1 Beloved, believe not every spirit, but prove the spirits, if they are of God; because many false prophets are gone out into the world.2 Hereby ye know the Spirit of God: every spirit which confesses Jesus Christ come in flesh is of God;3 and every spirit which does not confess Jesus Christ come in flesh is not of God: and this is that {power} of the antichrist, {of} which ye have heard that it comes, and now it is already in the world.4 *Ye* are of God, children, and have overcome them, because greater is he that {is} in you than he that {is} in the world.5 *They* are of the world; for this reason they speak {as} of the world, and the world hears them.6 *We* are of God; he that knows God hears us; he who is not of God does not hear us. From this we know the spirit of truth and the spirit of error.7 Beloved, let us love one another; because love is of God, and every one that loves has been begotten of God, and knows God.8 He that loves not has not known God; for God is love.9 Herein as to us has been manifested the love of God, that God has sent his only begotten Son into the world, that we might live through him.10 Herein is love, not that we loved God, but that he loved us, and sent his Son a propitiation for our sins.11 Beloved, if God has so loved us, we also ought to love one another.12 No one has seen God at any time: if we love one another, God abides in us, and his love is perfected in us.13 Hereby we know that we abide in him and he in us, that he has given to us of his Spirit.14 And *we* have seen, and testify, that the Father has sent the Son {as} Saviour of the world.15 Whosoever shall confess that Jesus is the Son of God, God abides in him, and he in God.16 And *we* have known and have believed the love which God has to us. God is love, and he that abides in love abides in God, and God in him.17 Herein has love been perfected with us that we may have boldness in the day of judgment, that even as *he* is, *we* also are in this world.18 There is no fear in love, but perfect love casts out fear; for fear has torment, and he that fears has not been made perfect in love.19 *We* love because *he* has first loved us.20 If any one say, I love God, and hate his brother, he is a liar: for he that loves not his brother whom he has seen, how can he love God whom he has not seen?21 And this commandment have we from him, That he that loves God love also his brother.
1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.2 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.4 Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.5 Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.6 Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.7 Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.8 Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.9 Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.11 Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.12 Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.13 Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.14 En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.15 Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is -- God bly in hom, en hy in God.16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.17 Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.20 As iemand sê: Ek het God lief -- en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?21 En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.