those days there was no king in Israel; every man did what was right in his own eyes.7 And there was a young man out of Bethlehem-Judah of the family of Judah, who was a Levite, and he sojourned there.8 And the man departed from the city, from Bethlehem-Judah, to sojourn where he might find {a place}. And as he journeyed, he came to mount Ephraim, to the house of Micah.9 And Micah said to him, Whence comest thou? And he said to him, I am a Levite of Bethlehem-Judah, and I go to sojourn where I may find {a place}.10 And Micah said to him, Dwell with me, and be to me a father and a priest, and I will give thee yearly ten silver-pieces, and a suit of garments, and thy victuals. And the Levite went in.11 And the Levite was content to dwell with the man; and the young man was to him as one of his sons.12 And Micah consecrated the Levite; and the young man became his priest, and was in the house of Micah.13 Then said Micah, Now I know that Jehovah will do me good, because I have the Levite for priest.
1 Daar was 'n man van die gebergte van Efraim met die naam van Miga.2 Di, het aan sy moeder gesê: die elf honderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u 'n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het -- hier is die geld by my, ,k het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die HERE, my seun!3 En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om 'n gesnede en 'n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.4 Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder twee honderd sikkels silwer en gee dit aan 'n goudsmid; en hy het daar 'n gesnede en 'n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het.5 Die man Miga het naamlik 'n godshuis gehad, en hy het 'n skouerkleed en huisgode gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees.6 In die dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.7 En daar was 'n jongman van Betlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was 'n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het.8 En die man het uit die stad, uit Betlehem-Juda, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van Miga.9 En Miga vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê hy vir hom: Ek is 'n Leviet, uit Betlehem-Juda, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry.10 En Miga sê vir hom: Bly by my, en wees vir my 'n vader en 'n priester, dan sal ek u jaarliks tien sikkels silwer gee en 'n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan,11 en die Leviet het ingewillig om by die man te bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns.12 En Miga het die Leviet aangestel, sodat die jongman sy priester geword het, en hy was in die huis van Miga.13 Toe sê Miga: Nou weet ek dat die HERE aan my goed sal doen, omdat ek 'n Leviet as priester het.