1 The first therefore also indeed had ordinances of service, and the sanctuary, a worldly one.2 For a tabernacle was set up; the first, in which {were} both the candlestick and the table and the exposition of the loaves, which is called Holy;3 but after the second veil a tabernacle which is called Holy of holies,4 having a golden censer, and the ark of the covenant, covered round in every part with gold, in which {were} the golden pot that had the manna, and the rod of Aaron that had sprouted, and the tables of the covenant;5 and above over it the cherubim of glory shadowing the mercy-seat; concerning which it is not now {the time} to speak in detail.6 Now these things being thus ordered, into the first tabernacle the priests enter at all times, accomplishing the services;7 but into the second, the high priest only, once a year, not without blood, which he offers for himself and for the errors of the people:8 the Holy Spirit shewing this, that the way of the {holy of} holies has not yet been made manifest while as yet the first tabernacle has {its} standing;9 the which {is} an image for the present time, according to which both gifts and sacrifices, unable to perfect as to conscience him that worshipped, are offered,10 {consisting} only of meats and drinks and divers washings, ordinances of flesh, imposed until {the} time of setting things right.11 But Christ being come high priest of the good things to come, by the better and more perfect tabernacle not made with hand, (that is, not of this creation,)12 nor by blood of goats and calves, but by his own blood, has entered in once for all into the {holy of} holies, having found an eternal redemption.13 For if the blood of goats and bulls, and a heifer's ashes sprinkling the defiled, sanctifies for the purity of the flesh,14 how much rather shall the blood of the Christ, who by the eternal Spirit offered himself spotless to God, purify your conscience from dead works to worship {the} living God?15 And for this reason he is mediator of a new covenant, so that, death having taken place for redemption of the transgressions under the first covenant, the called might receive the promise of the eternal inheritance.16 (For where {there is} a testament, the death of the testator must needs come in.17 For a testament {is} of force when men are dead, since it is in no way of force while the testator is alive.)18 Whence neither the first was inaugurated without blood.19 For every commandment having been spoken according to {the} law by Moses to all the people; having taken the blood of calves and goats, with water and scarlet wool and hyssop, he sprinkled both the book itself and all the people,20 saying, This {is} the blood of the covenant which God has enjoined to you.21 And the tabernacle too and all the vessels of service he sprinkled in like manner with blood;22 and almost all things are purified with blood according to the law, and without blood-shedding there is no remission.23 {It was} necessary then that the figurative representations of the things in the heavens should be purified with these; but the heavenly things themselves with sacrifices better than these.24 For the Christ is not entered into holy places made with hand, figures of the true, but into heaven itself, now to appear before the face of God for us:25 nor in order that he should offer himself often, as the high priest enters into the holy places every year with blood not his own;26 since he had {then} been obliged often to suffer from the foundation of the world. But now once in the consummation of the ages he has been manifested for {the} putting away of sin by his sacrifice.27 And forasmuch as it is the portion of men once to die, and after this judgment;28 thus the Christ also, having been once offered to bear the sins of many, shall appear to those that look for him the second time without sin for salvation.
1 So het dan die eerste verbond sowel verordeninge vir die erediens asook sy aardse heiligdom gehad.2 Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word;3 en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste,4 waarin 'n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van A„ron wat gebloei het, en die tafels van die verbond;5 en daar bo-op die g,rubs van die heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het, waaroor nie nou afsonderlik gespreek kan word nie.6 En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul,7 maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan --8 waarmee die Heilige Gees d¡t duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie.9 Dit was 'n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie,10 omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling.11 Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie,12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en 'n ewige verlossing teweeggebring.13 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees,14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.15 En daarom is Hy Middelaar van 'n nuwe testament, sodat, terwyl daar 'n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.16 Want waar 'n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word;17 want 'n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie.18 Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie;19 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel20 en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het.21 En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel.22 En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.23 Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie.24 Want Christus het nie ingegaan in 'n heiligdom met hande gemaak, 'n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn;25 ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie,26 want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen.27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,28 so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.