Publicidade

Apocalipse 9

1 And the fifth angel sounded {his} trumpet: and I saw a star out of the heaven fallen to the earth; and there was given to it the key of the pit of the abyss.2 And it opened the pit of the abyss; and there went up smoke out of the pit as {the} smoke of a great furnace; and the sun and the air were darkened with the smoke of the pit.3 And out of the smoke came forth locusts on the earth, and power was given to them as the scorpions of the earth have power;4 and it was said to them, that they should not injure the grass of the earth, nor any green thing, nor any tree, but the men who have not the seal of God on their foreheads:5 and it was given to them that they should not kill them, but that they should be tormented five months; and their torment {was} as {the} torment of a scorpion when it strikes a man.6 And in those days shall men seek death, and shall in no way find it; and shall desire to die, and death flees from them.7 And the likenesses of the locusts {were} like to horses prepared for war; and upon their heads as crowns like gold, and their faces as faces of men;8 and they had hair as women's hair, and their teeth were as of lions,9 and they had breastplates as breastplates of iron, and the sound of their wings {was} as the sound of chariots of many horses running to war;10 and they have tails like scorpions, and stings; and their power {was} in their tails to hurt men five months.11 They have a king over them, the angel of the abyss: his name in Hebrew, Abaddon, and in Greek he has {for} name Apollyon.12 The first woe has passed. Behold, there come yet two woes after these things.13 And the sixth angel sounded {his} trumpet: and I heard a voice from the four horns of the golden altar which {is} before God,14 saying to the sixth angel that had the trumpet, Loose the four angels which are bound at the great river Euphrates.15 And the four angels were loosed, who are prepared for the hour and day and month and year, that they might slay the third part of men;16 and the number of the hosts of horse {was} twice ten thousand times ten thousand. I heard their number.17 And thus I saw the horses in the vision, and those that sat upon them, having breastplates of fire and jacinth and brimstone; and the heads of the horses {were} as heads of lions, and out of their mouths goes out fire and smoke and brimstone.18 By these three plagues were the third part of men killed, by the fire and the smoke and the brimstone which goes out of their mouths.19 For the power of the horses is in their mouth and in their tails: for their tails {are} like serpents, having heads, and with them they injure.20 And the rest of men who were not killed with these plagues repented not of the works of their hands, that they should not worship demons, and the golden and silver and brazen and stone and wooden idols, which can neither see nor hear nor walk.21 And they repented not of their murders, nor of their witchcrafts, nor of their fornication, nor of their thefts.

1 En toe die vyfde engel blaas, sien ek 'n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van 'n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.3 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.4 En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.5 En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van 'n skerpioen wanneer hy 'n mens steek.6 En in die dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.7 En die voorkoms van die sprinkane was soos die van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.8 En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos die van leeus.9 En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog.10 En hulle het sterte gehad soos die van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.11 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Ab ddon, en in Grieks het hy die naam van Apollion.12 Die een wee het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.13 En die sesde engel het geblaas, en ek het 'n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,14 en die het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.15 Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om 'n derde van die mense dood te maak.16 En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor.17 En so het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.18 Deur hierdie drie plae is 'n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het;19 want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.20 En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie.21 En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-