Publicidade

Números 9

1 And Jehovah spoke to Moses in the wilderness of Sinai, in the first month of the second year after their departure from the land of Egypt, saying,2 Let the children of Israel also hold the passover at its set time;3 on the fourteenth day in this month between the two evenings, ye shall hold it at its set time; according to all the rites of it, and according to all the ordinances thereof shall ye hold it.4 And Moses spoke to the children of Israel, that they should hold the passover.5 And they held the passover in the first {month} on the fourteenth day of the month, between the two evenings, in the wilderness of Sinai: according to all that Jehovah had commanded Moses, so did the children of Israel.6 And there were men, who were unclean through the dead body of a man, and could not hold the passover on that day; and they came before Moses and before Aaron on that day.7 And those men said to him, We are unclean by reason of the dead body of a man: why are we kept back, that we may not present the offering of Jehovah at its set time among the children of Israel?8 And Moses said to them, Stay, and I will hear what Jehovah commands concerning you.9 And Jehovah spoke to Moses, saying,10 Speak unto the children of Israel, saying, If any one of you or of your generations be unclean by reason of a dead body or be on a journey afar off, yet he shall hold the passover to Jehovah.11 In the second month, on the fourteenth day, between the two evenings, shall they hold it; with unleavened bread and bitter herbs shall they eat it.12 They shall leave none of it until the morning, nor break a bone thereof: according to every ordinance of the passover shall they hold it.13 But a man that is clean, and is not on a journey, and forbeareth to hold the passover, that soul shall be cut off from among his peoples; because he presented not the offering of Jehovah at its set time: that man shall bear his sin.14 And if a stranger shall sojourn among you, and would hold the passover to Jehovah, according to the rite of the passover, and according to the ordinance thereof, so shall he do. Ye shall have one rite, both for the stranger and for him that is born in the land.15 And on the day that the tabernacle was set up, the cloud covered the tabernacle of the tent of testimony; and at even it was upon the tabernacle as the appearance of fire, until the morning.16 So it was continually: the cloud covered it, and at night it was as the appearance of fire.17 And when the cloud rose from the tent, then the children of Israel journeyed; and at the place where the cloud stood still, there the children of Israel encamped.18 According to the commandment of Jehovah the children of Israel journeyed, and according to the commandment of Jehovah they {remained} encamped; all the days that the cloud dwelt upon the tabernacle they encamped.19 And when the cloud was long upon the tabernacle many days, then the children of Israel kept the charge of Jehovah, and journeyed not.20 And if it were so that the cloud was a few days upon the tabernacle, according to the commandment of Jehovah they encamped, and according to the commandment of Jehovah they journeyed.21 And if it were so that the cloud was there from the evening until the morning, and that the cloud was taken up in the morning, then they journeyed; or a day and a night, and the cloud was taken up, they journeyed;22 or two days, or a month, or many days, when the cloud was long upon the tabernacle, dwelling upon it, the children of Israel {remained} encamped, and journeyed not; but when it was taken up, they journeyed.23 At the commandment of Jehovah they encamped, and at the commandment of Jehovah they journeyed: they kept the charge of Jehovah according to the commandment of Jehovah through Moses.

1 En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai -- in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, in die eerste maand -- en gesê2 dat die kinders van Israel die pasga op die bepaalde tyd moet hou.3 Op die veertiende dag in hierdie maand, teen die aand, moet julle dit op die bepaalde tyd hou; volgens al sy insettinge en al sy verordeninge moet julle dit hou.4 Toe het Moses met die kinders van Israel gespreek dat hulle die pasga moet hou.5 En hulle het die pasga gehou op die veertiende dag van die eerste maand, teen die aand, in die woestyn Sinai; net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen.6 En daar was manne wat deur die lyk van 'n mens onrein geword het en op dieselfde dag die pasga nie kon hou nie. Daarom het hulle nader gekom voor Moses en A„ron op dieselfde dag,7 en die manne het vir hom gesê: Ons is onrein deur die lyk van 'n mens; waarom moet ons te kort gedoen word, dat ons die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd onder die kinders van Israel sou bring nie?8 En Moses het vir hulle gesê: Bly staan, dat ek kan hoor wat die HERE julle sal beveel.9 Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:10 Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand van julle of van julle geslagte deur 'n lyk onrein word of op 'n ver reis is, moet hy tog die pasga vir die HERE hou.11 In die tweede maand, op die veertiende dag, teen die aand, moet hulle dit hou; met ongesuurde brode en bitter kruie moet hulle dit eet.12 Hulle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe of 'n been daaraan breek nie; volgens die hele insetting van die pasga moet hulle dit hou.13 Maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die pasga te hou, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word; want hy het die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd gebring nie. Di, man moet sy sonde dra.14 En as 'n vreemdeling by julle vertoef en die pasga vir die HERE hou, moet hy dit hou volgens die insetting van die pasga en volgens die verordening daarvan. Dit moet een insetting vir julle wees, vir die vreemdeling sowel as die kind van die land.15 En op die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die wolk die tabernakel van die tent van die Getuienis oordek, en in die aand was dit oor die tabernakel soos 'n gedaante van vuur, tot die môre toe.16 So was dit altyddeur: die wolk het dit oordek, en snags 'n gedaante van vuur.17 En so dikwels as die wolk van die tent af optrek, het die kinders van Israel daarna weggetrek; en op die plek waar die wolk rus, daar het die kinders van Israel laer opgeslaan --18 volgens die bevel van die HERE het die kinders van Israel weggetrek en volgens die bevel van die HERE laer opgeslaan; al die dae wat die wolk oor die tabernakel gerus het, het hulle in die laer gestaan.19 En as die wolk baie dae oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel die diens van die HERE waargeneem en nie weggetrek nie.20 Maar somtyds was die wolk net 'n paar dae oor die tabernakel -- volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek.21 En somtyds was die wolk daar van die aand tot die môre -- as die wolk in die môre optrek, het hulle weggetrek; of by dag of by nag -- as die wolk optrek, het hulle weggetrek;22 of n twee dae of 'n maand of langer -- as die wolk lank oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel in die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.23 Volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek. Hulle het die voorskrif van die HERE in ag geneem volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-