1 *I*, the prisoner in {the} Lord, exhort you therefore to walk worthy of the calling wherewith ye have been called,2 with all lowliness and meekness, with long-suffering, bearing with one another in love;3 using diligence to keep the unity of the Spirit in the uniting bond of peace.4 {There is} one body and one Spirit, as ye have been also called in one hope of your calling;5 one Lord, one faith, one baptism;6 one God and Father of all, who is over all, and through all, and in us all.7 But to each one of us has been given grace according to the measure of the gift of the Christ.8 Wherefore he says, Having ascended up on high, he has led captivity captive, and has given gifts to men.9 But that he ascended, what is it but that he also descended into the lower parts of the earth?10 He that descended is the same who has also ascended up above all the heavens, that he might fill all things;11 and *he* has given some apostles, and some prophets, and some evangelists, and some shepherds and teachers,12 for the perfecting of the saints; with a view to {the} work of {the} ministry, with a view to the edifying of the body of Christ;13 until we all arrive at the unity of the faith and of the knowledge of the Son of God, at {the} full-grown man, at {the} measure of the stature of the fulness of the Christ;14 in order that we may be no longer babes, tossed and carried about by every wind of *that* teaching {which is} in the sleight of men, in unprincipled cunning with a view to systematized error;15 but, holding the truth in love, we may grow up to him in all things, who is the head, the Christ:16 from whom the whole body, fitted together, and connected by every joint of supply, according to {the} working in {its} measure of each one part, works for itself the increase of the body to its self-building up in love.17 This I say therefore, and testify in {the} Lord, that ye should no longer walk as {the rest of} the nations walk in {the} vanity of their mind,18 being darkened in understanding, estranged from the life of God by reason of the ignorance which is in them, by reason of the hardness of their hearts,19 who having cast off all feeling, have given themselves up to lasciviousness, to work all uncleanness with greedy unsatisfied lust.20 But *ye* have not thus learnt the Christ,21 if ye have heard him and been instructed in him according as {the} truth is in Jesus;22 {namely} your having put off according to the former conversation the old man which corrupts itself according to the deceitful lusts;23 and being renewed in the spirit of your mind;24 and {your} having put on the new man, which according to God is created in truthful righteousness and holiness.25 Wherefore, having put off falsehood, speak truth every one with his neighbour, because we are members one of another.26 Be angry, and do not sin; let not the sun set upon your wrath,27 neither give room for the devil.28 Let the stealer steal no more, but rather let him toil, working what is honest with {his} hands, that he may have to distribute to him that has need.29 Let no corrupt word go out of your mouth, but if {there be} any good one for needful edification, that it may give grace to those that hear {it}.30 And do not grieve the Holy Spirit of God, with which ye have been sealed for {the} day of redemption.31 Let all bitterness, and heat of passion, and wrath, and clamour, and injurious language, be removed from you, with all malice;32 and be to one another kind, compassionate, forgiving one another, so as God also in Christ has forgiven you.
1 Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,2 met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;5 een Here, een geloof een doop,6 een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.7 Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.8 Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.9 Maar d¡t: Hy het opgevaar -- wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?10 Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,16 uit wie die hele liggaam -- goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate -- die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.17 Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie --18 mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;19 wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.20 Maar julle het Christus nie so leer ken nie,21 as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus:22 dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,23 en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed24 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.25 Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.26 Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;27 en gee aan die duiwel geen plek nie.28 Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.29 Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.31 Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.