1 Christ has set us free in freedom; stand fast therefore, and be not held again in a yoke of bondage.2 Behold, I, Paul, say to you, that if ye are circumcised, Christ shall profit you nothing.3 And I witness again to every man {who is} circumcised, that he is debtor to do the whole law.4 Ye are deprived of all profit from the Christ as separated {from him}, as many as are justified by law; ye have fallen from grace.5 For we, by {the} Spirit, on the principle of faith, await the hope of righteousness.6 For in Christ Jesus neither circumcision has any force, nor uncircumcision; but faith working through love.7 Ye ran well; who has stopped you that ye should not obey the truth?8 The persuasibleness {is} not of him that calls you.9 A little leaven leavens the whole lump.10 *I* have confidence as to you in {the} Lord, that ye will have no other mind; and he that is troubling you shall bear the guilt {of it}, whosoever he may be.11 But *I*, brethren, if I yet preach circumcision, why am I yet persecuted? Then the scandal of the cross has been done away.12 I would that they would even cut themselves off who throw you into confusion.13 For *ye* have been called to liberty, brethren; only {do} not {turn} liberty into an opportunity to the flesh, but by love serve one another.14 For the whole law is fulfilled in one word, in Thou shalt love thy neighbour as thyself;15 but if ye bite and devour one another, see that ye are not consumed one of another.16 But I say, Walk in {the} Spirit, and ye shall no way fulfil flesh's lust.17 For the flesh lusts against the Spirit, and the Spirit against the flesh: and these things are opposed one to the other, that ye should not do those things which ye desire;18 but if ye are led by the Spirit, ye are not under law.19 Now the works of the flesh are manifest, which are fornication, uncleanness, licentiousness,20 idolatry, sorcery, hatred, strifes, jealousies, angers, contentions, disputes, schools of opinion,21 envyings, murders, drunkennesses, revels, and things like these; as to which I tell you beforehand, even as I also have said before, that they who do such things shall not inherit God's kingdom.22 But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, long-suffering, kindness, goodness, fidelity,23 meekness, self-control: against such things there is no law.24 But they that {are} of the Christ have crucified the flesh with the passions and the lusts.25 If we live by the Spirit, let us walk also by the Spirit.26 Let us not become vain-glorious, provoking one another, envying one another.
1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.5 Want ons verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.6 Want in Christus Jesus het n•g die besnydenis n•g die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.7 Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees?8 Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie.9 'n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.10 Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.11 Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig!12 Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!13 Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.14 Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.15 Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.18 Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.23 Teen sulke dinge is die wet nie.24 Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.