1 Let *us* also therefore, having so great a cloud of witnesses surrounding us, laying aside every weight, and sin which so easily entangles us, run with endurance the race that lies before us,2 looking stedfastly on Jesus the leader and completer of faith: who, in view of the joy lying before him, endured {the} cross, having despised {the} shame, and is set down at the right hand of the throne of God.3 For consider well him who endured so great contradiction from sinners against himself, that ye be not weary, fainting in your minds.4 Ye have not yet resisted unto blood, wrestling against sin.5 And ye have quite forgotten the exhortation which speaks to you as to sons: My son, despise not {the} chastening of {the} Lord, nor faint {when} reproved by him;6 for whom {the} Lord loves he chastens, and scourges every son whom he receives.7 Ye endure for chastening, God conducts himself towards you as towards sons; for who is the son that the father chastens not?8 But if ye are without chastening, of which all have been made partakers, then are ye bastards, and not sons.9 Moreover we have had the fathers of our flesh as chasteners, and we reverenced {them}; shall we not much rather be in subjection to the Father of spirits, and live?10 For they indeed chastened for a few days, as seemed good to them; but he for profit, in order to the partaking of his holiness.11 But no chastening at the time seems to be {matter} of joy, but of grief; but afterwards yields {the} peaceful fruit of righteousness to those exercised by it.12 Wherefore lift up the hands that hang down, and the failing knees;13 and make straight paths for your feet, that that which is lame be not turned aside; but that rather it may be healed.14 Pursue peace with all, and holiness, without which no one shall see the Lord:15 watching lest {there be} any one who lacks the grace of God; lest any root of bitterness springing up trouble {you}, and many be defiled by it;16 lest {there be} any fornicator, or profane person, as Esau, who for one meal sold his birthright;17 for ye know that also afterwards, desiring to inherit the blessing, he was rejected, (for he found no place for repentance) although he sought it earnestly with tears.18 For ye have not come to {the mount} that might be touched and was all on fire, and to obscurity, and darkness, and tempest,19 and trumpet's sound, and voice of words; which they that heard, excusing themselves, declined {the} word being addressed to them any more:20 (for they were not able to bear what was enjoined: And if a beast should touch the mountain, it shall be stoned;21 and, so fearful was the sight, Moses said, I am exceedingly afraid and full of trembling;)22 but ye have come to mount Zion; and to {the} city of {the} living God, heavenly Jerusalem; and to myriads of angels,23 the universal gathering; and to {the} assembly of the firstborn {who are} registered in heaven; and to God, judge of all; and to {the} spirits of just {men} made perfect;24 and to Jesus, mediator of a new covenant; and to {the} blood of sprinkling, speaking better than Abel.25 See that ye refuse not him that speaks. For if those did not escape who had refused him who uttered the oracles on earth, much more we who turn away from him {who does so} from heaven:26 whose voice then shook the earth; but now he has promised, saying, Yet once will *I* shake not only the earth, but also the heaven.27 But this Yet once, signifies the removing of what is shaken, as being made, that what is not shaken may remain.28 Wherefore let us, receiving a kingdom not to be shaken, have grace, by which let us serve God acceptably with reverence and fear.29 For also our God {is} a consuming fire.
1 Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.3 Want julle moet ag gee op Hom wat so 'n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.4 Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.5 En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.9 Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?10 Want hulle het ons wel 'n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.11 Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.12 Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;13 en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;15 en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.16 Laat niemand 'n hoereerder wees nie, of 'n onheilige soos Esau, wat vir ,,n spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het.17 Want julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer.18 Want julle het nie gekom by 'n tasbare berg nie en 'n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm19 en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie --20 want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as 'n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met 'n pyl neergeskiet word.21 En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.22 Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,23 by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges,24 en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.25 Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as hulle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde 'n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder ons wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek.26 Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe.27 En hierdie woord: nog. een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly.28 Daarom, omdat ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.29 Want onse God is 'n verterende vuur.