1 But a certain man, Ananias by name, with Sapphira his wife, sold a possession,2 and put aside for himself part of the price, {his} wife also being privy to it; and having brought a certain part, laid it at the feet of the apostles.3 But Peter said, Ananias, why has Satan filled thy heart that thou shouldest lie to the Holy Spirit, and put aside for thyself a part of the price of the estate?4 While it remained did it not remain to *thee*? and sold, was {it not} in thine own power? Why is it that thou hast purposed this thing in thine heart? Thou hast not lied to men, but to God.5 And Ananias, hearing these words, fell down and expired. And great fear came upon all who heard {it}.6 And the young men, rising up, swathed him up for burial, and having carried him out, buried him.7 And it came to pass about three hours afterwards, that his wife, not knowing what had happened, came in.8 And Peter answered her, Tell me if ye gave the estate for so much? And she said, Yes, for so much.9 And Peter said to her, Why {is it} that ye have agreed together to tempt the Spirit of {the} Lord? Lo, the feet of those that have buried thy husband {are} at the door, and they shall carry thee out.10 And she fell down immediately at his feet and expired. And when the young men came in they found her dead; and, having carried her out, they buried her by her husband.11 And great fear came upon all the assembly, and upon all who heard these things.12 And by the hands of the apostles were many signs and wonders done among the people; (and they were all with one accord in Solomon's porch,13 but of the rest durst no man join them, but the people magnified them;14 and believers were more than ever added to the Lord, multitudes both of men and women;)15 so that they brought out the sick into the streets and put {them} on beds and couches, that at least the shadow of Peter, when he came, might overshadow some one of them.16 And the multitude also of the cities round about came together to Jerusalem, bringing sick persons and persons beset by unclean spirits, who were all healed.17 And the high priest rising up, and all they that were with him, which is the sect of the Sadducees, were filled with wrath,18 and laid hands on the apostles and put them in the public prison.19 But an angel of {the} Lord during the night opened the doors of the prison, and leading them out, said,20 Go ye and stand and speak in the temple to the people all the words of this life.21 And when they heard it, they entered very early into the temple and taught. And when the high priest was come, and they that were with him, they called together the council and all the elderhood of the sons of Israel, and sent to the prison to have them brought.22 And when the officers were come, they did not find them in the prison; and returned and reported23 saying, We found the prison shut with all security, and the keepers standing at the doors; but when we had opened {them}, within we found no one.24 And when they heard these words, both the priest and the captain of the temple and the chief priests were in perplexity as to them, what this would come to.25 And some one coming reported to them, Lo, the men whom ye put in the prison are in the temple, standing and teaching the people.26 Then the captain, having gone with the officers, brought them, not with violence, for they feared the people, lest they should be stoned.27 And they bring them and set them in the council. And the high priest asked them,28 saying, We strictly enjoined you not to teach in this name: and lo, ye have filled Jerusalem with your doctrine, and purpose to bring upon us the blood of this man.29 But Peter answering, and the apostles, said, God must be obeyed rather than men.30 The God of our fathers has raised up Jesus, whom *ye* have slain, having hanged on a cross.31 Him has God exalted by his right hand as leader and saviour, to give repentance to Israel and remission of sins.32 And *we* are {his} witnesses of these things, and the Holy Spirit also, which God has given to those that obey him.33 But they, when they heard {these things}, were cut to the heart, and took counsel to kill them.34 But a certain {man}, a Pharisee, named Gamaliel, a teacher of the law, held in honour of all the people, rose up in the council, and commanded to put the men out for a short while,35 and said to them, Men of Israel, take heed to yourselves as regards these men what ye are going to do;36 for before these days Theudas rose up, alleging himself to be somebody, to whom a number of men, about four hundred, were joined; who was slain, and all, as many as obeyed him, were dispersed and came to nothing.37 After him rose Judas the Galilean in the days of the census, and drew away {a number of} people after him; and *he* perished, and all, as many as obeyed him, were scattered abroad.38 And now I say to you, Withdraw from these men and let them alone, for if this counsel or this work have its origin from men, it will be destroyed;39 but if it be from God, ye will not be able to put them down, lest ye be found also fighters against God.40 And they listened to his advice; and having called the apostles, they beat them, and enjoined them not to speak in the name of Jesus, and dismissed them.41 They therefore went their way from {the} presence of the council, rejoicing that they were counted worthy to be dishonoured for the name.42 And every day, in the temple and in the houses, they ceased not teaching and announcing the glad tidings that Jesus {was} the Christ.
1 Maar 'n sekere man met die naam van Anan¡as het saam met sy vrou Saff¡ra 'n eiendom verkoop,2 en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en 'n sekere deel gebring en aan die voete van die apostels neergelê.3 Toe sê Petrus: Anan¡as, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?4 As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.5 En toe Anan¡as hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; en 'n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.6 Daarna het die jongmanne opgestaan en hom toegedraai en uitgedra en begrawe.7 En n verloop van omtrent drie uur kom sy vrou in sonder om te weet wat voorgeval het.8 En Petrus het haar aangespreek: Sê vir my of julle die grond vir soveel verkoop het? En sy sê: Ja, vir soveel.9 En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.10 Toe val sy onmiddellik aan sy voete neer en het gesterwe. En die jongmanne het ingekom en haar dood gevind en haar uitgedra en by haar man begrawe.11 En 'n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het.12 En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal eendragtig saam in die pilaargang van Salomo.13 En daar was niemand van die ander wat dit gewaag het om hom by hulle te voeg nie, maar die volk het hulle baie geëer.14 En daar is meer en meer gelowiges in die Here bygevoeg, menigtes van manne sowel as vroue,15 sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net sy skaduwee op iemand van hulle sou val.16 En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.17 En die hoëpriester het opgestaan en almal wat saam met hom was -- dit is die party van die Sadduseërs -- en hulle was met nydigheid vervul,18 en hulle het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die openbare gevangenis gesit.19 Maar 'n engel van die Here het in die nag die deure van die gevangenis oopgemaak en hulle uitgelei en gesê:20 Gaan heen, staan en vertel in die tempel aan die volk al die woorde van hierdie lewe.21 En hulle het geluister en vroeg in die môre in die tempel gegaan en begin leer. Maar die hoëpriester en die wat saam met hom was, het gekom en die Raad en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaargeroep; en hulle het na die gevangenis gestuur om hulle te laat haal.22 Maar toe die dienaars daar kom, het hulle hul nie in die gevangenis gekry nie; en hulle het omgedraai en berig gebring en gesê:23 Die gevangenis het ons in alle sekerheid toegesluit gevind, en die wagte het buite gestaan voor die deure; maar toe ons oopmaak, kry ons niemand daarbinne nie.24 En toe die hoëpriester en die hoofman van die tempel en die owerpriesters hierdie woorde hoor, was hulle daarmee verleë wat nou hiervan sou word.25 En daar kom een en bring aan hulle berig en sê: Kyk, die manne wat julle in die gevangenis gesit het, staan in die tempel en leer die volk.26 Daarop gaan die hoofman met die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie, uit vrees vir die volk dat hulle gestenig sou word.27 Hulle het hul dan gebring en voor die Raad gestel; en die hoëpriester het hulle gevra en gesê:28 Het ons julle nie uitdruklik verbied om in die Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring.29 En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.30 Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan 'n kruishout te hang.31 Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.32 En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.33 Toe hulle dit hoor, was hulle woedend en wou hulle om die lewe bring.34 Maar 'n Fariseër met die naam van Gam liël, 'n leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was, het in die Raad opgestaan en bevel gegee dat hulle die apostels 'n bietjie buitentoe moes bring.35 Toe sê hy vir hulle: Israeliete, pas op wat julle gaan doen met hierdie manne;36 want nie lank gelede nie het Theudas opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het 'n aantal mense -- omtrent vier honderd -- aangesluit. Hy is gedood, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niet geword.37 En n hom het Judas, die Galileër, opgestaan, in die dae van die inskrywing, en 'n aansienlike getal mense afvallig gemaak agter hom aan. Hy het ook omgekom, en almal wat na hom geluister het, is verstrooi.38 En nou sê ek vir julle, bly af van hierdie manne en laat hulle staan; want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word;39 maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie -- dat dit nie miskien bevind word dat julle selfs teen God stry nie.40 En hulle het na hom geluister. En nadat hulle die apostels ingeroep het, het hulle hul laat slaan en hulle bevel gegee om nie in die Naam van Jesus te spreek nie en hulle laat gaan.41 Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir sy Naam oneer te ly.42 En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.