Publicidade

Lucas 11

1 And it came to pass as he was in a certain place praying, when he ceased, one of his disciples said to him, Lord, teach us to pray, even as John also taught his disciples.2 And he said to them, When ye pray, say, Father, thy name be hallowed; thy kingdom come;3 give us our needed bread for each day;4 and remit us our sins, for we also remit to every one indebted to us; and lead us not into temptation.5 And he said to them, Who among you shall have a friend, and shall go to him at midnight and say to him, Friend, let me have three loaves,6 since a friend of mine on a journey is come to me, and I have nothing to set before him;7 and he within answering should say, Do not disturb me; the door is already shut, and my children are with me in bed; I cannot rise up to give {it} thee?8 -I say to you, Although he will not get up and give {them} to him because he is his friend, because of his shamelessness, at any rate, he will rise and give him as many as he wants.9 And *I* say to you, Ask, and it shall be given to you; seek, and ye shall find; knock, and it shall be opened to you.10 For every one that asks receives; and he that seeks finds; and to him that knocks it will be opened.11 But of whom of you that is a father shall a son ask bread, and {the father} shall give him a stone? or also a fish, and instead of a fish shall give him a serpent?12 or if also he shall ask an egg, shall give him a scorpion?13 If therefore *ye*, being evil, know how to give good gifts to your children, how much rather shall the Father who is of heaven give {the} Holy Spirit to them that ask him?14 And he was casting out a demon, and it was dumb; and it came to pass, the demon being gone out, the dumb {man} spoke. And the crowds wondered.15 But some from among them said, By Beelzebub the prince of the demons casts he out demons.16 And others tempting {him} sought from him a sign out of heaven.17 But *he*, knowing their thoughts, said to them, Every kingdom divided against itself is brought to desolation: and a house set against a house falls;18 and if also Satan is divided against himself, how shall his kingdom subsist? because ye say that I cast out demons by Beelzebub.19 But if *I* by Beelzebub cast out demons, your sons-by whom do they cast {them} out? For this reason *they* shall be your judges.20 But if by the finger of God I cast out demons, then the kingdom of God is come upon you.21 When the strong {man} armed keeps his own house, his goods are in peace;22 but when the stronger than he coming upon {him} overcomes him, he takes away his panoply in which he trusted, and he will divide the spoil {he has taken} from him.23 He that is not with me is against me, and he that gathers not with me scatters.24 When the unclean spirit has gone out of the man, he goes through dry places seeking rest; and not finding {any} he says, I will return to my house whence I came out.25 And having come, he finds it swept and adorned.26 Then he goes and takes seven other spirits worse than himself, and entering in, they dwell there; and the last condition of that man becomes worse than the first.27 And it came to pass as he spake these things, a certain woman, lifting up her voice out of the crowd, said to him, Blessed is the womb that has borne thee, and the paps which thou hast sucked.28 But *he* said, Yea rather, blessed are they who hear the word of God and keep {it}.29 But as the crowds thronged together, he began to say, This generation is a wicked generation: it seeks a sign, and a sign shall not be given to it but the sign of Jonas.30 For as Jonas was a sign to the Ninevites, thus shall also the Son of man be to this generation.31 A queen of the south shall rise up in the judgment with the men of this generation, and shall condemn them: for she came from the ends of the earth to hear the wisdom of Solomon; and behold, more than Solomon is here.32 Men of Nineveh shall stand up in the judgment with this generation, and shall condemn it: for they repented at the preaching of Jonas; and behold, more than Jonas is here.33 But no one having lit a lamp sets it in secret, nor under the corn-measure, but on the lamp-stand, that they who enter in may see the light.34 The lamp of the body is thine eye: when thine eye is simple, thy whole body also is light; but when it is wicked, thy body also is dark.35 See therefore that the light which is in thee be not darkness.36 If therefore thy whole body {is} light, not having any part dark, it shall be all light as when the lamp lights thee with its brightness.37 But as he spoke, a certain Pharisee asked him that he would dine with him; and entering in he placed himself at table.38 But the Pharisee seeing {it} wondered that he had not first washed before dinner.39 But the Lord said to him, Now do ye Pharisees cleanse the outside of the cup and of the dish, but your inward {parts} are full of plunder and wickedness.40 Fools, has not he who has made the outside made the inside also?41 But rather give alms of what ye have, and behold, all things are clean to you.42 But woe unto you, Pharisees, for ye pay tithes of mint and rue and every herb, and pass by the judgment and the love of God: these ye ought to have done, and not have left those aside.43 Woe unto you, Pharisees, for ye love the first seat in the synagogues and salutations in the market-places.44 Woe unto you, for ye are as the sepulchres which appear not, and the men walking over them do not know {it}.45 And one of the doctors of the law answering says to him, Teacher, in saying these things thou insultest us also.46 And he said, To you also woe, doctors of the law, for ye lay upon men burdens heavy to bear, and yourselves do not touch the burdens with one of your fingers.47 Woe unto you, for ye build the sepulchres of the prophets, but your fathers killed them.48 Ye bear witness then, and consent to the works of your fathers; for *they* killed them, and *ye* build {their sepulchres}.49 For this reason also the wisdom of God has said, I will send to them prophets and apostles, and of these shall they kill and drive out by persecution,50 that the blood of all the prophets which has been poured out from the foundation of the world may be required of this generation,51 from the blood of Abel to the blood of Zacharias, who perished between the altar and the house; yea, I say to you, it shall be required of this generation.52 Woe unto you, the doctors of the law, for ye have taken away the key of knowledge; yourselves have not entered in, and those who were entering in ye have hindered.53 And as he said these things to them, the scribes and the Pharisees began to press him urgently, and to make him speak of many things;54 watching him, {and seeking} to catch something out of his mouth, {that they might accuse him}.

1 En toe Hy op 'n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.2 En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;3 gee ons elke dag ons daaglikse brood;4 en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.5 En Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal 'n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode,6 want 'n vriend van my het van 'n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie --7 en die van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie.8 Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het.9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.10 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.11 En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom 'n klip gee; of ook 'n vis, en hy sal hom in plaas van 'n vis 'n slang gee;12 of ook as hy 'n eier vra, hom 'n skerpioen gee?13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?14 En Hy het 'n duiwel uitgedryf, en die was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder.15 Maar sommige van hulle sê: Deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, dryf Hy die duiwels uit.16 En ander het Hom versoek en van Hom 'n teken uit die hemel begeer.17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en 'n huis wat teen homself is, val.18 En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf.19 En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.20 Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.21 Wanneer 'n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.22 Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit.23 Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.24 Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.25 En hy kom en vind dit uitgevee en versierd.26 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.27 En terwyl Hy dit spreek, het 'n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U gesoog het.28 En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.29 En toe die skare saamstroom, begin Hy te sê: Hierdie geslag is boos; dit soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.30 Want soos Jona 'n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag.31 Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met die manne van hierdie geslag en hulle veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en -- meer as Salomo is hier!32 Die manne van Ninev, sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en -- meer as Jona is hier!33 En niemand steek 'n lamp op en sit dit in 'n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien.34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.35 Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.36 As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig.37 En onderwyl Hy besig was om te spreek, het 'n sekere Fariseër Hom uitgenooi om by hom te kom eet; en Hy het ingekom en aan tafel gegaan.38 En toe die Fariseër dit sien, het hy hom verwonder dat Hy nie voor die maaltyd eers gewas het nie.39 Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van binne is julle vol roof en boosheid.40 Onverstandiges, het Hy wat die buitekant gemaak het, nie die binnekant ook gemaak nie?41 Maar gee wat daarin is, as aalmoes, en dan is alles vir julle rein.42 Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.43 Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte.44 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos grafte wat onherkenbaar is, en die mense wat daaroor loop, weet dit nie.45 Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U so spreek, beledig U ons ook.46 En Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes, want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.47 Wee julle, want julle bou die grafte van die profete, en julle vaders het hulle gedood.48 Julle gee dus getuienis vir die werke van julle vaders en het saam welbehae daarin, want hulle het hul gedood en julle bou hul grafte.49 Daarom het die wysheid van God ook gesê: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van die sal hulle doodmaak en vervolg,50 sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af,51 van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagar¡a wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.52 Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder.53 En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge,54 om vir Hom 'n strik te stel en te probeer om iets uit sy mond op te vang, sodat hulle Hom kon beskuldig.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-