1 and *you*, being dead in your offences and sins-2 in which ye once walked according to the age of this world, according to the ruler of the authority of the air, the spirit who now works in the sons of disobedience:3 among whom *we* also all once had our conversation in the lusts of our flesh, doing what the flesh and the thoughts willed to do, and were children, by nature, of wrath, even as the rest:4 but God, being rich in mercy, because of his great love wherewith he loved us,5 (we too being dead in offences,) has quickened us with the Christ, (ye are saved by grace,)6 and has raised {us} up together, and has made {us} sit down together in the heavenlies in Christ Jesus,7 that he might display in the coming ages the surpassing riches of his grace in kindness towards us in Christ Jesus.8 For ye are saved by grace, through faith; and this not of yourselves; it is God's gift:9 not on the principle of works, that no one might boast.10 For we are his workmanship, having been created in Christ Jesus for good works, which God has before prepared that we should walk in them.11 Wherefore remember that *ye*, once nations in {the} flesh, who {are} called uncircumcision by that called circumcision in {the} flesh done with the hand;12 that ye were at that time without Christ, aliens from the commonwealth of Israel, and strangers to the covenants of promise, having no hope, and without God in the world:13 but now in Christ Jesus *ye* who once were afar off are become nigh by the blood of the Christ.14 For *he* is our peace, who has made both one, and has broken down the middle wall of enclosure,15 having annulled the enmity in his flesh, the law of commandments in ordinances, that he might form the two in himself into one new man, making peace;16 and might reconcile both in one body to God by the cross, having by it slain the enmity;17 and, coming, he has preached the glad tidings of peace to you who {were} afar off, and {the glad tidings of} peace to those {who were} nigh.18 For through him we have both access by one Spirit to the Father.19 So then ye are no longer strangers and foreigners, but ye are fellow-citizens of the saints, and of the household of God,20 being built upon the foundation of the apostles and prophets, Jesus Christ himself being the corner-stone,21 in whom all {the} building fitted together increases to a holy temple in the Lord;22 in whom *ye* also are built together for a habitation of God in {the} Spirit.
1 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus -- uit genade is julle gered --6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,12 dat julle in die tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here,22 in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van God in die Gees.