1 Let as many bondmen as are under yoke count their own masters worthy of all honour, that the name of God and the teaching be not blasphemed.2 And they that have believing masters, let them not despise {them} because they are brethren; but let them the rather serve them with subjection, because they are faithful and beloved, who profit by the good and ready service {rendered}. These things teach and exhort.3 If any one teach differently, and do not accede to sound words, those of our Lord Jesus Christ, and the teaching which {is} according to piety,4 he is puffed up, knowing nothing, but sick about questions and disputes of words, out of which arise envy, strife, injurious words, evil suspicions,5 constant quarrellings of men corrupted in mind and destitute of the truth, holding gain to be {the end of} piety.6 But piety with contentment *is* great gain.7 For we have brought nothing into the world: {it is} {manifest} that neither can we carry anything out.8 But having sustenance and covering, we will be content with these.9 But those who desire to be rich fall into temptation and a snare, and many unwise and hurtful lusts, which plunge men into destruction and ruin.10 For the love of money is {the} root of every evil; which some having aspired after, have wandered from the faith, and pierced themselves with many sorrows.11 But *thou*, O man of God, flee these things, and pursue righteousness, piety, faith, love, endurance, meekness of spirit.12 Strive earnestly {in} the good conflict of faith. Lay hold of eternal life, to which thou hast been called, and hast confessed the good confession before many witnesses.13 I enjoin thee before God who preserves all things in life, and Christ Jesus who witnessed before Pontius Pilate the good confession,14 that thou keep the commandment spotless, irreproachable, until the appearing of our Lord Jesus Christ;15 which in its own time the blessed and only Ruler shall shew, the King of those that reign, and Lord of those that exercise lordship;16 who only has immortality, dwelling in unapproachable light; whom no man has seen, nor is able to see; to whom {be} honour and eternal might. Amen.17 Enjoin on those rich in the present age not to be high-minded, nor to trust on the uncertainty of riches; but in the God who affords us all things richly for {our} enjoyment;18 to do good, to be rich in good works, to be liberal in distributing, disposed to communicate {of their substance},19 laying by for themselves a good foundation for the future, that they may lay hold of {what is} really life.20 O Timotheus, keep the entrusted deposit, avoiding profane, vain babblings, and oppositions of false-named knowledge,21 of which some having made profession, have missed the faith. Grace {be} with thee.
1 Almal wat diensknegte is onder 'n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer nie belaster mag word nie.2 En die wat gelowige here het, moet hulle nie verag omdat hulle broeders is nie, maar moet hulle des te meer dien, omdat hulle wat die weldade ontvang, gelowiges en geliefdes is. Leer hierdie dinge en wek daartoe op.3 As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,4 die is verwaand en verstaan niks nie, maar het 'n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,5 nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.6 Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins.7 Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.8 Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.9 Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.10 Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.11 Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag n die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.12 Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.13 Ek gebied jou voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee, en van Christus Jesus wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het,14 dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus15 wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here,16 wat alleen onsterflikheid besit en 'n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.17 Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;18 dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,19 en vir hulle 'n skat weglê, 'n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.20 o TimotheÂs, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis,21 waarvan sommige belydenis gedoen het en, wat die geloof betref, op 'n dwaalweg geraak het. Mag die genade met jou wees! Amen.