Publicidade

Números 5

1 And Jehovah spoke to Moses, saying,2 Command the children of Israel, that they put out of the camp every leper, and every one that hath an issue, and whosoever is defiled by a dead person:3 both male and female shall ye put out; outside the camp shall ye put them, that they defile not their camps, in the midst whereof I dwell.4 And the children of Israel did so, and put them outside the camp: as Jehovah had said to Moses, so did the children of Israel.5 And Jehovah spoke to Moses, saying,6 Speak unto the children of Israel, When a man or woman shall commit any of all the sins of man to work unfaithfulness against Jehovah, and that soul is guilty,7 then they shall confess their sin which they have done; and he shall recompense his trespass according to the principal thereof, and shall add unto it the fifth part thereof, and give it unto him against whom he hath trespassed.8 And if the man have no kinsman to recompense the trespass unto, the trespass which is recompensed to Jehovah shall be the priest's, besides the ram of the atonement, wherewith an atonement is made for him.9 And every heave-offering of all the holy things of the children of Israel, which they present unto the priest, shall be his.10 And every man's hallowed things shall be his: whatever any man giveth the priest shall be his.11 And Jehovah spoke to Moses, saying,12 Speak unto the children of Israel, and say unto them, If any man's wife go astray, and commit unfaithfulness against him,13 and a man lie with her carnally, and it be hid from the eyes of her husband, and she be defiled in secret, and there be no witness against her, and she have not been caught;14 and the spirit of jealousy come upon him, and he be jealous of his wife, and she have been defiled, -or if the spirit of jealousy come upon him, and he be jealous of his wife, and she have not been defiled,15 -then shall the man bring his wife unto the priest, and he shall bring her offering for her, a tenth part of an ephah of barley-meal; he shall pour no oil upon it, nor put frankincense thereon; for it is an oblation of jealousy, a memorial oblation, bringing iniquity to remembrance.16 And the priest shall bring her near, and set her before Jehovah.17 And the priest shall take holy water in an earthen vessel; and the priest shall take of the dust that is on the floor of the tabernacle, and put it into the water.18 And the priest shall set the woman before Jehovah, and uncover the woman's head, and put the memorial oblation in her hands, which is the jealousy offering; and in the hand of the priest shall be the bitter water that bringeth the curse.19 And the priest shall adjure her, and say unto the woman, If no man have lain with thee, and if thou hast not gone astray in uncleanness, in being with another instead of thy husband, be free from this bitter water that bringeth the curse.20 But if thou hast gone astray to another instead of thy husband, and hast been defiled, and a man other than thy husband have lain with thee,21 -then the priest shall adjure the woman with the oath of cursing, and the priest shall say unto the woman: Jehovah make thee a curse and an oath among thy people, when Jehovah doth make thy thigh to shrink, and thy belly to swell;22 and this water that bringeth the curse shall enter into thy bowels, to make the belly to swell, and the thigh to shrink. And the woman shall say, Amen, amen.23 And the priest shall write these curses in a book, and shall blot them out with the bitter water,24 and he shall cause the woman to drink the bitter water that bringeth the curse, that the water that bringeth the curse may enter into her for bitterness.25 And the priest shall take out of the woman's hand the oblation of jealousy, and shall wave the oblation before Jehovah, and shall present it at the altar.26 And the priest shall take a handful of the oblation as a memorial thereof, and burn it upon the altar; and afterwards he shall make the woman drink the water.27 And when he hath made her to drink the water, then it shall come to pass, if she have been defiled, and have committed unfaithfulness against her husband, that the water that bringeth the curse shall enter into her, for bitterness, and her belly shall swell, and her thigh shall shrink; and the woman shall become a curse among her people.28 But if the woman have not been defiled, and be clean, then she shall be clear, and shall conceive seed.29 This is the law of jealousies, when a wife goeth astray to another instead of her husband and is defiled,30 or when the spirit of jealousy cometh upon a man, and he is jealous as regards his wife; then shall he set the woman before Jehovah, and the priest shall do to her according to all this law.31 Then shall the man be free from iniquity, but that woman shall bear her iniquity.

1 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle uit die laer wegstuur al die melaatse mense en almal wat 'n vloeiing het, en almal wat deur 'n lyk onrein is.3 Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer verontreinig waar Ek in hulle midde woon nie.4 En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos die HERE met Moses gespreek het, so het die kinders van Israel gedoen.5 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:6 Spreek met die kinders van Israel: As 'n man of vrou enige menslike sonde doen, sodat ontrou teen die HERE gehandel word, en die siel skuldig word,7 dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet hy wat hy skuldig is, ten volle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan die een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het.8 Maar as die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan die HERE, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen.9 En elke heffing van al die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle na die priester bring, moet syne wees.10 En elkeen se heilige gawes dit moet syne wees: wat iemand aan die priester gee, moet syne wees.11 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:12 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand se vrou afwyk en 'n troubreuk teen hom begaan,13 en 'n man met haar vleeslike gemeenskap het, maar dit vir die oë van haar man verborge bly en sy nie uitgevind is nie -- hoewel sy haar verontreinig het -- terwyl daar geen getuie teen haar is en sy nie betrap is nie;14 en daar kom 'n gees van jaloersheid oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar inderdaad verontreinig het; of 'n gees van jaloersheid kom oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar nie verontreinig het nie;15 dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar saambring: 'n tiende van 'n efa garsmeel; hy moet daar geen olie op giet en geen wierook daar byvoeg nie, omdat dit 'n spysoffer van jaloersheid is, 'n gedenkoffer wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.16 En die priester moet haar laat nader kom en haar voor die aangesig van die HERE stel.17 En die priester moet heilige water in 'n erdepot neem; en van die stof wat op die vloer van die tabernakel is, moet die priester neem en in die water gooi.18 Daarna moet die priester die vrou voor die aangesig van die HERE stel en die hare van die vrou losmaak, en hy moet die gedenkoffer op haar hande sit -- 'n spysoffer van jaloersheid is dit; en in die hand van die priester moet daar wees die water van bitter smart wat die vloek bring.19 En die priester moet haar besweer en aan die vrou sê: As geen man met jou gemeenskap gehad het nie, en jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, nie afgewyk het in onreinheid nie -- wees dan vry van hierdie water van bitter smart wat die vloek bring.20 Maar as jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, afgewyk en jou verontreinig het deurdat 'n man behalwe jou eie man met jou vleeslike gemeenskap gehad het --21 so moet dan die priester die vrou met die eed van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê: Mag die HERE jou tot 'n vervloeking en 'n verwensing maak onder jou volk deurdat die HERE jou heup laat inval en jou skoot laat opswel;22 en mag hierdie water wat die vloek bring, in jou ingewande ingaan om die skoot te laat opswel en die heup te laat inval. Dan moet die vrou sê: Amen, amen!23 Daarna moet die priester hierdie vervloekinge op 'n blad skrywe en dit in die water van bitter smart uitwis;24 en hy moet die vrou laat drink die water van bitter smart wat die vloek bring, sodat die water wat die vloek bring, in haar kan ingaan tot bitter smart.25 En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die HERE beweeg en dit na die altaar bring.26 Die priester moet ook van die spysoffer 'n handvol, as gedenkoffer daarvan, neem en dit op die altaar aan die brand steek; en daarna moet hy die vrou die water laat drink.27 En as hy haar die water laat drink het, dan sal, as sy haar verontreinig en teen haar man troubreuk begaan het, die water wat die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar skoot sal opswel en haar heup inval; en die vrou sal onder haar volk 'n vervloeking wees.28 Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.29 Dit is die wet oor die jaloersheid: As 'n vrou afwyk terwyl sy aan haar man toebehoort, en haar verontreinig;30 of as oor 'n man die gees van jaloersheid kom en hy op sy vrou jaloers word -- dan moet hy die vrou voor die aangesig van die HERE stel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele wet.31 En die man sal vry wees van ongeregtigheid, maar die vrou sal haar ongeregtigheid dra.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-