1 And now, ye priests, this commandment is for you.2 If ye do not hear, and if ye do not lay {it} to heart, to give glory unto my name, saith Jehovah of hosts, I will even send the curse among you, and I will curse your blessings: yea, I have already cursed them, because ye do not lay {it} to heart.3 Behold, I will rebuke your seed, and spread dung upon your faces, the dung of your feasts; and they shall take you away with it.4 And ye shall know that I have sent this commandment unto you, that my covenant might be with Levi, saith Jehovah of hosts.5 My covenant with him was of life and peace, and I gave them to him that he might fear; and he feared me, and trembled before my name.6 The law of truth was in his mouth, and unrighteousness was not found in his lips: he walked with me in peace and uprightness, and he turned many from iniquity.7 For the priest's lips should keep knowledge, and at his mouth they seek the law; for he is the messenger of Jehovah of hosts.8 But ye are departed out of the way; ye have caused many to stumble at the law; ye have corrupted the covenant of Levi, saith Jehovah of hosts.9 And I also have made you contemptible and base before all the people, because ye have not kept my ways, but have respect of persons in {administering} the law.10 Have we not all one father? Hath not one *God created us? Why do we deal unfaithfully every man against his brother, by profaning the covenant of our fathers?11 Judah hath dealt unfaithfully, and an abomination is committed in Israel and in Jerusalem; for Judah hath profaned the sanctuary of Jehovah which he loved, and hath married the daughter of a strange *god.12 Jehovah will cut off from the tents of Jacob the man that doeth this, him that calleth and him that answereth; and him that offereth an oblation unto Jehovah of hosts.13 And further ye do this: ye cover the altar of Jehovah with tears, with weeping, and with sighing, insomuch that he regardeth not the oblation any more, nor receiveth {it} with satisfaction at your hand.14 Yet ye say, Wherefore? Because Jehovah hath been a witness between thee and the wife of thy youth, against whom thou hast dealt unfaithfully: yet is she thy companion, and the wife of thy covenant.15 And did not one make {them}? and the remnant of the Spirit was his. And wherefore the one? He sought a seed of God. Take heed then to your spirit, and let none deal unfaithfully against the wife of his youth,16 (for I hate putting away, saith Jehovah the God of Israel;) and he covereth with violence his garment, saith Jehovah of hosts: take heed then to your spirit, that ye deal not unfaithfully.17 Ye have wearied Jehovah with your words, and ye say, Wherein have we wearied {him}? In that ye say, Every one that doeth evil is good in the sight of Jehovah, and he delighteth in them; or, Where is the God of judgment?
1 En nou, priesters, tot julle kom hierdie gebod.2 As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om my Naam eer te bewys nie, sê die HERE van die leërskare, dan sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge in 'n vloek verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter harte neem nie.3 Kyk, Ek sal julle nakomelingskap bedreig, en Ek sal mis op julle gesigte strooi, die mis van julle feeste; en hulle sal julle na die mishoop dra.4 En julle sal gewaar word dat Ek julle hierdie gebod gestuur het, dat dit my verbond kan wees met Levi, sê die HERE van die leërskare.5 My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het die aan hom gegee tot vrees; en hy het My gevrees en vir my Naam gebewe.6 Betroubare regsleer was in sy mond, en onreg is op sy lippe nie gevind nie; in vrede en opregtheid het hy met My gewandel, en baie mense het hy van ongeregtigheid teruggebring.7 Want die lippe van 'n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is 'n boodskapper van die HERE van die leërskare.8 Maar julle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die HERE van die leërskare.9 So maak Ek julle dan ook veragtelik en gering by die hele volk, omdat julle my weë nie hou nie en partydig handel by die regspraak.10 Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?11 Juda het troueloos gehandel, en 'n gruwel is in Israel en in Jerusalem gepleeg; want Juda het die heiligdom van die HERE, wat Hy liefhet, ontheilig, en hy het die dogter van 'n uitlandse god getrou.12 Mag die HERE van die man wat so iets doen, uitroei hom wat roep en hom wat antwoord gee uit die tente van Jakob, en hom wat 'n offer aan die HERE van die leërskare bring.13 En boonop doen julle d¡t: julle bedek die altaar van die HERE met trane, met geween en versugting, omdat Hy Hom nie meer wend na die offer nie en dit van julle hand nie aanneem as welgevallig nie.14 En julle vra: Waarom? Omdat die HERE getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.15 Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het 'n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.16 Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat 'n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.17 Julle vermoei die HERE met julle woorde. Nogtans vra julle: Waarmee vermoei ons Hom? Deurdat julle sê: Elkeen wat kwaad doen, is goed in die oë van die HERE, en in hulle het Hy 'n behae; of waar is anders die God van die reg?