1 And I heard a great voice out of the temple, saying to the seven angels, Go and pour out the seven bowls of the fury of God upon the earth.2 And the first went and poured out his bowl on the earth; and there came an evil and grievous sore upon the men that had the mark of the beast, and those who worshipped its image.3 And the second poured out his bowl on the sea; and it became blood, as of a dead man; and every living soul died in the sea.4 And the third poured out his bowl on the rivers, and {on} the fountains of waters; and they became blood.5 And I heard the angel of the waters saying, Thou art righteous, who art and wast, the holy one, that thou hast judged so;6 for they have poured out the blood of saints and prophets, and thou hast given them blood to drink; they are worthy.7 And I heard the altar saying, Yea, Lord God Almighty, true and righteous {are} thy judgments.8 And the fourth poured out his bowl on the sun; and it was given to it to burn men with fire.9 And the men were burnt with great heat, and blasphemed the name of God, who had authority over these plagues, and did not repent to give him glory.10 And the fifth poured out his bowl on the throne of the beast; and its kingdom became darkened; and they gnawed their tongues with distress,11 and blasphemed the God of the heaven for their distresses and their sores, and did not repent of their works.12 And the sixth poured out his bowl on the great river Euphrates; and its water was dried up, that the way of the kings from the rising of the sun might be prepared.13 And I saw out of the mouth of the dragon, and out of the mouth of the beast, and out of the mouth of the false prophet, three unclean spirits, as frogs;14 for they are {the} spirits of demons, doing signs; which go out to the kings of the whole habitable world to gather them together to the war of {that} great day of God the Almighty.15 (Behold, I come as a thief. Blessed {is} he that watches and keeps his garments, that he may not walk naked, and that they {may not} see his shame.)16 And he gathered them together to the place called in Hebrew, Armagedon.17 And the seventh poured out his bowl on the air; and there came out a great voice from the temple of the heaven, from the throne, saying, It is done.18 And there were lightnings, and voices, and thunders; and there was a great earthquake, such as was not since men were upon the earth, such an earthquake, so great.19 And the great city was {divided} into three parts; and the cities of the nations fell: and great Babylon was remembered before God to give her the cup of the wine of the fury of his wrath.20 And every island fled, and mountains were not found;21 and a great hail, as of a talent weight, comes down out of the heaven upon men; and men blasphemed God because of the plague of hail, for the plague of it is exceeding great.
1 En ek het 'n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.3 En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van 'n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.4 En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.5 En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;6 want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.7 En ek het 'n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.8 En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.9 En die mense is geskroei met 'n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.10 En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;11 en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.13 En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.14 Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.15 Kyk, Ek kom soos 'n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armag,ddon.17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en 'n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het 'n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so 'n geweldige groot aardbewing.19 En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.20 En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;21 en groot hael, omtrent 'n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.