1 Who is as the wise? and who knoweth the explanation of things? A man's wisdom maketh his face to shine, and the boldness of his face is changed.2 I {say}, Keep the king's commandment, and {that} on account of the oath of God.3 Be not hasty to go out of his sight; persist not in an evil thing: for he doeth whatever pleaseth him,4 because the word of a king is power; and who may say unto him, What doest thou?5 Whoso keepeth the commandment shall know no evil thing; and a wise man's heart knoweth time and manner.6 For to every purpose there is time and manner. For the misery of man is great upon him;7 for he knoweth not that which shall be; for who can tell him how it shall be?8 There is no man who hath control over the spirit to retain the spirit; and no one hath control over the day of death; and there is no discharge in that war, neither shall wickedness deliver those that are given to it.9 All this have I seen, and applied my heart unto every work that is done under the sun: there is a time when man ruleth man to his hurt.10 And I have also seen the wicked buried and going away; and such as had acted rightly went from {the} holy place, and were forgotten in the city. This also is vanity.11 Because sentence against an evil work is not executed speedily, therefore the heart of the children of men is fully set in them to do evil.12 Though a sinner do evil a hundred times, and prolong his {days}, yet I know that it shall be well with them that fear God, because they fear before him;13 but it shall not be well with the wicked, neither shall he prolong {his} days as a shadow, because he feareth not before God.14 There is a vanity which is done upon the earth; that there are righteous {men} unto whom it happeneth according to the work of the wicked; and there are wicked {men} to whom it happeneth according to the work of the righteous. I said that this also is vanity.15 And I commended mirth, because there is nothing better for man under the sun than to eat, and to drink, and to be merry; for that shall abide with him of his labour the days of his life, which God hath given him under the sun.16 When I applied my heart to know wisdom, and to see the business that is done upon the earth (for also there is that neither day nor night seeth sleep with his eyes),17 then I saw that all {is} the work of God, {and} that man cannot find out the work that is done under the sun: because however man may labour to seek {it} out, yet doth he not find {it}; and even, if a wise {man} think to know {it}, he shall not be able to find {it} out.
1 Wie is soos die wyse, en wie weet die verklaring van die dinge? Die wysheid van 'n mens verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word daardeur verander.2 Ek sê: Neem die bevel van die koning in ag, en wel ter wille van die eed by God.3 Haas jou nie om van hom af weg te gaan nie; laat jou nie in met 'n slegte saak nie, want alles wat hy wil, doen hy.4 Want die woord van die koning is magtig, en wie kan vir hom sê: Wat doen u?5 Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van 'n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe.6 Want vir elke ding is daar 'n tyd en 'n beslissing; want die boosheid van die mens druk swaar op hom.7 Want hy weet nie wat sal wees nie; want hoe dit sal wees -- wie kan hom dit te kenne gee?8 Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die dood nie, en daar is geen vrystelling in die oorlog nie; so sal ook die goddeloosheid hom wat dit begaan, nie red nie.9 Dit alles het ek gesien deurdat ek my hart gerig het op elke werk wat onder die son gedoen word, in 'n tyd waarin die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk.10 So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid.11 Omdat die oordeel oor 'n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen;12 aangesien 'n sondaar honderd maal kwaad doen en hy lank lewe -- alhoewel ek weet dat dit goed sal gaan met die wat God vrees, omdat hulle voor sy aangesig vrees,13 en dit nie goed sal gaan met die goddelose, en hy die dae nie sal verleng soos 'n skaduwee nie, omdat hy voor die aangesig van God nie vrees nie.14 Dit is 'n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.15 Daarom het ek die vreugde geprys, dat daar niks beters is vir die mens onder die son nie as om te eet en te drink en hom te verheug, en dat dit hom mag begelei by sy moeitevolle arbeid gedurende die dae van sy lewe wat God hom gee onder die son.16 Toe ek my hart daarop gerig het om wysheid te leer ken en om te aanskou die dinge wat op die aarde gedoen word -- ja, selfs bedags en snags niemand met sy oë die slaap sien nie --17 het ek gesien al die werk van God, dat die mens die werk wat gedoen word onder die son, nie kan uitvind nie, omdat die mens hom vermoei om te soek en tog niks uitvind nie; ja, al sou die wyse dink dat hy dit verstaan -- hy sal dit nie kan uitvind nie!