Publicidade

Apocalipse 17

1 And one of the seven angels, which had the seven bowls, came and spoke with me, saying, Come here, I will shew thee the sentence of the great harlot who sits upon the many waters;2 with whom the kings of the earth have committed fornication; and they that dwell on the earth have been made drunk with the wine of her fornication.3 And he carried me away in spirit to a desert; and I saw a woman sitting upon a scarlet beast, full of names of blasphemy, having seven heads and ten horns.4 And the woman was clothed in purple and scarlet, and had ornaments of gold and precious stones and pearls, having a golden cup in her hand full of abominations and the unclean things of her fornication;5 and upon her forehead a name written, Mystery, great Babylon, the mother of the harlots, and of the abominations of the earth.6 And I saw the woman drunk with the blood of the saints, and with the blood of the witnesses of Jesus. And I wondered, seeing her, with great wonder.7 And the angel said to me, Why hast thou wondered? *I* will tell thee the mystery of the woman, and of the beast which carries her, which has the seven heads and the ten horns.8 The beast which thou sawest was, and is not, and is about to come up out of the abyss and go into destruction: and they who dwell on the earth, whose names are not written from the founding of the world in the book of life, shall wonder, seeing the beast, that it was, and is not, and shall be present.9 Here is the mind that has wisdom: The seven heads are seven mountains, whereon the woman sits.10 And there are seven kings: five have fallen, one is, the other has not yet come; and when he comes he must remain {only} a little while.11 And the beast that was and is not, he also is an eighth, and is of the seven, and goes into destruction.12 And the ten horns which thou sawest are ten kings, which have not yet received a kingdom, but receive authority as kings one hour with the beast.13 These have one mind, and give their power and authority to the beast.14 These shall make war with the Lamb, and the Lamb shall overcome them; for he is Lord of lords and King of kings: and they {that are} with him called, and chosen, and faithful.15 And he says to me, The waters which thou sawest, where the harlot sits, are peoples and multitudes and nations and tongues.16 And the ten horns which thou sawest, and the beast, these shall hate the harlot, and shall make her desolate and naked, and shall eat her flesh, and shall burn her with fire;17 for God has given to their hearts to do his mind, and to act with one mind, and to give their kingdom to the beast until the words of God shall be fulfilled.18 And the woman which thou sawest is the great city, which has kingship over the kings of the earth.

1 En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit,2 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.3 En hy het my in die gees weggevoer na 'n woestyn, en ek het 'n vrou sien sit op 'n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand 'n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;5 en op haar voorhoof was 'n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.7 Toe sê die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra.8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.9 Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.10 En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy 'n kort tydjie bly.11 En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.18 En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-