1 Put them in mind to be subject to rulers, to authorities, to be obedient to rule, to be ready to do every good work,2 to speak evil of no one, not to be contentious, {to be} mild, shewing all meekness towards all men.3 For we were once ourselves also without intelligence, disobedient, wandering in error, serving various lusts and pleasures, living in malice and envy, hateful, {and} hating one another.4 But when the kindness and love to man of our Saviour God appeared,5 not on the principle of works which {have been done} in righteousness which *we* had done, but according to his own mercy he saved us through {the} washing of regeneration and renewal of {the} Holy Spirit,6 which he poured out on us richly through Jesus Christ our Saviour;7 that, having been justified by *his* grace, we should become heirs according to {the} hope of eternal life.8 The word {is} faithful, and I desire that thou insist strenuously on these things, that they who have believed God may take care to pay diligent attention to good works. These things are good and profitable to men.9 But foolish questions, and genealogies, and strifes, and contentions about the law, shun; for they are unprofitable and vain.10 An heretical man after a first and second admonition have done with,11 knowing that such a one is perverted, and sins, being self-condemned.12 When I shall send Artemas to thee, or Tychicus, use diligence to come to me to Nicopolis; for I have decided to winter there.13 Zenas the lawyer and Apollos set forward diligently on their way, that nothing may be lacking to them;14 and let ours also learn to apply themselves to good works for necessary wants, that they may not be unfruitful.15 All with me salute thee. Salute those who love us in {the} faith. Grace {be} with you all.
1 Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk;2 om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.3 Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op 'n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.4 Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het --5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees6 wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;7 sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.8 Dit is 'n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; d¡t is wat goed en nuttig is vir die mense.9 Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.10 Aan 'n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek n die eerste en tweede vermaning,11 wetende dat so iemand op 'n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.12 Wanneer ek Artemas of T¡chikus na jou stuur, doen dan jou bes om na my te kom in Nikopolis, want ek het besluit om daar te oorwinter.13 Jy moet Senas, die wetgeleerde, en Apollos ywerig voorthelp, sodat dit hulle aan niks ontbreek nie.14 Ons mense moet ook leer om vir die noodsaaklike behoeftes goeie werke voor te staan, sodat hulle nie onvrugbaar mag wees nie.15 Almal wat saam met my is, groet jou. Groet die wat vir ons liefhet in die geloof. Die genade sy met julle almal! Amen.