1 And I saw an angel descending from the heaven, having the key of the abyss, and a great chain in his hand.2 And he laid hold of the dragon, the ancient serpent who is {the} devil and Satan, and bound him a thousand years,3 and cast him into the abyss, and shut {it} and sealed {it} over him, that he should not any more deceive the nations until the thousand years were completed; after these things he must be loosed for a little time.4 And I saw thrones; and they sat upon them, and judgment was given to them; and the souls of those beheaded on account of the testimony of Jesus, and on account of the word of God; and those who had not done homage to the beast nor to his image, and had not received the mark on their forehead and hand; and they lived and reigned with the Christ a thousand years:5 the rest of the dead did not live till the thousand years had been completed. This {is} the first resurrection.6 Blessed and holy he who has part in the first resurrection: over these the second death has no power; but they shall be priests of God and of the Christ, and shall reign with him a thousand years.7 And when the thousand years have been completed, Satan shall be loosed from his prison,8 and shall go out to deceive the nations which {are} in the four corners of the earth, Gog and Magog, to gather them together to the war, whose number {is} as the sand of the sea.9 And they went up on the breadth of the earth, and surrounded the camp of the saints and the beloved city: and fire came down {from God} out of the heaven and devoured them.10 And the devil who deceived them was cast into the lake of fire and brimstone, where {are} both the beast and the false prophet; and they shall be tormented day and night for the ages of ages.11 And I saw a great white throne, and him that sat on it, from whose face the earth and the heaven fled, and place was not found for them.12 And I saw the dead, great and small, standing before the throne, and books were opened; and another book was opened, which is {that} of life. And the dead were judged out of the things written in the books according to their works.13 And the sea gave up the dead which {were} in it, and death and hades gave up the dead which {were} in them; and they were judged each according to their works:14 and death and hades were cast into the lake of fire. This is the second death, {even} the lake of fire.15 And if any one was not found written in the book of life, he was cast into the lake of fire.
1 En ek het 'n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en 'n groot ketting in sy hand.2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan 'n kort tydjie ontbind word.4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.11 En ek het 'n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.