Publicidade

Atos 4

1 And as they were speaking to the people, the priests and captain of the temple and the Sadducees came upon them,2 being distressed on account of their teaching the people and preaching by Jesus the resurrection from among {the} dead;3 and they laid hands on them, and put them in ward till the morrow; for it was already evening.4 But many of those who had heard the word believed; and the number of the men had become {about} five thousand.5 And it came to pass on the morrow that their rulers and elders and scribes were gathered together at Jerusalem,6 and Annas the high priest, and Caiaphas, and John, and Alexander, and as many as were of {the} high priestly family;7 and having placed them in the midst they inquired, In what power or in what name have *ye* done this?8 Then Peter, filled with {the} Holy Spirit, said to them, Rulers of the people and elders {of Israel},9 if *we* this day are called upon to answer as to the good deed {done} to the infirm man, how *he* has been healed,10 be it known to you all, and to all the people of Israel, that in the name of Jesus Christ the Nazaraean, whom *ye* have crucified, whom God has raised from among {the} dead, by *him* this {man} stands here before you sound {in body}.11 *He* is the stone which has been set at nought by you the builders, which is become the corner stone.12 And salvation is in none other, for neither is there another name under heaven which is given among men by which we must be saved.13 But seeing the boldness of Peter and John, and perceiving that they were unlettered and uninstructed men, they wondered; and they recognised them that they were with Jesus.14 And beholding the man who had been healed standing with them, they had nothing to reply;15 but having commanded them to go out of the council they conferred with one another,16 saying, What shall we do to these men? for that indeed an evident sign has come to pass through their means is manifest to all that inhabit Jerusalem, and we cannot deny it.17 But that it be not further spread among the people, let us threaten them severely no longer to speak to any man in this name.18 And having called them, they charged {them} not to speak at all nor teach in the name of Jesus.19 But Peter and John answering said to them, If it be righteous before God to listen to you rather than to God, judge ye;20 for as for us *we* cannot refrain from speaking of the things which we have seen and heard.21 But they, having further threatened them, let them go, finding no way how they might punish them, on account of the people, because all glorified God for what had taken place;22 for the man on whom this sign of healing had taken place was above forty years old.23 And having been let go, they came to their own {company}, and reported all that the chief priests and elders had said to them.24 And they, having heard {it}, lifted up {their} voice with one accord to God, and said, Lord, *thou* art the God who made the heaven and the earth and the sea, and all that is in them;25 who hast said by the mouth of thy servant David, Why have {the} nations raged haughtily and {the} peoples meditated vain things?26 The kings of the earth were there, and the rulers were gathered together against the Lord and against his Christ.27 For in truth against thy holy servant Jesus, whom thou hadst anointed, both Herod and Pontius Pilate, with {the} nations, and peoples of Israel, have been gathered together in this city28 to do whatever thy hand and thy counsel had determined before should come to pass.29 And now, Lord, look upon their threatenings, and give to thy bondmen with all boldness to speak thy word,30 in that thou stretchest out thy hand to heal, and that signs and wonders take place through the name of thy holy servant Jesus.31 And when they had prayed, the place in which they were assembled shook, and they were all filled with the Holy Spirit, and spoke the word of God with boldness.32 And the heart and soul of the multitude of those that had believed were one, and not one said that anything of what he possessed was his own, but all things were common to them;33 and with great power did the apostles give witness of the resurrection of the Lord Jesus, and great grace was upon them all.34 For neither was there any one in want among them; for as many as were owners of lands or houses, selling them, brought the price of what was sold35 and laid it at the feet of the apostles; and distribution was made to each according as any one might have need.36 And Joseph, who had been surnamed Barnabas by the apostles (which is, being interpreted, Son of consolation), a Levite, Cyprian by birth,37 being possessed of land, having sold {it}, brought the money and laid it at the feet of the apostles.

1 En terwyl hulle besig was om met die volk te spreek, het die priesters en die hoofman van die tempel en die Sadduseërs op hulle afgekom,2 baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesus die opstanding uit die dode verkondig.3 En hulle het die hande aan hulle geslaan en hulle in die gevangenis gesit tot die volgende môre toe, want dit was al aand.4 En baie van die wat die woord gehoor het, het geglo; en die getal van die manne het omtrent vyf duisend geword.5 Die volgende dag kom toe hulle owerstes en ouderlinge en skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaar,6 ook Annas, die hoëpriester, en K jafas en Johannes en Alexander en almal wat van die hoëpriesterlike familie was;7 en toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen?8 Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,9 as ons vandag ondervra word oor 'n weldaad aan 'n siek man, waardeur hy gesond geword het,10 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasar,ner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.11 Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.13 En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.14 En omdat hulle die man wat genees was, by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.15 Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag16 en gesê: Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar 'n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.17 Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie.18 En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.19 Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis;20 want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.21 En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulle ter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oor wat gebeur het.22 Want die man aan wie hierdie teken van genesing plaasgevind het, was meer as veertig jaar oud.23 En nadat hulle losgelaat was, het hulle na hul eie mense gegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het.24 En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,25 wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink?26 Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.27 Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het,28 om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind.29 En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,30 deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.31 En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.32 En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.33 En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.34 Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.35 En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het.36 En Joses wie se bynaam onder die apostels B rnabas was -- wat, as dit vertaal word, beteken seun van vertroosting -- 'n Leviet, van geboorte uit Ciprus,37 het 'n stuk grond gehad en dit verkoop en die geld gebring en aan die voete van die apostels neergelê.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-