1 For this reason *I* Paul, prisoner of the Christ Jesus for you nations,2 (if indeed ye have heard of the administration of the grace of God which has been given to me towards you,3 that by revelation the mystery has been made known to me, (according as I have written before briefly,4 by which, in reading it, ye can understand my intelligence in the mystery of the Christ,)5 which in other generations has not been made known to the sons of men, as it has now been revealed to his holy apostles and prophets in {the power of the} Spirit,6 that {they who are of} the nations should be joint heirs, and a joint body, and joint partakers of {his} promise in Christ Jesus by the glad tidings;7 of which I am become minister according to the gift of the grace of God given to me, according to the working of his power.8 To me, less than the least of all saints, has this grace been given, to announce among the nations the glad tidings of the unsearchable riches of the Christ,9 and to enlighten all {with the knowledge of} what is the administration of the mystery hidden throughout the ages in God, who has created all things,10 in order that now to the principalities and authorities in the heavenlies might be made known through the assembly the all-various wisdom of God,11 according to {the} purpose of the ages, which he purposed in Christ Jesus our Lord,12 in whom we have boldness and access in confidence by the faith of him.13 Wherefore I beseech {you} not to faint through my tribulations for you, which is your glory.14 For this reason I bow my knees to the Father {of our Lord Jesus Christ},15 of whom every family in {the} heavens and on earth is named,16 in order that he may give you according to the riches of his glory, to be strengthened with power by his Spirit in the inner man;17 that the Christ may dwell, through faith, in your hearts, being rooted and founded in love,18 in order that ye may be fully able to apprehend with all the saints what {is} the breadth and length and depth and height;19 and to know the love of the Christ which surpasses knowledge; that ye may be filled {even} to all the fulness of God.20 But to him that is able to do far exceedingly above all which we ask or think, according to the power which works in us,21 to him be glory in the assembly in Christ Jesus unto all generations of the age of ages. Amen).
1 Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is --2 as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,3 dat Hy aan my deur 'n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,5 wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie7 waarvan ek 'n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.8 Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,9 en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,10 sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,11 volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here,12 in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.13 Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie. Dit is julle eer.14 Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus,15 van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang,16 dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,17 sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,18 en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,19 en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.20 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,21 aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.