1 Paul, apostle, not from men nor through man, but through Jesus Christ, and God {the} Father who raised him from among {the} dead,2 and all the brethren with me, to the assemblies of Galatia.3 Grace to you, and peace, from God {the} Father, and our Lord Jesus Christ,4 who gave himself for our sins, so that he should deliver us out of the present evil world, according to the will of our God and Father;5 to whom {be} glory to the ages of ages. Amen.6 I wonder that ye thus quickly change, from him that called you in Christ's grace, to a different gospel,7 which is not another {one}; but there are some that trouble you, and desire to pervert the glad tidings of the Christ.8 But if even *we* or an angel out of heaven announce as glad tidings to you {anything} besides what we have announced as glad tidings to you, let him be accursed.9 As we have said before, now also again I say, If any one announce to you as glad tidings {anything} besides what ye have received, let him be accursed.10 For do I now seek to satisfy men or God? or do I seek to please men? If I were yet pleasing men, I were not Christ's bondman.11 But I let you know, brethren, {as to} the glad tidings which were announced by me, that they are not according to man.12 For neither did I receive them from man, neither was I taught {them}, but by revelation of Jesus Christ.13 For ye have heard {what was} my conversation formerly in Judaism, that I excessively persecuted the assembly of God, and ravaged it;14 and advanced in Judaism beyond many {my} contemporaries in my nation, being exceedingly zealous of the doctrines of my fathers.15 But when God, who set me apart {even} from my mother's womb, and called {me} by his grace,16 was pleased to reveal his Son in me, that I may announce him as glad tidings among the nations, immediately I took not counsel with flesh and blood,17 nor went I up to Jerusalem to those {who were} apostles before me; but I went to Arabia, and again returned to Damascus.18 Then after three years I went up to Jerusalem to make acquaintance with Peter, and I remained with him fifteen days;19 but I saw none other of the apostles, but James the brother of the Lord.20 Now what I write to you, behold, before God, I do not lie.21 Then I came into the regions of Syria and Cilicia.22 But I was unknown personally to the assemblies of Judaea which {are} in Christ;23 only they were hearing that he who persecuted us formerly now announces the glad tidings of the faith which formerly he ravaged:24 and they glorified God in me.
1 Paulus, 'n apostel nie vanweë mense of deur 'n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het,2 en al die broeders wat by my is -- aan die gemeentes van Gal sië:3 Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,4 wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,5 aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen.6 Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na 'n ander evangelie toe,7 terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.8 Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom 'n vervloeking wees!9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Christus wees nie.11 Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.12 Want ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar deur 'n openbaring van Jesus Christus.13 Want julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van God uitermate vervolg en dit verwoes het;14 en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote, terwyl ek veral 'n yweraar was vir die oorleweringe van my voorvaders.15 Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,17 en ook nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor my apostels was nie, maar na Arabië vertrek en weer teruggekom na Damaskus.18 Vervolgens, drie jaar daarna, het ek na Jerusalem opgegaan om met Petrus kennis te maak en vyftien dae by hom gebly;19 en ek het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here.20 En wat ek julle skryf -- voor die aangesig van God, ek lieg nie!21 Daarna het ek gekom in die streke van S¡rië en Cil¡cië;22 en ek was persoonlik onbekend by die Christelike gemeentes van Jud,a;23 hulle het net gehoor: hy wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër besig was om uit te roei.24 En hulle het God verheerlik in my.