Publicidade

Romanos 3

1 What then {is} the superiority of the Jew? or what the profit of circumcision?2 Much every way: and first, indeed, that to them were entrusted the oracles of God.3 For what? if some have not believed, shall their unbelief make the faith of God of none effect?4 Far be the thought: but let God be true, and every man false; according as it is written, So that thou shouldest be justified in thy words, and shouldest overcome when thou art in judgment.5 But if our unrighteousness commend God's righteousness, what shall we say? Is God unrighteous who inflicts wrath? I speak according to man.6 Far be the thought: since how shall God judge the world?7 For if the truth of God, in my lie, has more abounded to his glory, why yet am *I* also judged as a sinner?8 and not, according as we are injuriously charged, and according as some affirm that we say, Let us practise evil things, that good ones may come? whose judgment is just.9 What then? are we better? No, in no wise: for we have before charged both Jews and Greeks with being all under sin:10 according as it is written, There is not a righteous {man}, not even one;11 there is not the {man} that understands, there is not one that seeks after God.12 All have gone out of the way, they have together become unprofitable; there is not one that practises goodness, there is not so much as one:13 their throat is an open sepulchre; with their tongues they have used deceit; asps' poison {is} under their lips:14 whose mouth is full of cursing and bitterness;15 swift their feet to shed blood;16 ruin and misery {are} in their ways,17 and way of peace they have not known:18 there is no fear of God before their eyes.19 Now we know that whatever the things the law says, it speaks to those under the law, that every mouth may be stopped, and all the world be under judgment to God.20 Wherefore by works of law no flesh shall be justified before him; for by law {is} knowledge of sin.21 But now without law righteousness of God is manifested, borne witness to by the law and the prophets;22 righteousness of God by faith of Jesus Christ towards all, and upon all those who believe: for there is no difference;23 for all have sinned, and come short of the glory of God;24 being justified freely by his grace through the redemption which {is} in Christ Jesus;25 whom God has set forth a mercy-seat, through faith in his blood, for {the} shewing forth of his righteousness, in respect of the passing by the sins that had taken place before, through the forbearance of God;26 for {the} shewing forth of his righteousness in the present time, so that he should be just, and justify him that is of {the} faith of Jesus.27 Where then {is} boasting? It has been excluded. By what law? of works? Nay, but by law of faith;28 for we reckon that a man is justified by faith, without works of law.29 Is {God} the God of Jews only? is he not of {the} nations also? Yea, of nations also:30 since indeed {it is} one God who shall justify {the} circumcision on the principle of faith, and uncircumcision by faith.31 Do we then make void law by faith? Far be the thought: {no,} but we establish law.

1 Wat is dan die voordeel van die Jood? Of wat is die nut van die besnydenis?2 Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dat aan hulle die woorde van God toevertrou is.3 Want wat maak dit as sommige ontrou geword het? Sal hulle ontrou miskien die getrouheid van God vernietig?4 Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.5 Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie? Ek spreek menslikerwys.6 Nee, stellig nie! Want hoe sal God anders die wêreld oordeel?7 Maar as die waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel?8 En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.9 Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is,10 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.11 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.12 Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.13 Hulle keel is 'n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe.14 Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.15 Haastig is hulle voete om bloed te vergiet.16 Verwoesting en ellende is in hulle paaie,17 en die weg van vrede ken hulle nie.18 Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.19 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees;20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.21 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,22 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie;23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.25 Hom het God voorgestel in sy bloed as 'n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God26 om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.27 Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof.28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.29 Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene,30 aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.31 Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.

Veja também

Publicidade
Romanos
Ver todos os capítulos de Romanos
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-