1 And the children of Israel, the whole assembly, came into the wilderness of Zin, in the first month; and the people abode at Kadesh; and Miriam died there, and was buried there.2 And there was no water for the assembly, and they gathered themselves together against Moses and against Aaron.3 And the people contended with Moses, and spoke, saying, Would that we had died when our brethren died before Jehovah!4 And why have ye brought the congregation of Jehovah into this wilderness, that we should die there, we and our beasts?5 And why have ye made us to go up out of Egypt, to bring us to this evil place? it is no place of seed, or of figs, or of vines, or of pomegranates, neither is there any water to drink.6 And Moses and Aaron went from before the congregation to the entrance of the tent of meeting, and fell upon their faces; and the glory of Jehovah appeared to them.7 And Jehovah spoke to Moses, saying,8 Take the staff, and gather the assembly together, thou, and Aaron thy brother, and speak ye unto the rock before their eyes, and it shall give its water; and thou shalt bring forth to them water out of the rock, and shalt give the assembly and their beasts drink.9 And Moses took the staff from before Jehovah, as he had commanded him.10 And Moses and Aaron gathered the congregation together before the rock, and he said to them, Hear now, ye rebels: shall we bring forth to you water out of this rock?11 And Moses lifted up his hand, and with his staff smote the rock twice, and much water came out, and the assembly drank, and their beasts.12 And Jehovah said to Moses and to Aaron, Because ye believed me not, to hallow me before the eyes of the children of Israel, therefore ye shall not bring this congregation into the land that I have given them.13 These are the waters of Meribah, where the children of Israel contended with Jehovah, and he hallowed himself in them.14 And Moses sent messengers from Kadesh to the king of Edom, Thus says thy brother Israel: Thou knowest all the trouble that hath befallen us,15 how our fathers went down to Egypt, and we dwelt in Egypt a long time, and the Egyptians evil entreated us and our fathers;16 and when we cried to Jehovah, he heard our voice, and sent an angel, and brought us forth out of Egypt; and behold, we are at Kadesh, a city at the extremity of thy border.17 Let us pass, I pray thee, through thy country; we will not pass through fields, or through vineyards, neither will we drink water out of the wells: we will go by the king's road; we will not turn to the right hand nor to the left, until we have passed thy border.18 But Edom said to him, Thou shalt not pass by me, lest I come out against thee with the sword.19 And the children of Israel said to him, We will go by the high way; and if we drink of thy water, I and my cattle, then I will pay for it: I will only, without anything else, go through on my feet.20 And he said, Thou shalt not go through. And Edom came out against him with much people, and with a strong hand.21 Thus Edom refused to give Israel passage through his territory; and Israel turned away from him.22 And they removed from Kadesh; and the children of Israel, the whole assembly, came to mount Hor.23 And Jehovah spoke to Moses and to Aaron in mount Hor, on the border of the land of Edom, saying,24 Aaron shall be gathered unto his peoples; for he shall not enter into the land that I have given unto the children of Israel, because ye rebelled against my commandment at the waters of Meribah.25 Take Aaron and Eleazar his son, and bring them up unto mount Hor,26 and strip Aaron of his garments, and put them upon Eleazar his son; and Aaron shall be gathered {to his peoples}, and shall die there.27 And Moses did as Jehovah had commanded, and they went up mount Hor before the eyes of the whole assembly.28 And Moses stripped Aaron of his garments, and put them upon Eleazar his son; and Aaron died there upon the top of the mountain; and Moses and Eleazar came down from the mountain.29 And the whole assembly saw that Aaron was dead, and they mourned for Aaron thirty days, {even} the whole house of Israel.
1 En toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.2 En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en A„ron saamgekom.3 En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het!4 En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?5 En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.6 Daarop gaan Moses en A„ron van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan hulle.7 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer A„ron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.9 Toe neem Moses die staf voor die aangesig van die HERE weg soos Hy hom beveel het.10 En Moses en A„ron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?11 Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.12 Toe sê die HERE vir Moses en A„ron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.13 Dit is die waters van M,riba waar die kinders van Israel met die HERE getwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.14 Daarna het Moses uit Kades boodskappers na die koning van Edom gestuur: So sê jou broer Israel: Jy weet self al die moeilikheid wat ons oorgekom het.15 Ons vaders het na Egipte afgetrek, en ons het baie dae in Egipte gewoon, en die Egiptenaars het ons en ons vaders sleg behandel.16 Toe het ons die HERE aangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hy het 'n Engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kades, 'n stad op die grens van jou grondgebied.17 Laat ons tog deur jou land trek: ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie, totdat ons deur jou grondgebied getrek het.18 Maar Edom antwoord hom: Jy sal deur my nie trek nie, anders sal ek jou met die swaard tegemoettrek.19 Toe sê die kinders van Israel vir hom: Ons sal met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee, gee ek die prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek -- verder niks nie.20 Maar hy antwoord: Jy sal nie deurtrek nie. En Edom het uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met 'n sterk hand.21 So het Edom dan geweier om Israel toe te laat om deur sy grondgebied te trek. Daarop het Israel van hom af weggedraai.22 En die kinders van Israel, die hele vergadering, het van Kades af weggetrek en by die berg Hor gekom.23 En die HERE het met Moses en A„ron by die berg Hor, op die grens van die land Edom, gespreek en gesê:24 A„ron sal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdat julle teen my bevel wederstrewig was by die waters van M,riba.25 Neem A„ron en sy seun Ele sar, en laat hulle op die berg Hor opklim;26 en trek A„ron se klere uit en trek dit sy seun Ele sar aan; en A„ron sal daar by sy volksgenote versamel word en sterwe.27 Toe het Moses gedoen soos die HERE beveel het: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering.28 En Moses het A„ron se klere uitgetrek en dit sy seun Ele sar aangetrek. En A„ron het daar gesterwe op die top van die berg, maar Moses en Ele sar het van die berg afgeklim.29 En toe die hele vergadering sien dat A„ron gesterf het, het die hele huis van Israel A„ron beween dertig dae lank.