Publicidade

Atos 21

1 And when, having got away from them, we at last sailed away, we came by a direct course to Cos, and on the morrow to Rhodes, and thence to Patara.2 And having found a ship passing over into Phoenicia, we went on board and sailed;3 and having sighted Cyprus, and left it on the left hand, we sailed to Syria, and made the land at Tyre, for there the ship was to discharge her cargo.4 And having found out the disciples, we remained there seven days; who said to Paul by the Spirit not to go up to Jerusalem.5 But when we had completed the days, we set out and took our journey, all of them accompanying us, with wives and children, till {we were} out of the city. And kneeling down upon the shore we prayed.6 And having embraced one another, we went on board ship, and they returned home.7 And we, having completed the voyage, arrived from Tyre at Ptolemais, and having saluted the brethren, we remained one day with them.8 And leaving on the morrow, we came to Caesarea; and entering into the house of Philip the evangelist, who was of the seven, we abode with him.9 Now this man had four virgin daughters who prophesied.10 And as we stayed there many days, a certain man, by name Agabus, a prophet, came down from Judaea,11 and coming to us and taking the girdle of Paul, and having bound his own hands and feet, said, Thus saith the Holy Spirit, The man whose this girdle is shall the Jews thus bind in Jerusalem, and deliver him up into the hands of {the} Gentiles.12 And when we heard these things, both we and those of the place besought {him} not to go up to Jerusalem.13 But Paul answered, What do ye, weeping and breaking my heart? for *I* am ready not only to be bound, but also to die at Jerusalem for the name of the Lord Jesus.14 And when he would not be persuaded, we were silent, saying, The will of the Lord be done.15 And after these days, having got our effects ready, we went up to Jerusalem.16 And {some} of the disciples from Caesarea went with us, bringing {with them} a certain Mnason, a Cyprian, an old disciple, with whom we were to lodge.17 And when we arrived at Jerusalem the brethren gladly received us.18 And on the morrow Paul went in with us to James, and all the elders came there.19 And having saluted them, he related one by one the things which God had wrought among the nations by his ministry.20 And they having heard {it} glorified God, and said to him, Thou seest, brother, how many myriads there are of the Jews who have believed, and all are zealous of the law.21 And they have been informed concerning thee, that thou teachest all the Jews among the nations apostasy from Moses, saying that they should not circumcise their children, nor walk in the customs.22 What is it then? a multitude must necessarily come together, for they will hear that thou art come.23 This do therefore that we say to thee: We have four men who have a vow on them;24 take these and be purified with them, and pay their expenses, that they may have their heads shaved; and all will know that {of those things} of which they have been informed about thee nothing is {true}; but that thou thyself also walkest orderly, keeping the law.25 But concerning {those of} the nations who have believed, we have written, deciding that they should {observe no such thing, only to} keep themselves both from things offered to idols, and from blood, and from things strangled, and from fornication.26 Then Paul, taking the men, on the next day, having been purified, entered with them into the temple, signifying the time the days of the purification would be fulfilled, until the offering was offered for every one of them.27 And when the seven days were nearly completed, the Jews from Asia, having seen him in the temple, set all the crowd in a tumult, and laid hands upon him,28 crying, Israelites, help! this is the man who teaches all everywhere against the people, and the law, and this place, and has brought Greeks too into the temple, and profaned this holy place.29 For they had before seen Trophimus the Ephesian with him in the city, whom they supposed that Paul had brought into the temple.30 And the whole city was moved, and there was a concourse of the people; and having laid hold on Paul they drew him out of the temple, and immediately the doors were shut.31 And as they were seeking to kill him, a representation came to the chiliarch of the band that the whole of Jerusalem was in a tumult;32 who, taking with him immediately soldiers and centurions, ran down upon them. But they, seeing the chiliarch and the soldiers, ceased beating Paul.33 Then the chiliarch came up and laid hold upon him, and commanded {him} to be bound with two chains, and inquired who he might be, and what he had done.34 And different persons cried some different thing in the crowd. But he, not being able to know the certainty on account of the uproar, commanded him to be brought into the fortress.35 But when he got upon the stairs it was so that he was borne by the soldiers on account of the violence of the crowd.36 For the multitude of the people followed, crying, Away with him.37 But as he was about to be led into the fortress, Paul says to the chiliarch, Is it allowed me to say something to thee? And he said, Dost thou know Greek?38 Thou art not then that Egyptian who before these days raised a sedition and led out into the wilderness the four thousand men of the assassins?39 But Paul said, *I* am a Jew of Tarsus, citizen of no insignificant city of Cilicia, and I beseech of thee, allow me to speak to the people.40 And when he had allowed him, Paul, standing on the stairs, beckoned with his hand to the people; and a great silence having been made, he addressed them in the Hebrew tongue, saying,

1 En nadat ons ons van hulle losgeskeur het, het ons afgevaar en reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag by Rhodus en daarvandaan by P tara.2 En ons het 'n skip gevind wat na Fen¡cië sou oorseil, en daarop gegaan en afgevaar.3 En toe ons Ciprus in die gesig gekry het en dit aan die linkerhand laat lê het, het ons na S¡rië gevaar en by Tirus aangekom, want daar sou die skip sy vrag aflaai.4 En nadat ons die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae gebly; en hulle het vir Paulus deur die Gees gesê om nie op te gaan na Jerusalem nie.5 Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.6 En nadat ons mekaar gegroet het, het ons aan boord gegaan, en hulle het teruggegaan huis toe.7 Maar ons het die seereis van Tirus af voltooi en by Ptolem is gekom; en ons het die broeders gegroet en een dag by hulle gebly.8 En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en in Cesar,a aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly.9 En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het.10 En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het 'n sekere profeet met die naam van Agabus van Judiaafgekom.11 En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: D¡t spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.12 En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie.13 Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus.14 Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê: Laat die wil van die Here geskied!15 En n hierdie dae het ons vir die reis klaargemaak en na Jerusalem opgegaan.16 En sommige van die dissipels van Cesar,a het ook saam met ons gegaan en ons by 'n sekere Mnason van Ciprus gebring, 'n ou dissipel, by wie ons sou tuis gaan.17 En toe ons in Jerusalem aankom, het die broeders ons met blydskap ontvang.18 En op die volgende dag het Paulus saam met ons na Jakobus se huis gegaan, en al die ouderlinge was daar teenwoordig.19 En nadat hy hulle gegroet het, het hy van stuk tot stuk vertel wat God onder die heidene deur sy diens gedoen het.20 En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik en vir hom gesê: U sien, broeder, hoeveel duisende Jode daar is wat gelowig geword het, en almal is yweraars vir die wet.21 En hulle is aangaande u vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van Moses afvallig te word deur te sê dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgens die sedes moet wandel nie.22 Wat staan ons dan te doen? Dit is dringend nodig dat die menigte bymekaarkom, want hulle sal hoor dat u gekom het.23 Doen dan wat ons vir u sê. Ons het vier manne wat 'n gelofte gedoen het;24 neem hulle en heilig u saam met hulle en betaal die koste vir hulle, sodat hulle hul hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat u self ook wandel as een wat die wet onderhou.25 Wat egter die gelowiges uit die heidene betref het ons geskrywe en besluit dat hulle niks van die aard moet onderhou nie, maar hulle net moet onthou van afgodsoffers en bloed en van wat verwurg is, en van hoerery.26 Toe het Paulus die manne geneem en op die volgende dag hom saam met hulle geheilig en in die tempel gegaan om bekend te maak dat die dae van die heiliging sou voortduur totdat die offer vir elkeen van hulle gebring moes word.27 Maar toe die sewe dae byna verby was, het die Jode van Asië hom in die tempel gesien en die hele skare oproerig gemaak en die hande aan hom geslaan28 en geskreeu: Israeliete, help! Dit is die man wat oral aan almal dinge leer teen die volk en die wet en hierdie plek. Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plek ontheilig.29 Want hulle het vantevore Trofimus, die Ef,siër, in die stad by hom gesien en gedink dat Paulus hom in die tempel gebring het.30 Toe kom die hele stad in beweging, en daar was 'n oploop van die volk; en hulle het Paulus gegryp en hom buitekant die tempel gesleep; en dadelik is die deure gesluit.31 En onderwyl hulle probeer om hom dood te maak, het 'n berig die owerste oor duisend van die leërafdeling bereik dat die hele Jerusalem in oproer was.32 En hy het meteens soldate en hoofmanne oor honderd geneem en afgehardloop na hulle; en toe hulle die owerste oor duisend en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan.33 Daarop kom die owerste oor duisend nader en neem hom gevange en gee bevel dat hy met twee kettings geboei moet word; en hy het gevra wie hy was en wat hy gedoen het.34 En onder die skare het sommige dit en sommige iets anders geskreeu. En omdat hy weens die rumoer geen sekerheid kon verkry nie, het hy bevel gegee dat hy na die kamp gebring moes word.35 En toe hy op die trappe kom, moes hy deur die soldate gedra word weens die geweld van die skare.36 Want die menigte van die volk het gevolg en geskreeu: Weg met hom!37 En net toe hy in die kamp gebring sou word, vra Paulus die owerste oor duisend: Is dit my geoorloof om iets vir u te sê? En hy sê vir hom: Ken jy Grieks?38 Is jy dan nie die Egiptenaar wat 'n tyd gelede oproer gemaak het en die vier duisend rowers na die woestyn uitgelei het nie?39 En Paulus antwoord: Ek is 'n Joodse man van Tarsus, 'n burger van geen onvermaarde stad in Cil¡cië nie; ek versoek u, laat my toe om die volk toe te spreek.40 En toe hy dit toegelaat het, gaan Paulus op die trappe staan en wink met die hand vir die volk. En nadat daar 'n groot stilte gekom het, het hy hulle in die Hebreeuse taal toegespreek en gesê:

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-