Publicidade

Lamentações 2

1 How hath the Lord in his anger covered the daughter of Zion with a cloud! He hath cast down from the heavens unto the earth the beauty of Israel, and remembered not his footstool in the day of his anger.2 The Lord hath swallowed up all the dwellings of Jacob, and hath not spared; he hath thrown down in his wrath the strongholds of the daughter of Judah: he hath brought {them} down to the ground; he hath profaned the kingdom and the princes thereof.3 He hath cut off in fierce anger all the horn of Israel: he hath withdrawn his right hand from before the enemy; and he burned up Jacob like a flaming fire, devouring round about.4 He hath bent his bow like an enemy; he stood with his right hand as an adversary, and hath slain all that was pleasant to the eye: in the tent of the daughter of Zion, he hath poured out his fury like fire.5 The Lord is become as an enemy: he hath swallowed up Israel; he hath swallowed up all her palaces; he hath destroyed his strongholds, and hath multiplied in the daughter of Judah mourning and lamentation.6 And he hath violently cast down his enclosure as a garden; he hath destroyed his place of assembly: Jehovah hath caused set feast and sabbath to be forgotten in Zion, and hath despised in the indignation of his anger king and priest.7 The Lord hath cast off his altar, he hath rejected his sanctuary; he hath given up into the hand of the enemy the walls of her palaces: they have made a noise in the house of Jehovah, as on the day of a set feast.8 Jehovah hath purposed to destroy the wall of the daughter of Zion: he hath stretched out the line, he hath not withdrawn his hand from destroying; and he hath made the rampart and the wall to lament: they languish together.9 Her gates are sunk into the ground; he hath destroyed and broken her bars. Her king and her princes are among the nations: the law is no {more}; her prophets also find no vision from Jehovah.10 The elders of the daughter of Zion sit upon the ground, they keep silence; they have cast dust upon their heads, they have girded themselves with sackcloth: the virgins of Jerusalem hang down their head to the ground.11 Mine eyes are consumed with tears, my bowels are troubled; my liver is poured upon the earth, because of the ruin of the daughter of my people; because infant and suckling swoon in the streets of the city.12 They say to their mothers, Where is corn and wine? when they swoon as the wounded in the streets of the city; when they pour out their soul into their mothers' bosom.13 What shall I take to witness for thee? what shall I liken unto thee, daughter of Jerusalem? What shall I equal to thee, that I may comfort thee, virgin daughter of Zion? For thy ruin is great as the sea: who will heal thee?14 Thy prophets have seen vanity and folly for thee; and they have not revealed thine iniquity, to turn away thy captivity; but have seen for thee burdens of falsehood and causes of expulsion.15 All that pass by clap {their} hands at thee; they hiss and shake their head at the daughter of Jerusalem: Is this the city which they called, The perfection of beauty, The joy of the whole earth?16 All thine enemies open their mouth against thee, they hiss and gnash the teeth: they say, We have swallowed {her} up; this is forsooth the day that we looked for: we have found, we have seen {it}.17 Jehovah hath done what he had devised; he hath fulfilled his word which he had commanded from the days of old: he hath thrown down, and hath not spared, and he hath caused the enemy to rejoice over thee; he hath set up the horn of thine adversaries.18 Their heart cried unto the Lord. O wall of the daughter of Zion, let tears run down like a torrent day and night: give thyself no respite; let not the apple of thine eye rest.19 Arise, cry out in the night, in the beginning of the watches; pour out thy heart like water before the face of the Lord: lift up thy hands toward him for the life of thy young children, who faint from hunger at the top of all the streets.20 See, Jehovah, and consider to whom thou hast done this! Shall the women eat their fruit, the infants that they nursed? Shall priest and prophet be slain in the sanctuary of the Lord?21 The child and the old man lie on the ground in the streets; my virgins and my young men are fallen by the sword: thou hast slain {them} in the day of thine anger; thou hast killed, thou hast not spared.22 Thou hast called up, as on the day of a set feast, my terrors on every side; and in the day of Jehovah's anger there was none that escaped or remained: those that I have nursed and brought up hath mine enemy consumed.

1 Alef. Ag, hoe het die Here in sy toorn die dogter van Sion met wolke oordek! Hy het die sieraad van Israel uit die hemel op die aarde neergewerp en nie gedink aan die voetbank van sy voete op die dag van sy toorn nie.2 Bet. Die Here het al die woonplekke van Jakob sonder verskoning verslind; in sy grimmigheid het Hy die vestings van die dogter van Juda verwoes, op die grond gewerp, die koninkryk en sy vorste ontheilig.3 Gimel. Hy het in gloeiende toorn elke horing van Israel afgekap; Hy het sy regterhand teruggetrek voor die vyand, en in Jakob het Hy gebrand soos 'n vuurvlam wat rondom verteer.4 Dalet. Hy het sy boog gespan soos 'n vyand, Hom opgestel met sy regterhand soos 'n teëstander en gedood alles wat 'n lus was vir die oog in die tent van die dogter van Sion; Hy het sy grimmigheid uitgegiet soos vuur.5 He. Die Here het soos 'n vyand geword, Hy het Israel verslind, al sy paleise verslind, sy vestings verwoes en geklaag en geklag by die dogter van Juda vermenigvuldig.6 Wau. En Hy het sy eie omheining soos 'n tuin verniel, sy eie feesplek verwoes; die HERE het in Sion feestyd en sabbat laat vergeet, en in sy grimmige toorn koning en priester verwerp.7 Sajin. Die Here het sy altaar verwerp, sy heiligdom ontheilig, die mure van haar paleise in die hand van die vyand oorgelewer; hulle het gedruis gemaak in die huis van die HERE soos op 'n feesdag.8 Get. Die HERE het Hom voorgeneem om die muur van die dogter van Sion te verwoes; Hy het die meetsnoer gespan, sy hand nie teruggetrek van vernietiging nie; ja, Hy het voorskans en muur laat treur, saam sak hulle inmekaar.9 Tet. Haar poorte het in die grond gesink, Hy het haar grendels te gronde gerig en verbreek; haar koning en haar vorste is onder die heidene; daar is geen onderwysing nie, en haar profete ontvang geen gesig van die HERE nie.10 Jod. Die oudstes van die dogter van Sion sit en swyg op die grond, hulle het stof op hul hoof gegooi, rouklere aangegord; die jonkvroue van Jerusalem het hulle hoof na die aarde gebuig.11 Kaf. My oë teer weg in trane, my ingewande is in beroering, my lewer is op die grond uitgeskud vanweë die verbreking van die dogter van my volk, omdat kind en suigling op die pleine van die stad versmag,12 Lamed. wat aan hulle moeders sê: Waar is koring en wyn? terwyl hulle versmag soos gewondes op die pleine van die stad, terwyl hulle lewe uitgestort word aan die bors van hul moeders.13 Mem. Watter getuienis kan ek vir jou aflê, waarmee kan ek jou vergelyk, dogter van Jerusalem? Waarmee sal ek jou gelykstel, dat ek jou kan troos, jonkvrou, dogter van Sion? Want jou verbrokenheid is so groot soos die see -- wie kan jou gesond maak?14 Noen. Jou profete het vir jou bedrieglike en ongerymde dinge gesien en jou ongeregtigheid nie geopenbaar om jou lot te verander nie, maar hulle het vir jou godsprake gesien tot bedrog en verstoting.15 Samek. Almal wat met die pad verbygaan, slaan die hande saam oor jou; hulle spot en skud hulle hoof oor die dogter van Jerusalem: Is dit die stad waarvan hulle gesê het: Volmaak in skoonheid, vreugde van die hele aarde?16 Pe. Al jou vyande rek hulle mond oop oor jou, hulle spot en kners op die tande, hulle sê: Ons het verslind, ja, dit is die dag wat ons verwag het; ons het dit bereik, dit belewe!17 Ajin. Die HERE het gedoen wat Hy Hom voorgeneem het, sy woord volbring wat Hy sedert die dae van die voortyd beveel het; Hy het sonder verskoning afgebreek en die vyand oor jou bly gemaak, die horing van jou teëstanders verhoog.18 Sade. Hulle hart roep na die HERE. Muur van die dogter van Sion, laat trane afloop soos 'n stroom, dag en nag; gun jouself geen verposing nie, laat jou oogappel nie rus nie.19 Kof. Staan op, skreeu in die nag by die begin van die nagwake, stort jou hart uit soos water voor die aangesig van die HERE, hef jou hande op na Hom, ter wille van die lewe van jou kinders wat versmag van honger by die hoek van al die strate.20 Resj. Aanskou, HERE, en merk op aan wie U so gedoen het! Moet vroue dan hulle vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word? Moet dan in die heiligdom van die HERE priester en profeet gedood word?21 Sjin. Op die grond lê jonk en oud in die strate; my jonkvroue en my jongmanne het deur die swaard geval; U het hulle gedood op die dag van u toorn, U het geslag sonder verskoning.22 Tau. U het soos op 'n feesdag my verskrikkinge geroep van rondom, en niemand het op die dag van die HERE se toorn vrygeraak of ontkom nie; die wat ek op die hande gedra en grootgemaak het -- my vyand het hulle omgebring.

Veja também

Publicidade
Lamentações
Ver todos os capítulos de Lamentações
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-