Publicidade

Isaías 11

1 And there shall come forth a shoot out of the stock of Jesse, and a branch out of his roots shall be fruitful;2 and the Spirit of Jehovah shall rest upon him, the spirit of wisdom and understanding, the spirit of counsel and might, the spirit of knowledge and of the fear of Jehovah.3 And his delight will be in the fear of Jehovah; and he shall not judge after the sight of his eyes, neither reprove after the hearing of his ears;4 but with righteousness shall he judge the poor, and reprove with equity the meek of the earth: and he shall smite the earth with the rod of his mouth, and with the breath of his lips shall he slay the wicked.5 And righteousness shall be the girdle of his reins, and faithfulness the girdle of his loins.6 The wolf also shall dwell with the lamb, and the leopard shall lie down with the kid, and the calf and the young lion and the fatted beast together, and a little child shall lead them.7 And the cow and the she-bear shall feed; their young ones shall lie down together; and the lion shall eat straw like the ox.8 And the sucking child shall play on the hole of the adder, and the weaned child shall put forth its hand to the viper's den.9 They shall not hurt nor destroy in all my holy mountain; for the earth shall be full of the knowledge of Jehovah, as the waters cover the sea.10 And in that day there shall be a root of Jesse, standing as a banner of the peoples: the nations shall seek it; and his resting-place shall be glory.11 And it shall come to pass in that day, {that} the Lord shall set his hand again the second time to acquire the remnant of his people which shall be left, from Assyria, and from Egypt, and from Pathros, and from Cush, and from Elam, and from Shinar, and from Hamath, and from the islands of the sea.12 And he shall lift up a banner to the nations, and shall assemble the outcasts of Israel, and gather together the dispersed of Judah from the four corners of the earth.13 And the envy of Ephraim shall depart, and the troublers of Judah shall be cut off; Ephraim will not envy Judah, and Judah will not trouble Ephraim:14 but they shall fly upon the shoulder of the Philistines towards the west; together shall they spoil the sons of the east; they shall lay their hand upon Edom and Moab, and the children of Ammon shall obey them.15 And Jehovah will utterly destroy the tongue of the Egyptian sea; and with his mighty wind will he shake his hand over the river, and will smite it into seven streams, and make {men} go over dryshod.16 And there shall be a highway for the remnant of his people which will be left, from Assyria; like as it was to Israel in the day when he went up out of the land of Egypt.

1 Maar daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra;2 en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.3 En Hy het 'n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie;4 maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.5 En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees.6 Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en 'n klein seuntjie sal hulle aanja.7 Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os;8 en die suigling speel by die gat van 'n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van 'n basilisk.9 Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.10 En in die dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as 'n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees.11 En in die dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en S¡near en Hamat en uit die kuslande van die see;12 en Hy sal 'n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.13 Dan sal die naywer van Efraim verdwyn, en die teëstanders van Juda sal uitgeroei word; Efraim sal Juda nie beny nie, en Juda sal Efraim nie benoud maak nie.14 Maar hulle sal die Filistyne op die skouer vlieg teen die weste en saam die kinders van die Ooste plunder; Edom en Moab is die buit van hulle hand, en die kinders van Ammon is hulle onderdanig.15 En die HERE sal die seetong van Egipte met die banvloek tref en deur sy gloeiende wind sy hand oor die Eufraat swaai en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat 'n mens met skoene daardeur kan loop.16 En daar sal 'n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-