1 Wherefore, leaving the word of the beginning of the Christ, let us go on {to what belongs} to full growth, not laying again a foundation of repentance from dead works and faith in God,2 of {the} doctrine of washings, and of imposition of hands, and of resurrection of {the} dead, and of eternal judgment;3 and this will we do if God permit.4 For it is impossible to renew again to repentance those once enlightened, and who have tasted of the heavenly gift, and have been made partakers of {the} Holy Spirit,5 and have tasted the good word of God, and {the} works of power of {the} age to come,6 and have fallen away, crucifying for themselves {as they do} the Son of God, and making a show of {him}.7 For ground which drinks the rain which comes often upon it, and produces useful herbs for those for whose sakes also it is tilled, partakes of blessing from God;8 but bringing forth thorns and briars, it is found worthless and nigh to a curse, whose end {is} to be burned.9 But we are persuaded concerning you, beloved, better things, and connected with salvation, even if we speak thus.10 For God {is} not unrighteous to forget your work, and the love which ye have shewn to his name, having ministered to the saints, and {still} ministering.11 But we desire earnestly that each one of you shew the same diligence to the full assurance of hope unto the end;12 that ye be not sluggish, but imitators of those who through faith and patience have been inheritors of the promises.13 For God, having promised to Abraham, since he had no greater to swear by, swore by himself,14 saying, Surely blessing I will bless thee, and multiplying I will multiply thee;15 and thus, having had long patience, he got the promise.16 For men indeed swear by a greater, and with them the oath is a term to all dispute, as making matters sure.17 Wherein God, willing to shew more abundantly to the heirs of the promise the unchangeableness of his purpose, intervened by an oath,18 that by two unchangeable things, in which {it was} impossible that God should lie, we might have a strong encouragement, who have fled for refuge to lay hold on the hope set before us,19 which we have as anchor of the soul, both secure and firm, and entering into that within the veil,20 where Jesus is entered as forerunner for us, become for ever a high priest according to the order of Melchisedec.
1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,2 van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.3 En dit sal ons doen as God dit toelaat.4 Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,6 en afvallig geword het -- om die weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.7 Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God.8 Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking -- die einde daarvan is verbranding.9 Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat saamhang met die saligheid, al spreek ons ook so.10 Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.11 Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe;12 sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.13 Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer14 en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder.15 En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.16 Want mense sweer by een wat meer is, en die eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak.17 Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met 'n eed gewaarborg;18 sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê;19 en ons het dit as 'n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel20 waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgis,dek 'n hoëpriester geword het vir ewig.