Publicidade

Atos 28

1 And when we got safe {to land} we then knew that the island was called Melita.2 But the barbarians shewed us no common kindness; for, having kindled a fire, they took us all in because of the rain that was falling and because of the cold.3 And Paul having gathered a {certain} quantity of sticks together in a bundle and laid {it} on the fire, a viper coming out from the heat seized his hand.4 And when the barbarians saw the beast hanging from his hand, they said to one another, This man is certainly a murderer, whom, {though} saved out of the sea, Nemesis has not allowed to live.5 *He* however, having shaken off the beast into the fire, felt no harm.6 But *they* expected that he would have swollen or fallen down suddenly dead. But when they had expected a long time and saw nothing unusual happen to him, changing their opinion, they said he was a god.7 Now in the country surrounding that place were the lands belonging to the chief man of the island, by name Publius, who received us and gave {us} hospitality three days in a very friendly way.8 And it happened that the father of Publius lay ill of fever and dysentery; to whom Paul entered in, and having prayed and laid his hands on him cured him.9 But this having taken place, the rest also who had sicknesses in the island came and were healed:10 who also honoured us with many honours, and on our leaving they made presents to us of what should minister to our wants.11 And after three months we sailed in a ship which had wintered in the island, an Alexandrian, with {the} Dioscuri for its ensign.12 And having come to Syracuse we remained three days.13 Whence, going in a circuitous course, we arrived at Rhegium; and after one day, the wind having changed to south, on the second day we came to Puteoli,14 where, having found brethren, we were begged to stay with them seven days. And thus we went to Rome.15 And thence the brethren, having heard about us, came to meet us as far as Appii Forum and Tres Tabernae, whom when Paul saw, he thanked God and took courage.16 And when we came to Rome, {the centurion delivered up the prisoners to the praetorian prefect, but} Paul was allowed to remain by himself with the soldier who kept him.17 And it came to pass after three days, that he called together those who were the chief of the Jews; and when they had come together he said to them, Brethren, *I* having done nothing against the people or the customs of our forefathers, have been delivered a prisoner from Jerusalem into the hands of the Romans,18 who having examined me were minded to let me go, because there was nothing worthy of death in me.19 But the Jews speaking against it, I was compelled to appeal to Caesar, not as having anything to accuse my nation of.20 For this cause therefore I have called you to {me} to see and to speak to you; for on account of the hope of Israel I have this chain about me.21 And they said to him, For our part, we have neither received letters from Judaea concerning thee, nor has any one of the brethren who has arrived reported or said anything evil concerning thee.22 But we beg to hear of thee what thou thinkest, for as concerning this sect it is known to us that it is everywhere spoken against.23 And having appointed him a day many came to him to the lodging, to whom he expounded, testifying of the kingdom of God, and persuading them concerning Jesus, both from the law of Moses and the prophets, from early morning to evening.24 And some were persuaded of the things which were said, but some disbelieved.25 And being disagreed among themselves they left; Paul having spoken one word, Well spoke the Holy Spirit through Esaias the prophet to our fathers,26 saying, Go to this people, and say, Hearing ye shall hear and not understand, and seeing ye shall see and not perceive.27 For the heart of this people has become fat, and they hear heavily with their ears, and they have closed their eyes; lest they should see with their eyes, and hear with their ears, and understand with their heart, and be converted, and I should heal them.28 Be it known to you therefore, that this salvation of God has been sent to the nations; *they* also will hear {it}.29 {And he having said this, the Jews went away, having great reasoning among themselves.}30 And he remained two whole years in his own hired lodging, and received all who came to him,31 preaching the kingdom of God, and teaching the things concerning the Lord Jesus Christ, with all freedom unhinderedly.

1 En eers toe ons gered was, het ons te wete gekom dat die eiland Mel¡te genoem word.2 En die inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het 'n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue.3 En Paulus het 'n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en 'n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.4 En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: Hierdie man is beslis 'n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered.5 Maar hy het die dier in die vuur afgeskud en geen kwaad gely nie.6 En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy 'n god was.7 Nou het die hoof van die eiland, wie se naam Publius was, in die omgewing van daardie plek 'n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik geherberg.8 En die vader van Publius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.9 En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees.10 En hulle het ons ook baie eerbewyse betoon, en toe ons sou afvaar, ons van die nodige voorsien.11 En n drie maande het ons afgevaar in 'n skip van Alexandr¡ë met die skeepsmerk Castor en Pollux, wat op die eiland oorwinter het.12 En ons het by Sirakuse gekom en daar drie dae gebly.13 Daarvandaan het ons omgeseil en by R,gium aangekom en een dag later het die suidewind opgekom, en op die tweede het ons Put,oli bereik,14 waar ons broeders gevind het wat ons gevra het om sewe dae by hulle te bly; en so het ons na Rome gegaan.15 En die broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons daarvandaan tegemoetgekom tot by die Appius-mark en die Drie Herberge; en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed gevat.16 En nadat ons in Rome gekom het, het die hoofman oor honderd die gevangenes oorgelewer aan die bevelhebber van die leër. Maar aan Paulus is dit vergun om op sy eie te woon met die soldaat wat hom moes oppas.17 En n drie dae het Paulus die vernaamste Jode saamgeroep en, nadat hulle vergader het, vir hulle gesê: Broeders, alhoewel ek niks gedoen het teen die volk of die voorvaderlike sedes nie, is ek uit Jerusalem as gevangene oorgelewer in die hande van die Romeine.18 Hulle het my ondersoek en wou my loslaat, omdat daar in my niks was wat die dood verdien nie.19 Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om my op die keiser te beroep, nie asof ek iets het om my volk van te beskuldig nie.20 Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is.21 En hulle het vir hom gesê: Ons het geen briewe oor u van Jud,a ontvang nie; ook het niemand van die broeders hier aangekom en iets slegs van u berig of gepraat nie.22 Maar ons verlang om van u te hoor wat u dink; want wat hierdie sekte betref, is dit ons bekend dat oral daarteen gespreek word.23 En hulle het vir hom 'n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in 'n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus.24 En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly.25 En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek26 en gesê: Gaan na hierdie volk en sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.27 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.28 Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.29 En toe hy dit gesê het, het die Jode, onder groot woordestryd met mekaar, weggegaan.30 En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het,31 terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-