Publicidade

Isaías 51

1 Hearken unto me, ye that follow after righteousness, ye that seek Jehovah: look unto the rock {whence} ye were hewn, and to the hole of the pit {whence} ye were digged.2 Look unto Abraham your father, and unto Sarah that bore you; for I called him when he was alone, and blessed him, and multiplied him.3 For Jehovah shall comfort Zion, he shall comfort all her waste places; and he will make her wilderness like Eden, and her desert like the garden of Jehovah: gladness and joy shall be found therein, thanksgiving, and the voice of song.4 Listen unto me, my people; and give ear unto me, my nation: for a law shall proceed from me, and I will establish my judgment for a light of the peoples.5 My righteousness is near, my salvation is gone forth, and mine arms shall judge the peoples: the isles shall wait for me, and in mine arm shall they trust.6 Lift up your eyes to the heavens, and look on the earth beneath: for the heavens shall vanish away like smoke, and the earth shall grow old like a garment, and they that dwell therein shall die in like manner; but my salvation shall be for ever, and my righteousness shall not be abolished.7 Hearken unto me, ye that know righteousness, the people in whose heart is my law; fear not the reproach of men, and be not afraid of their revilings.8 For the moth shall eat them up like a garment, and the worm shall eat them like wool; but my righteousness shall be for ever, and my salvation from generation to generation.9 Awake, awake, put on strength, O arm of Jehovah; awake, as in the days of old, {as in} the generations of passed ages. Is it not thou that hath hewn Rahab in pieces, {and} pierced the monster?10 Is it not thou that dried up the sea, the waters of the great deep; that made the depths of the sea a way for the redeemed to pass over?11 So the ransomed of Jehovah shall return, and come to Zion with singing; and everlasting joy shall be upon their heads: they shall obtain gladness and joy; sorrow and sighing shall flee away.12 I, {even} I, am he that comforteth you: who art thou, that thou fearest a man that shall die, and the son of man that shall become as grass;13 and forgettest Jehovah thy Maker, who hath stretched out the heavens, and laid the foundations of the earth; and thou art afraid continually all the day because of the fury of the oppressor, when he prepareth to destroy? And where is the fury of the oppressor?14 He that is bowed down shall speedily be loosed, and he shall not die in the pit, nor shall his bread fail.15 And I am Jehovah thy God, who raiseth the sea, so that its waves roar: Jehovah of hosts is his name.16 And I have put my words in thy mouth, and covered thee with the shadow of my hand, to plant the heavens, and to lay the foundations of the earth, and to say unto Zion, Thou art my people.17 Arouse thyself, arouse thyself, stand up, Jerusalem, which hast drunk at the hand of Jehovah the cup of his fury. Thou hast drunk, hast drained out the goblet-cup of bewilderment:18 -there is none to guide her among all the children that she hath brought forth; neither is there any to take her by the hand of all the children that she hath brought up.19 These two {things} are come unto thee; who will bemoan thee? -desolation and destruction, and famine and sword: how shall I comfort thee?20 Thy children have fainted, they lie at the head of all the streets, as an oryx in a net: they are full of the fury of Jehovah, the rebuke of thy God.21 Therefore hear now this, thou afflicted, and drunken, but not with wine:22 thus saith thy Lord, Jehovah, and thy God, who pleadeth the cause of his people, Behold, I take out of thy hand the cup of bewilderment, the goblet-cup of my fury; thou shalt no more drink it again:23 and I will put it into the hand of them that afflict thee; who have said to thy soul, Bow down, that we may go over; and thou hast laid thy body as the ground, and as the street to them that went over.

1 Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.2 Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseënen hom vermenigvuldig.3 Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.4 Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want 'n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as 'n lig van die volke.5 My oorwinning is naby, my heil trek uit en my arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop.6 Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos 'n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie.7 Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie;8 want die mot sal hulle opeet soos 'n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag.9 Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die HERE! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie?10 Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see 'n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie?11 So sal dan die losgekooptes van die HERE teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg.12 Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? --13 dat jy vergeet die HERE wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker?14 Die in boeie gekromde word gou losgelaat en sal nie sterwend in die kuil neerdaal nie, en sy brood sal nie ontbreek nie.15 Maar Ek is die HERE jou God wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis; HERE van die leërskare is sy Naam!16 En Ek het my woorde in jou mond gelê en in die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê: My volk is jy!17 Ontwaak, ontwaak, staan op, Jerusalem, jy wat uit die hand van die HERE die beker van sy grimmigheid gedrink het; die kelk van bedwelming het jy uitgedrink, uitgesuig.18 Nie een van al die seuns wat sy gebaar het, het haar gelei nie; en nie een van al die seuns wat sy grootgemaak het, het haar aan die hand gegryp nie.19 Hierdie twee dinge het jou oorgekom -- wie het medelyde met jou? -- verwoesting en verbreking, hongersnood en swaard. Hoe sou ek jou kan troos?20 Jou kinders het onmagtig gelê by al die straathoeke soos 'n eland in 'n vangkuil, vol van die grimmigheid van die HERE, van die dreiging van jou God.21 Daarom, hoor tog dit, ellendige, en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie!22 So sê jou Here, die HERE, en jou God wat die saak van sy volk verdedig: Kyk, Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand, die kelk van my grimmigheid; jy sal dit verder nie meer drink nie.23 Maar Ek sal dit in die hand gee van die wat jou droefheid aandoen, wat vir jou gesê het: Buig, dat ons oor kan gaan; en jy moes jou rug maak soos die grond en soos 'n straat vir die wat daaroor gaan.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-