Publicidade

Isaías 26

1 In that day shall this song be sung in the land of Judah: We have a strong city; salvation doth he appoint for walls and bulwarks.2 Open ye the gates, and the righteous nation which keepeth faithfulness shall enter in.3 Thou wilt keep in perfect peace the mind stayed {on thee}, for he confideth in thee.4 Confide ye in Jehovah for ever; for in Jah, Jehovah, is the rock of ages.5 For he bringeth down them that dwell on high; the lofty city, he layeth it low, he layeth it low to the ground, he bringeth it even to the dust.6 The foot shall tread it down, -the feet of the afflicted, the steps of the poor.7 The way of the just is uprightness: thou, the Upright, dost make the path of the just even.8 Yea, in the way of thy judgments, O Jehovah, have we waited for thee; the desire of {our} soul is to thy name, and to thy memorial.9 With my soul have I desired thee in the night; yea, with my spirit within me I seek thee early: for when thy judgments are in the earth, the inhabitants of the world learn righteousness.10 If favour be shewn to the wicked, he doth not learn righteousness: in the land of uprightness he dealeth unjustly, and beholdeth not the majesty of Jehovah.11 Jehovah, thy hand is lifted up, but they do not see: {yet} they shall see {thy} jealousy {for} the people, and be ashamed; yea, the fire which is for thine adversaries shall devour them.12 Jehovah, thou wilt ordain peace for us; for thou also hast wrought all our works for us.13 Jehovah our God, other lords than thee have had dominion over us; by thee only will we make mention of thy name.14 {They are} dead, they shall not live; deceased, they shall not rise: for thou hast visited and destroyed them, and made all memory of them to perish.15 Thou hast increased the nation, Jehovah, thou hast increased the nation: thou art glorified. Thou hadst removed {it} far {unto} all the ends of the earth.16 Jehovah, in trouble they sought thee; they poured out {their} whispered prayer when thy chastening was upon them.17 As a woman with child, that draweth near her delivery, is in travail, {and} crieth out in her pangs; so have we been before thee, Jehovah.18 We have been with child, we have been in travail, we have as it were brought forth wind; we have not wrought the deliverance of the land, neither have the inhabitants of the world fallen.19 Thy dead shall live, my dead bodies shall arise. Awake and sing in triumph, ye that dwell in dust; for thy dew is the dew of the morning, and the earth shall cast forth the dead.20 Come, my people, enter into thy chambers, and shut thy doors about thee; hide thyself just for a little moment, until the indignation be past.21 For behold, Jehovah cometh out of his place to visit the iniquity of the inhabitants of the earth upon them; and the earth shall disclose her blood, and shall no more cover her slain.

1 In die dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: 'n Sterk stad het ons; God stel heil tot mure en skanse.2 Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar!3 U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.4 Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots.5 Want Hy het die bewoners van die hoogte neergewerp, die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond, dit laat kom tot in die stof.6 Die voet vertrap dit, die voete van die ellendige, die voetstappe van die armes.7 Die pad van die regverdige is gelyk; U maak die spoor van die regverdige gelyk.8 Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.10 Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in 'n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie.11 HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.12 HERE, U sal vir ons vrede beskik, want U het ook al ons werk vir ons volbring.13 HERE, onse God, ander here buiten U het oor ons geheers, maar deur U alleen prys ons u Naam.14 Dooie mense herlewe nie, skimme staan nie op nie; daarom het U hulle besoek en verdelg en alle gedagtenis aan hulle laat vergaan.15 U het, o HERE, die nasie vermeerder; U het die nasie vermeerder, Uself verheerlik; U het al die grense van die land uitgebrei.16 HERE, in benoudheid het hulle U gesoek; hulle het stille gebede uitgegiet toe u tugtiging hulle getref het.17 Soos 'n bevrugte vrou wat naby die tyd kom dat sy moet baar, inmekaar krimp, skreeu in haar weë, so was ons vanweë u aangesig, o HERE!18 Ons was swanger, het weë gehad -- dit was asof ons wind gebaar het; ons het die land geen redding aangebring nie, en daar is geen wêreldbewoners gebore nie.19 U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is 'n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.20 Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir 'n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan.21 Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-