1 My children, these things I write to you in order that ye may not sin; and if any one sin, we have a patron with the Father, Jesus Christ {the} righteous;2 and *he* is the propitiation for our sins; but not for ours alone, but also for the whole world.3 And hereby we know that we know him, if we keep his commandments.4 He that says, I know him, and does not keep his commandments, is a liar, and the truth is not in him;5 but whoever keeps his word, in him verily the love of God is perfected. Hereby we know that we are in him.6 He that says he abides in him ought, even as *he* walked, himself also {so} to walk.7 Beloved, I write no new commandment to you, but an old commandment, which ye have had from the beginning. The old commandment is the word which ye heard.8 Again, I write a new commandment to you, which thing is true in him and in you, because the darkness is passing and the true light already shines.9 He who says he is in the light, and hates his brother, is in the darkness until now.10 He that loves his brother abides in light, and there is no occasion of stumbling in him.11 But he that hates his brother is in the darkness, and walks in the darkness, and knows not where he goes, because the darkness has blinded his eyes.12 I write to you, children, because {your} sins are forgiven you for his name's sake.13 I write to you, fathers, because ye have known him {that is} from the beginning. I write to you, young men, because ye have overcome the wicked {one}. I write to you, little children, because ye have known the Father.14 I have written to you, fathers, because ye have known him {that is} from the beginning. I have written to you, young men, because ye are strong, and the word of God abides in you, and ye have overcome the wicked {one}.15 Love not the world, nor the things in the world. If any one love the world, the love of the Father is not in him;16 because all that {is} in the world, the lust of the flesh, and the lust of the eyes, and the pride of life, is not of the Father, but is of the world.17 And the world is passing, and its lust, but he that does the will of God abides for eternity.18 Little children, it is {the} last hour, and, according as ye have heard that antichrist comes, even now there have come many antichrists, whence we know that it is {the} last hour.19 They went out from among us, but they were not of us; for if they had been of us, they would have surely remained with us, but that they might be made manifest that none are of us.20 And *ye* have {the} unction from the holy {one}, and ye know all things.21 I have not written to you because ye do not know the truth, but because ye know it, and that no lie is of the truth.22 Who is the liar but he who denies that Jesus is the Christ? *He* is the antichrist who denies the Father and the Son.23 Whoever denies the Son has not the Father either; he who confesses the Son has the Father also.24 As for *you* let that which ye have heard from the beginning abide in you: if what ye have heard from the beginning abides in you, *ye* also shall abide in the Son and in the Father.25 And this is the promise which *he* has promised us, life eternal.26 These things have I written to you concerning those who lead you astray:27 and *yourselves*, the unction which ye have received from him abides in you, and ye have not need that any one should teach you; but as the same unction teaches you as to all things, and is true and is not a lie, and even as it has taught you, ye shall abide in him.28 And now, children, abide in him, that if he be manifested we may have boldness, and not be put to shame from before him at his coming.29 If ye know that he is righteous, know that every one who practises righteousness is begotten of him.
1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.2 En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir die van die hele wêreld.3 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar.4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie.5 Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.6 Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.7 Broeders, dit is geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf nie, maar 'n ou gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle van die begin af gehoor het.8 En tog skryf ek aan julle 'n nuwe gebod wat waar is in Hom en in julle, want die duisternis gaan verby en die waaragtige lig skyn alreeds.9 Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.10 Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie.11 Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.12 Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil.13 Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken.14 Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.16 Want alles wat in die wêreld is -- die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe -- is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.17 En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.18 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.19 Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.20 En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.21 Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie.22 Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.23 Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.24 Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.25 En dit is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe.26 Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei.27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos die julle geleer het, so moet julle in Hom bly.28 En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie.29 As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.